Grondwet van Namibië

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Die Grondwet van Namibië

deur onbekend


Aanhef[edit]

Aangesien ons die ingebore waardigheid en die gelyke en ononderhandelbare reg van alle lede van die menslike geslag erken as ’n voorvereiste vir vryheid, geregtigheid en vrede;

Aangesien hierdie regte die indiwidu se reg tot lewe, vryheid en die strewe na geluk ongeag ras, kleur, etniese oorsprong, geslag, godsdiens, geloof en sosiale of ekonomiese status insluit;

Aangesien hierdie regte ten beste in ’n demokratiese samelewing onderhou en beskerm kan word, waar die regering verantwoording doen aan vry, verkose verteenwoordigers van die volk, wat optree onder ’n soewereine grondwet en ’n vrye, onafhanklike regbank; Aangesien die Namibiese volk so lank hierdie regte ontsê is deur kolonialisme, rassisme en apartheid;

Aangesien ons die Namibiese volk -

  • uiteindelik die stryd teen kolonialisme, rassisme en apartheid oorwin het;
  • vasberade is om ’n Grondwet aan te neem wat aan onsself en ons kinders ons besluit verwoord om die voordele wat ons in ons lang stryd behaal het, beskermend te koester;
  • begeer om onder ons die waardigheid van die individu en die integriteit van die Namibiese volk te bevorder, asook onder ander

volke en in verhouding met ander volke van die wêreld;

  • daarna sal streef om versoening binne die Namibiese gemeenskap te bereik en om vrede, eenheid en ’n gemeenskaplike lojaliteit teenoor ons eie land te bewerkstellig;
  • getrou aan hierdie beginsels, besluit het om die Republiek van Namibië te stig as ’n soewereine, sekulêre, demokratiese eenheidstaat wat geregtigheid, vryheid, gelykheid en broederskap waarborg.

Daarom aanvaar ons, die mense van Namibië, hierdie grondwet as die fundamentele reg van ons soewereine en onafhanklike Namibië.

Hoofstuk 1: Die Republiek[edit]

  • Artikel 1 Oprigting van die Republiek van Namibië en die Afbakening van sy Grond gebied
  • Artikel 2 Nasionale Simbole
  • Artikel 3 Taal

Hoofstuk 2: Burgerskap[edit]

  • Artikel 4 Verkryging en Verlies van Burgerskap

Hoofstuk 3: Fundamentele menseregte en vryhede[edit]

  • Artikel 5 Beskerming van Fundamentele Menseregte en Vryhede
  • Artikel 6 Beskerming van Lewe
  • Artikel 7 Beskerming van Vryheid
  • Artikel 8 Respek vir Menswaardigheid
  • Artikel 9 Slawerny en Dwangarbeid
  • Artikel 10 Gelykheid en Vryheid teen Diskriminasie
  • Artikel 11 Inhegtenisneming en Aanhouding
  • Artikel 12 Regverdige Verhoor
  • Artikel 13 Privaatheid
  • Artikel 14 Gesin
  • Artikel 15 Kinderregte
  • Artikel 16 Eiendom
  • Artikel 17 Politieke Bedrywighede
  • Artikel 18 Administratiewe Geregtigheid
  • Artikel 19 Kultuur
  • Artikel 20 Onderwys
  • Artikel 21 Fundamentele Vryhede
  • Artikel 22 Beperkinge op Fundamentele Regte en Vryhede
  • Artikel 23 Apartheid en Regstellende Aksie
  • Artikel 24 Inkorting
  • Artikel 25 Afdwingbaarheid van Fundamentele Regte en Vryhede

Hoofstuk 4: Openbare noodtoestand, staat van nasionale verdediging en krygswet[edit]

  • Artikel 26 Noodtoestand, Staat van Nasionale Verdediging en Krygswet

Hoofstuk 5: Die President[edit]

  • Artikel 27 Die Hoof van die Staat en die Regering
  • Artikel 28 Verkiesing
  • Artikel 29 Ampstermyn.
  • Artikel 30 Eed of Bevestiging
  • Artikel 31 Immuniteit teen Siviele- en Strafregterlike Verhore
  • Artikel 32 Funksies, Bevoegdhede en Pligte
  • Artikel 33 Vergoeding
  • Artikel 34 Opvolging

Hoofstuk 6: Die Kabinet[edit]

  • Artikel 35 Samestelling
  • Artikel 36 Werksaamhede van die Eerste Minister
  • Artikel 37 Adjunk-Ministers
  • Artikel 38 Eed of Bevestiging
  • Artikel 39 Mosie van Wantroue
  • Artikel 40 Pligte en Werksaamhede
  • Artikel 41 Ministeriële Aanspreeklikheid
  • Artikel 42 Werk Buite die Staat
  • Artikel 43 Sekretaris van die Kabinet

Hoofstuk 7: Die Nationale Vergadering[edit]

  • Artikel 44 Wetgewende Gesag
  • Artikel 45 Wese van Verteenwoordiging
  • Artikel 46 Samestelling
  • Artikel 47 Onbevoegdheid van Lede
  • Artikel 48 Ontruiming van Setel
  • Artikel 49 Verkiesing
  • Artikel 50 Termyn
  • Artikel 51 Speaker
  • Artikel 52 Sekretaris en ander Beamptes
  • Artikel 53 Kworum
  • Artikel 54 Beslissende Stem
  • Artikel 55 Eed of Bevestiging
  • Artikel 56 Goedkeuring van Wetsontwerpe
  • Artikel 57 Ontbinding
  • Artikel 58 Verrigting van Werksaamhede na Ontbinding
  • Artikel 59 Reëls van Prosedures, Komitees en Reglement van Orde
  • Artikel 60 Pligte, Voorregte en Immuniteite van Lede
  • Artikel 61 Openbare Toegang tot Sittings
  • Artikel 62 Sittings
  • Artikel 63 Werksaamhede en Bevoegdhede
  • Artikel 64 Weerhouding van Presidensiële Goedkeuring
  • Artikel 65 Ondertekening en Registrasie van Wette
  • Artikel 66 Gewoontereg en Gemenereg
  • Artikel 67 Vereiste Meerderhede

Hoofstuk 8: Die Nasionale Raad[edit]

  • Artikel 68 Instelling
  • Artikel 69 Samestelling
  • Artikel 70 Ampstermyn van Lede
  • Artikel 71 Eed of Bevestiging
  • Artikel 72 Kwalifikasies van Lede
  • Artikel 73 Voorsitter en Ondervoorsitter
  • Artikel 74 Bevoegdhede en Werksaamhede
  • Artikel 75 Hersiening van Wetgewing
  • Artikel 76 Kworum
  • Artikel 77 Stemming

Hoofstuk 9: Regspleging[edit]

  • Artikel 78 Die Regbank
  • Artikel 79 Die Hoogste Hof
  • Artikel 80 Die Hoërhof
  • Artikel 81 Bindende Aard van Beslissings van die Hoogste Hof
  • Artikel 82 Aanstelling van Regters
  • Artikel 83 Laer Howe
  • Artikel 84 Ontslag van Regters uit die Amp
  • Artikel 85 Die Regsdienskommissie
  • Artikel 86 Die Prokureur-Generaal
  • Artikel 87 Bevoegdhede en Werksaamhede van die
  • Prokureur-Generaal
  • Artikel 88 Die Aanklaer-Generaal

Hoofstuk 10: Die Ombudsman[edit]

  • Artikel 89 Instelling en Onafhanklikheid
  • Artikel 90 Aanstelling en Werkstermyn
  • Artikel 91 Funksies
  • Artikel 92 Bevoegdhede van Ondersoek
  • Artikel 93 Betekenis van “Amptenaar”
  • Artikel 94 Ontslag uit Amp

Hoofstuk 11: Beginsels van Staatsbeleid[edit]

  • Artikel 95 Bevordering van die Welsyn van die Bevolking
  • Artikel 96 Buitelandse Betrekkinge
  • Artikel 97 Asiel
  • Artikel 98 Beginsels van Ekonomiese Orde
  • Artikel 99 Buitelandse Beleggings
  • Artikel 100 Soewereine Eienaarskap van Natuurlike Hulpbronne
  • Artikel 101 Toepassing van die Beginsels vervat in hierdie

Hoofstuk 12: Streeks- en Plaaslike Regering[edit]

  • Artikel 102 Strukture van Streeks- en Plaaslike Regering
  • Artikel 103 Instelling van Streeksrade
  • Artikel 104 Die Afbakeningskommissie
  • Artikel 105 Samestelling van Streeksrade
  • Artikel 106 Streeksraadverkiesings
  • Artikel 107 Besoldiging van Lede van Streeksrade
  • Artikel 108 Bevoegdhede van Streeksrade
  • Artikel 109 Bestuurskomitees
  • Artikel 110 Administrasie en Funksies van Streeksrade
  • Artikel 111 Plaaslike Owerhede

Hoofstuk 13: Die Staatsdienskommissie[edit]

  • Artikel 112 Instelling
  • Artikel 113 Werksaamhede

Hoofstuk 14: Die Veiligheidskommissie[edit]

  • Artikel 114 Instelling en Werksaamhede

Hoofstuk 15: Die Polisiemag, die Weermag en die Gevangenisdiens[edit]

  • Artikel 115 Instelling van die Polisiemag
  • Artikel 116 Die Inspekteur-Generaal van Polisie
  • Artikel 117 Ontslag van die Inspekteur-Generaal van Polisie
  • Artikel 118 Instelling van die Weermag
  • Artikel 119 Hoof van die Weermag
  • Artikel 120 Ontslag van die Hoof van die Weermag
  • Artikel 121 Instelling van die Gevangenisdiens
  • Artikel 122 Kommissaris van Gevangenisse
  • Artikel 123 Ontslag van die Kommissaris van Gevangenisse

Hoofstuk 16: Finansies[edit]

  • Artikel 124 Oordrag van Regeringsbates
  • Artikel 125 Die Staatsinkomstefonds
  • Artikel 126 Begroting
  • Artikel 127 Die Ouditeur-Generaal

Hoofstuk 17: Sentrale Bank en Nasionale Beplanningskommissie[edit]

  • Artikel 128 Die Sentrale Bank
  • Artikel 129 Die Nasionale Beplanningskommissie

Hoofstuk 18: Inwerkingtreding van hierdie Grondwet[edit]

  • Artikel 130 Inwerkingtreding van die Grondwet

Hoofstuk 19: Wysiging van die Grondwet[edit]

  • Artikel 131 Verskansing van Fundamentele Regte en Vryhede
  • Artikel 132 Herroeping en Wysiging van die Grondwet

Hoofstuk 20: Die Wet in Werking en Oorgangsbepalings[edit]

  • Artikel 133 Die Eerste Nasionale Vergadering
  • Artikel 134 Verkiesing van die Eerste President
  • Artikel 135 Implementering van die Grondwet
  • Artikel 136 Bevoegdhede van die Nasionale Vergadering voor die Verkiesing van ’n Nasionale Raad
  • Artikel 137 Verkiesing van die Eerste Streeksrade en die Eerste Nasionale Raad
  • Artikel 138 Howe en Hangende Aksies
  • Artikel 139 Die Regsdienskommissie
  • Artikel 140 Die Wet in Werking op die Datum van Onafhanklikheid
  • Artikel 141 Bestaande Aanstellings
  • Artikel 142 Aanstelling van die Eerste Hoof van die Weermag, die Eerste Inspekteur-Generaal van Polisie en die Eerste Kommissaris van Gevangenisse
  • Artikel 143 Bestaande Internasionale Ooreenkomste

Hoofstuk 21: Finale Bepalings[edit]

  • Artikel 144 Internasionale Reg
  • Artikel 145 Voorbehoud
  • Artikel 146 Definisies
  • Artikel 147 Herroeping van Wette
  • Artikel 148 Kort Titel

Skedule[edit]

Skedule 1[edit]

Eed/Plegtige verklaring van Regters

“Ek, .............. , verklaar onder eed/verklaar hiermee plegtig dat ek as ’n Regter van die Republiek van Namibië die Grondwet van die Republiek van Namibië as die opperste wet sal verdedig en nakom en vreesloos sonder voorkeur of vooroordeel en ooreenkomstig die wette van die Republiek van Namibië vir alle persone regspraak sal lewer.

(in die geval van ’n eed)

So help my God.”

Skedule 2[edit]

Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

“Ek, .................. , verklaar onder eed/verklaar hiermee plegtig dat ek getrou sal wees teenoor die Republiek van Namibië, my posisie as Minister/Adjunk-Minister met eer en waardigheid sal beklee, die Grondwet sal nakom, beskerm en verdedig en getrou die wette van die Republiek van Namibië sal gehoorsaam, uitvoer en administreer, die mense van Namibië na die beste van my vermoë sal dien, nie direk of indirek enige sake wat voor die Kabinet dien en onder geheimhouding aan my toevertrou word, sal openbaar maak nie en pligte van my posisie en die werksaamhede wat deur die President aan my opgedra is, pligsgetrou en na die beste van my vermoë sal uitvoer.

(in die geval van ’n eed)

So help my God.”

Skedule 3[edit]

Eed/Plegtige verklaring van Lede van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad

“Ek, .................. , verklaar onder eed/verklaar hiermee plegtig dat ek getrou sal wees aan die Republiek van Namibië en sy mense en ek belowe plegtig om die Grondwet en wette van die Republiek van Namibië na die beste van my vermoë na te kom en te beskerm.

(in die geval van ’n eed)

So help my God.”

Skedule 4[edit]

Verkiesing van Lede van die Nasionale Vergadering

  • (1) Met die oog daarop om die twee-en-sewentig (72) setels van die Nasionale Vergadering te vul , soos in Artikel 46(1)(a) bepaal word, moet die totale aantal stemme wat in ’n algemene verkiesing vir hierdie setels uitgebring is, deur twee-en-sewentig (72) gedeel word en die uitslag bepaal dan die kwota stemme van elke setel.
  • (2) Die totale aantal stemme wat ten gunste van ’n geregistreerde politieke party, wat aan die verkiesing deelgeneem het, uitgebring is, word deur die kwota stemme per setel gedeel en die uitslag maak, met inagneming van paragraaf (3), die aantal setels uit waarop die bepaalde politieke party in die Nasionale Vergadering geregtig is.
  • (3) Waar die formule wat in paragraaf (2) uiteengesit word, ’n oorskotbreuk oplewer wat nie deur die aantal setels wat aan die betrokke politieke party toegewys is, geabsorbeer word nie, moet sodanige oorskot meeding met ander soortgelyke oorskotte wat aan enige ander politieke party of partye wat aan die verkiesing deelneem, toeval en enige ontoegewysde setel of setels (ingevolge die formule uiteengesit in paragraaf (2)) moet aan die betrokke party of partye in die volgorde van die hoogste oorskot toegeken word.
  • (4) Met inagneming van die vereistes met betrekking tot die kwalifikasi van lede van die Nasionale Vergadering, staan dit ’n politieke party wat vir setels volgens paragraaf (2) en (3) kwalifiseer, vry om na eie goeddunke te kies watter persone as lede van die Nasionale Vergadering genomineer moet word om die genoemde setels te vul.
  • (5) Voorsiening moet deur Parlementêre wetgewing gemaak word dat alle partye wat aan ’n verkiesing van die Nasionale Vergadering deelneem, by alle belangrike stadiums van die verkiesingsproses verteenwoordig word en ’n billike geleentheid gegun word om die telling van stemme wat in die verkiesing uitgebring is, noukeurig na te gaan.

Skedule 5[edit]

Eiendom van die Regering van Namibië

  • (1) Alle eiendom waarvan die eiendomsreg of kontrole onmiddellik voor die datum van Onafhanklikheid aan die Regering van die Gebied Suidwes-Afrika behoort het, of aan enige Verteenwoordigende Owerheid ingestel ooreenkomstig die Proklamasie op Verteenwoordigende Owerhede, 1980 (Proklamasie AG 8 van 1980), of aan die Regering van Rehoboth, of aan enige ander organisasie, statutêr of andersins, wat tot voordeel van die Regering of owerheid ingestel is, onmiddelik voor die datum van Onafhanklikheid, of wat in trust gehou is vir of namens die Regering van ’n Onafhanklike Namibië, moet onder beheer van die Regering van Namibië wees.
  • (2) Vir die toepassing van hierdie Skedule beteken die woord “eiendom”, sonder om afbreking te doen aan die algemene begrip van die woord, beweegbare en vaste eiendom in, of dit aanraakbaar of onaanraakbaar is, of waar ook al geleë, en sluit dit enige reg of belang daarby in.
  • (3) Alle vaste eiendom moet aan die Regering van Namibië oorgedra word sonder betaling van hereregte, seëlregte of enige ander gelde of heffings, maar met inagneming van enige bestaande regte, kostes, verpligtinge of trust op of oor bepaalde eiendom en ook onderworpe aan die bepalinge van die Grondwet.
  • (4) Die betrokke Registrateur van Aktes sal wanneer die transportakte van enige vaste eiendom soos genoem in paragraaf (1) aan hom/haar oorhandig word, die transportakte endosseer dat die vaste eiendom wat daarin beskryf word, aan die Regering van Namibië oorgedra word en moet die nodige inskrywings in sy/haar registers gemaak word. Daarna sal die transportakte vir alle doeleindes dien as ’n bewys van die Regering van Namibië se eiendomsreg oor die bepaalde eiendom.

Skedule 6[edit]

Die Nasionale Vlag van die Republiek van Namibië Die Nasionale Vlag van Namibië moet reghoekig wees in die verhouding van drie in die lengte tot twee in die breedte, in drie dele verdeel deur ’n omgekeerde skuinsbalk, blou, wit en groen; die wit omgekeerde skuinsbalk wat een-derde van die breedte van die vlag moet wees, is oorlê met nog een in rooi, een kwart van die breedte van die vlag. In die boonste paalkant moet daar ’n goue son met twaalf reguit strale wees, wat in radius een derde van die breedte van die vlag moet wees, met sy vertikale aslyn een vyfde van die afstand van die paalkant, met posisie ewe ver van die boonste rand en van die omgekeerde skuinsbalk. Die strale, wat elk twee-vyfdes van die radius van die son moet wees, gaan uit van die buitenste rand van ’n blou ring wat ’n radius van een-tiende van die son het.

Skedule 7[edit]

Implementering van die Grondwet

  • (1) Op Onafhanklikheidsdag sal die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies die eed of plegtige verklaring wat in Artikel 30 voorgeskryf word, van die President, wat ingevolge Artikel 134 verkies is, afneem.
  • (2) Die President sal die Eerste Minister aanstel en die eed of verklaring soos voorgeskryf in Skedule 2, van hom/haar afneem.
  • (3) Die President sal die eed of verklaring soos voorgeskryf in Skedule 1, van die eerste Regters van Namibië, aangestel volgens artikel 138(1), afneem.
  • (4) Op die dag wat deur die Grondwetgewende Vergadering bepaal sal word, moet die Nasionale Vergadering sy eerste sitting hou op ’n tyd en ’n plek wat deur die Eerste Minister bepaal word.
  • (5) Die lede van die Nasionale Vergadering sal met die Eerste Minister as Voorsitter:
    • (a) die eed of verklaring soos voorgeskryf deur Artikel 55 voor die Regter-President of ’n Regter wat deur die Regter-President vir die doel aangestel is, afle;
    • (b) die Speaker van die Nasionale Vergadering verkies.
  • (6) Die Nasionale Vergadering, met die Speaker as Voorsitter, moet:
    • (a) ’n Adjunk-Speaker kies;
    • (b) sake hanteer soos die Nasionale Vergadering goeddink;
    • (c) verdaag tot ’n datum wat deur die Nasionale Vergadering vasgestel moet word.
  • (7) Die reëls en prosedures wat die Grondwetgewende Vergadering gebruik het vir die hou van sy vergaderings moet mutatis mutandis die reëls en prosedures wees wat deur die Nasionale Vergadering gevolg word totdat die Nasionale Vergadering reëls en prosedures en ’n Reglement van Orde ooreenkomstig Artikel 59 aanvaar het.

Skedule 8[edit]

Herroeping van Wette

  • Wet op die Konstitusie van Suidwes-Afrika, 1968 (Wet no. 39 van 1968)
  • Wet op Selfregering vir Rehoboth 1976 (Wet no. 56 van 1976)
  • Proklamasie op die Instelling van Amp van Administrateur-Generaal vir die Gebied Suidwes-Afrika, 1977 (Proklamasie no. 180 van 1977 van die Staatspresident)
  • Proklamasie op die Verlening van Wetgewende Bevoegdheid aan die Administrateur-Generaal vir die Gebied Suidwes-Afrika, 1977 (Proklamasie no. 181 van 1977 van die Staatspresident)
  • Proklamasie op Verteenwoordigende Owerhede, 1980 (Proklamasie AG. 8 van 1980) Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Blankes, 1980 (Proklamasie AG. 12 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Kleurlinge¸ 1980 (Proklamasie AG. 14 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Owambo’s, 1980 (Proklamasie AG. 23 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Kavango’s, 1980 (Proklamasie AG. 26 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Capriviane, 1980 (Proklamasie AG. 29 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Damaras, 1980 (Proklamasie AG. 32 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Namas, 1980 (Proklamasie AG. 35 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Tswanas, 1980 (Proklamasie AG. 47 van 1980)
  • Proklamasie op die Verteenwoordigende Owerheid van die Herero’s, 1980 (Proklamasie AG. 50 van 1980)
  • Proklamasie op die Oordrag van Bevoegdhede van Verteenwoordigende Owerhede, 1989 (Proklamasie AG. 8 van 1989)
  • Proklamasie op die Oordrag van Bevoegdhede van die Regering van Rehoboth, 1989 (Proklamasie AG. 32 van 1989)

Eerste wysigingswet op die Namibiese Grondwet, 1998[edit]

Ter wysiging van die Namibiese Grondwet om voorsiening te maak dat die eerste President van Namibië die amp van President vir drie termyne kan beklee en om voorsiening te maak vir gepaardgaande sake.

DAAR WORD SOOS VOLG BEPAAL deur die Parlement van die Republiek van Namibië, ooreenkomstig die vereistes van artikel 132 van die Namibiese Grondwet:

  • Wysiging van Artikel 134 van die Namibiese Grondwet

1. Artikel 134 van die Namibiese Grondwet word gewysig deur die byvoeging van die volgende subartikel: “(3) Ondanks artikel 29(3) kan die eerste President van Namibië sy amp as President vir drie (3) termyne beklee.”

  • Kort titel

2. Hierdie wet sal bekend staan as die Eerste Wysigingswet op die Namibiese Grondwet, 1998.