Grondwet van Namibië/Hoofstuk 1

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van Namibië/Aanhef Die Grondwet van Namibië, Hoofstuk 1: Die Republiek

deur onbekend
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 2



Artikel 1 – Stigting van die Republiek van Namibië en die Afbakening van sy Grondgebied[edit]

  • (1) Die Republiek van Namibië word hiermee gestig as ’n soewereine, demokratiese eenheidstaat gebou op die beginsels van demokrasie, erkenning van regeringsgesag en geregtigheid vir almal.
  • (2) Alle gesag sal in die mense van Namibië setel, wat hul gesag sal uitoefen deur die demokratiese instellings van die Staat.
  • (3) Die belangrikste staatsinstellings sal die Uitvoerende, Wetgewende en Regterlike gesag wees.
  • (4) Die nasionale grondgebied van Namibië sal uit die ganse grondgebied bestaan wat deur die internasionale gemeenskap deur die agentskappe van die Verenigde Nasies as Namibië erken word, insluitend die Walvisbaaise enklawe, hawe en poort, asook die Namibiese aflandige eilande en die suidelike grens sal strek tot in die middel van die Oranjerivier.
  • (5) Windhoek sal die setel van die sentrale Regering wees.
  • (6) Die Grondwet sal die hoogste wet van Namibië wees.

Artikel 2 - Nasionale Simbole[edit]

  • (1) Namibië sal ’n nasionale vlag hê. Die beskrywing van die vlag word uiteengesit in Skedule 4 van die Grondwet.
  • (2) Namibië sal ’n nasionale wapen, ’n volkslied en ’n staatseël hê, wat gereël sal word deur Parlementêre wetgewing, wat net deur ’n twee-derde meerderheid van alle lede van die Nasionale Vergadering aangeneem en verander kan word.
  • (3)
    • (a) Die staatseël van die Republiek van Namibië sal die wapen vertoon met die woord Namibië en die leuse van die land, onderaan, wat deur Parlementêre wetgewing bepaal sal word.
    • (b) Die President, of iemand deur die President afgevaardig vir die doel, sal die staatseël beheer en beskerm en sal op amptelike dokumente gebruik word soos deur die President bepaal.

Artikel 3 – Taal[edit]

  • (1) Engels is die amptelike taal van Namibië.
  • (2) Niks in hierdie Grondwet sal die gebruik van enige ander taal as ’n medium van onderrig in privaatskole of in ’n skole wat deur die Staat gefinansier of gesubsidieer word, verbied nie, met dien verstande dat dat sulke skole sal voldoen aan die vereistes wat die reg mag stel om taalvaardigheid in die amptelike taal te verseker, of vir opvoedkundige redes.
  • (3) Niks in Sub-Artikel (1) van die Artikel sal deur Parlementêre wetgewing uitsluit nie wat die gebruik van ’n ander taal as Engels toelaat vir wetgewende, administratiewe en juridiese redes in streke of gebiede waar ’n taal of tale deur ’n aansienlike aantal mense gepraat word.