Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika  (1996) 
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

Aanhef

Hoofstuk 1: Grondliggende bepalings

Hoofstuk 2: Handves van regte

Hoofstuk 3: Regering van samewerking

Hoofstuk 4: Parlement

Hoofstuk 5: Die President En Nasionale Uitvoerende Gesag

Hoofstuk 6: Provinsies

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

Hoofstuk 9: Staatsinstellings Ter Ondersteuning Van Grondwetlike Demokrasie

Hoofstuk 10: Openbare Administrasie

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

Hoofstuk 12: Tradisionele Leiers

Hoofstuk 13: Finansies

Hoofstuk 14: Algemene Bepalings

Bylae 1: Nasionale Vlag

Bylae 1A: Geografiese Gebiede van Provinsies

Bylae 2: Ampsede en Plegtige Verklarings

Bylae 3: Verkiesingsprosedures

Bylae 4: Funksionele Gebiede Van Konkurrente Nasionale En Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

Bylae 5: Funksionele Gebiede Van Eksklusiewe Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

Bylae 6: Oorgangsreëlings

Bylae 7: Wette Herroep

Aanhef

Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en

Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –

  • Die verdeeldheid van die verlede te heel en ʼn samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
  • Die grondslag te lê vir ʼn demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
  • Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
  • ʼn Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ʼn soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel’ iAfrika.
Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika.
God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika.
Hosi katekisa Afrika.

This work was created and first published in South Africa and is in the public domain because it is an official text of a legislative, administrative or legal nature, or an official translation of such a text.

According to the Copyright Act, 1978, § 12 (8) (a), "No copyright shall subsist in official texts of a legislative, administrative or legal nature, or in official translations of such texts[.]"


As an edict of a government, it is also in the public domain in the United States.

|

Public domainPublic domainfalsefalse