Grondwet van Namibië/Hoofstuk 4

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 3 Die Grondwet van Namibië, Hoofstuk 4: Openbare Noodtoestand, Staat van Nasionale Verdediging en Krygswet

deur onbekend
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 5


Artikel 26 – Noodtoestand, Staat van Nasionale Verdediging en Krygswet[edit]

  • (1) Ten tye van ’n nasionale ramp of gedurende ’n staat van nasionale verdediging of openbare noodtoestand wat die lewe van die volk of die grontwetlike orde bedreig, kan die President by wyse van Proklamasie in die Staatskoerant ’n noodtoestand in Namibië of enige gedeelte daarvan afkondig.
  • (2) ’n Verklaring kragtens Sub-Artikel (1), indien nie herroep word nie, verloor sy regskrag:
    • (a) indien die verklaring gemaak is tydens ’n sitting van die Nasionale Vergadering of wanneer ’n vergadering belê word, na ’n tydperk van sewe (7) dae na publikasie van die verklaring; of
    • (b) in enige ander geval, waar ’n tydperk van dertig (30) dae na publikasie van die verklaring verstryk het, tensy dit, voor die verstryking van die tydperk, ooreenkomstig deur ’n tweederde meerderheidsbesluit van alle lede van die Nasionale Vergadering goedgekeur word.
  • (3) Onderworpe aan die bepalinge van Sub-Artikel (4), bly ’n verklaring wat deur die Nasionale Vergadering ooreenkomstig Sub-Artikel (2) goedgekeur is, van krag tot die verloop van ’n tydperk van ses (6) maande na goedkeuring of tot ’n vroeër datum wat in die besluit gespesifisser is. Die Nasionale Vergadering kan egter ingevolve ’n resolusie deur ’n twee-derde meerderheid van al sy lede, die goedkeuring van die verklaring verleng vir ’n periode van hoogstens ses (6) maande per keer.
  • (4) Die Nasionale Vergadering kan te eniger tyd by wyse van ’n resolusie ’n verklaring, wat die Vergadering ooreenkomstig die Artikel goedgekeur het, herroep.
  • (5)
    • (a) Tydens ’n noodtoestand ingevolge die Artikel, of wanneer ’n staat van nasionale verdediging bestaan, het die President die mag om by wyse van Proklamasie die nodige regulasies uit te vaardig wat volgens hom/haar nodig is vir die beskerming van nasionale en openbare veiligheid en die handhawing van wet en orde.
    • (b) Die bevoegdhede van die President om regulasies uit te vaardig, sluit die bevoegdheid in om die werking van enige reël van die gemeenregtelike of statutêre reëls of enige fundamentele reg of vryheid wat deur die Grondwet beskerm word, vir ’n tydperk, onderworpe aan sodanige redelik regverdigbare voorwaardes, op te skort met die doel om die aangeleentheid wat aanleiding gegee het tot die noodtoestand, te hanteer. Niks in hierdie Sub-Artikel mag strydig met die bepalinge van Artikel 24 wees nie.
    • (c) Waar enige regulasie wat uitgevaardig is kragtens Sub-Artikel (b) hierbo, voorsiening maak vir aanhouding sonder verhoor, sal daar ook voorsiening gemaak word vir ’n Adviesraad wat deur die President op aanbeveling van die Regsdienskommissie, aangestel word, bestaande hoogstens uit vyf (5) persone, waarvan minstens drie (3) regters van die Hoogste Hof of Hoërhof moet wees of bevoegd om regters van hierdie howe te wees. Die Adviesraad moet die funksie uitoefen wat in Artikel 24(2)(c) uiteengesit is.
  • (6) Enige regulasies wat deur die President gemaak is ingevolge die bepalinge van Sub-Artikel (5), sal hulle regskrag verloor indien dit nie binne veertien (14) dae na die datum van die eerste sittingsdag van die Nasionale Vergadering ná die inwerkingtredingsdatum van enige sodanige regulasies deur ’n resolusie van die Nasionale Vergadering goedgekeur word nie.
  • (7) Die President het die bevoegdheid om krygswet af te kondig of te beëindig. Krygswet kan slegs afgekondig word indien ’n staat van nasionale verdediging waarby ’n ander land betrokke is, bestaan of indien burgeroorlog in Namibië heers. Enige Krygswetproklamasie verloor egter sy regskrag indien dit nie binne ’n redelike tyd deur ’n resolusie van die Nasionale Vergadering, wat met ’n twee-derde meerderheid aanvaar is, goedgekeur word nie.