Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika/Bylae 4

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika  (1996) 
Bylae 4: Funksionele Gebiede van Konkurrente Nasionale en Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

Deel A

  • Administrasie van inheemse woude
  • Behuising
  • Besoedelingsbeheer
  • Bevolkingsontwikkeling
  • Casino’s, wedrenne, dobbelary en weddenskappe, uitgesonderd loterye en sportloterye
  • Dierebeheer en -siektes
  • Eiendomsoordraggelde
  • Gesondheidsdienste
  • Grondbewaring
  • Handel
  • Inheemse reg en gewoontereg, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet
  • Kultuuraangeleenthede
  • Landbou
  • Lughawens, behalwe internasionale en nasionale lughawens
  • Mediadienste regstreeks deur die provinsiale regering beheer of voorsien, behoudens artikel 192
  • Natuurbewaring, uitgesonderd nasionale parke, nasionale botaniese tuine en mariene bronne
  • Nywerheidsbevordering
  • Omgewing
  • Onderwys op alle vlakke, uitgesonderd tersiêre onderwys
  • Openbare vervoer
  • Openbare werke slegs ten opsigte van die behoeftes van provinsiale regeringsdepar- temente vir die nakoming van hul verantwoordelikhede om funksies wat kragtens die Grondwet of enige ander wet spesifiek aan hulle opgedra is, te administreer
  • Polisie in die mate waarin die bepalings van Hoofstuk 11 van die Grondwet wetgewende bevoegdheid aan die provinsiale wetgewers verleen
  • Provinsiale openbare ondernemings ten opsigte van die funksionele gebiede in hierdie Bylae en Bylae 5
  • Rampbestuur
  • Reëling van padverkeer
  • Stedelike en landelike ontwikkeling
  • Streeksbeplanning en -ontwikkeling
  • Taalbeleid en die reël van amptelike tale in die mate waarin die bepalings van artikel 6 van die Grondwet uitdruklik wetgewende bevoegdheid aan die provinsiale wetgewers verleen
  • Toerisme
  • Tradisionele leierskap, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet
  • Verbruikersbeskerming
  • Voertuiglisensiëring
  • Welsynsdienste


Deel B

Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155(6)(a) en (7) uiteengesit:

  • Bouregulasies
  • Brandbestrydingsdienste
  • Elektrisiteits- en gasvoorsieningstelsels
  • Handelsregulasies
  • Kindersorggeriewe
  • Lugbesoedeling
  • Munisipale beplanning
  • Munisipale gesondheidsdienste
  • Munisipale lughawens
  • Munisipale openbare vervoer
  • Munisipale openbare werke slegs ten opsigte van die behoeftes van munisipaliteite vir die nakoming van hul verantwoordelikhede om funksies wat kragtens die Grondwet of enige ander wet spesifiek aan hulle opgedra is, te administreer
  • Plaaslike toerisme
  • Ponte, veerbote, hawehoofde, piere en hawens, uitgesonderd die reëling van internasion- ale en nasionale skeepvaart en verwante aangeleenthede
  • Vloedwaterbestuurstelsels in beboude gebiede
  • Water- en sanitasiedienste, beperk tot stelsels vir die voorsiening van drinkbare water en die wegdoen van huishoudelike afvalwater en rioolvuil