Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika/Bylae 1

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika  (1996) 
Bylae 1: Nasionale Vlag

1. Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en ʼn half maal langer as die wydte daarvan.
2. Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou.
3. Dit het ʼn groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is. Die middellyne van die baan strek vanaf die boonste en onderste hoeke naas die vlagpaal, sluit in die middel van die vlag by mekaar aan, en strek daarvandaan horisontaal na die middel van die wapperrand.
4. Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom. Elke soom is een vyftiende van die wydte van die vlag.
5. Die driehoek naas die vlagpaal is swart.
6. Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou. Hierdie bane is elk een derde van die wydte van die vlag.



  • Black = Swart
  • Gold = Goud
  • White = Wit
  • Green = Groen
  • Red = Rooi
  • Blue = Blou