Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika/Bylae 5

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika  (1996) 
Bylae 5: Funksionele Gebiede van Eksklusiewe Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

Deel A

  • Abattoirs
  • Ambulansdienste
  • Argiewe, behalwe nasionale argiewe
  • Biblioteke, behalwe nasionale biblioteke
  • Dranklisensies
  • Museums, behalwe nasionale museums
  • Provinsiale beplanning
  • Provinsiale kultuuraangeleenthede
  • Provinsiale ontspanning en geriewe
  • Provinsiale paaie en verkeer
  • Provinsiale sport
  • Veeartsenykundige dienste, uitgesonderd die reëling van die beroep


Deel B
Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155(6)(a) en (7) vir provinsies uiteengesit:

  • Begraafplase, lykdienslokale en krematoriums
  • Beheer oor ondernemings wat drank aan die publiek verkoop
  • Beheer oor openbare steurnisse
  • Geraasbesoedeling
  • Geriewe vir die huisvesting, versorging en begrawe van diere
  • Lisensiëring van en beheer oor ondernemings wat voedsel aan die publiek verkoop
  • Lisensiëring van honde
  • Markte
  • Munisipale abattoirs
  • Munisipale paaie
  • Munisipale parke en ontspanning
  • Omheinings en heinings
  • Openbare plekke
  • Plaaslike geriewe
  • Plaaslike sportgeriewe
  • Reiniging
  • Reklameborde en die vertoon van advertensies op openbare plekke
  • Skutte
  • Straathandel
  • Straatverligting
  • Strande en vermaaklikheidsgeriewe
  • Verkeer en parkering
  • Vullisverwydering, vullishope en die wegdoen van vaste afvalstowwe