Grondwet van Namibië/Hoofstuk 3

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 2 Die Grondwet van Namibië, Hoofstuk 3: Fundamentele Menseregte en Vryhede

deur onbekend
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 4



Artikel 5 – Beskerming van Fundamele Regte en Vryhede[edit]

Die fundamentele regte en vryheid wat in hierdie Hoofstuk beskerm word, moet deur die Uitvoerende, Wetgewende en Regterlike gesag en alle afdelings van die Regering, al sy agentskappe en, waar toepaslik, deur alle natuurlike en regspersone in Namibië gerespekteer en gehandhaaf word. Dit is afdwingbaar deur die howe op die wyse soos deur die Grondwet voorgeskryf.

Artikel 6 - Beskerming van Lewe[edit]

Die reg om te lewe moet gerespekteer en beskerm word. Geen wet mag die doodstraf as ’n toepaslike straf voorskryf nie. Geen hof of tribunaal het die mag om die doodstraf aan enige persoon op te lê nie. Geen teregstellings mag in Namibië plaasvind nie.

Artikel 7 – Beskerming van Vryheid[edit]

Niemand mag van sy/haar persoonlike vryheid ontneem word nie, behalwe ooreenkomstig die voorskrifte wat die reg bepaal.

Artikel 8 - Respek vir Menswaardigheid[edit]

  • (1) Die waardigheid van alle persone is onskendbaar.
  • (2)
    • (a) Die respek vir die menswaardigheid van alle inwoners moet in enige regsproses of enige ander verrigtinge voor enige afdeling van die Staat en tydens die toepassing van ’n straf gewaarborg wees.
    • (b) Geen persoon sal onderwerp word of blootgestel word aan marteling of wreedaardige, onmenslike of vernederende behandeling of straf nie.

Artikel 9 - Slawerny en Dwangarbeid[edit]

  • (1) Niemand mag in slawerny of knegskap aangehou word nie.
  • (2) Daar mag van niemand verwag word om dwangarbeid te verrig nie.
  • (3) Vir die doeleindes van hierdie Artikel, sluit die uitdrukking “dwangarbeid” die volgende uit:
    • (a) enige arbeid wat voorgeskryf is as ’n vonnis of ’n hofbevel;
    • (b) enige arbeid wat tydens wettige aanhouding vereis word, al is dit nie ’n vereiste ingevolge ’n vonnis of ’n hofbevel nie, as dit redelikerwys nodig is in belang van higiëne;
    • (c) enige arbeid wat vereis word van lede van die Weermag, die Polisiemag en die Gevangenisdiens in uitvoering van hulle bepaalde pligte, of in die geval van persone wat gewetensbesware het om in die Weermag te dien, enige arbeid wat regtens van hulle vereis word in die plek van sodanige diensplig;
    • (d) enige arbeid wat vereis word ten tye van ’n openbare noodtoestand of in geval van enige ander noodtoestand of ramp wat die lewens of welstand van die gemeenskap bedreig, tot so ’n mate wat sodanige arbeid redelik geregverdig kan word onder die omstandighede of enige omstandighede wat voortspruit of bestaan tydens hierdie tydperk, of as gevolg van enige ander noodtoestand of ramp, met die doel om hierdie omstandighede te hanteer;
    • (e) enige arbeid wat redelikerwys vereis word as deel van redelike en normale gemeenskaps- of ander burgerlike verpligtinge.

Artikel 10 - Gelykheid en Vryheid teen Diskriminasie[edit]

  • (1) Almal is gelyk voor die reg.
  • (2) Daar mag teen niemand gediskrimineer word op gronde van geslag, ras, kleur, etniese oorsprong, godsdiens, geloofsbelydenis of sosiale of ekonomiese status nie.

Artikel 11 – Inhegtenisneming en Aanhouding[edit]

  • (1) Geen persone mag onderwerp word aan willekeurige inhegtenisneming of aanhouding nie.
  • (2) Niemand wat in hegtenis geneem is, mag aangehou word sonder om so spoedig moontlik in ’n taal wat hulle verstaan, in kennis gestel te word van die redes vir arrestasie nie.
  • (3) Alle persone wat in hegtenis geneem is en aangehou word, moet binne ’n tydperk van agt-en-veertig (48) uur na hul inhegtenisneming voor die naaste landdros of geregtelike amptenaar verskyn of, indien dit nie redelikerwys moontlik is nie, so gou as moontlik daarna. Geen persoon mag na hierdie tydperk aangehou word sonder die magtiging van ’n landdros of geregtelike amptenaar nie.
  • (4) Geen bepaling van Sub-Artikel (3) is van toepassing op onwettige immigrante, wat in aanhouding is ingevolge enige wet wat van toepassing is op onwettige immigrasie nie: met dien verstande dat sulke persone nie uit Namibië gedeporteer mag word nie, tensy die deportasie gemagtig is deur ’n tribunaal met regsbevoegdheid om sodanige besluite te neem.
  • (5) Geen persoon wat in hegtenis geneem is en aangehou word as ’n onwettige immigrant, sal die reg ontsê word om vertroulik met n regsverteenwoordiger van sy keuse te konsulteer nie. Daar mag geensins met hierdie reg ingemeng word nie, behalwe wanneer in ooreenstemming is met die wetgewing wat noodsaaklik is in ’n demokratiese samelewing en in die belang van nasionale sekuriteit of openbare veiligheid.

Artikel 12 - Regverdige Verhoor[edit]

  • (1)
    • (a) In die vasstelling van burgerlike regte en verpligtinge of enige strafregtelike klagte teen enigiemand, is alle persone geregtig op ’n regverdige en openbare verhoor deur ’n onafhanklike, onpartydige en bevoegde hof of tribunaal wat regtens tot stand gebring is: met dien verstande dat die pers en/of die publiek van alle of net sekere gedeeltes van die verhoor uitgesluit mag word vir redes in belang van morele waardes, openbare orde of nasionale veiligheid, soos verlang deur ’n demokratiese samelewing.
    • (b) ’n Verhoor, soos beskryf in Sub-Artikel (a), moet binne ’n redelike tydperk plaasvind. Indien nie moet die beskuldigde vrygelaat word.
    • (c) Uitspraak in strafregtelike verhore sal in die openbaar geskied, behalwe waar die belange van jeugdiges of algemene morele waardes anders bepaal.
    • (d) Alle persone wat van ’n bepaalde misdryf aangekla word, word geag onskuldig te wees totdat hulle skuld regtens bewys is, nadat hulle die geleentheid gebied is om getuies te roep en die wat teen hulle getuig het, onder kruisverhoor te neem.
    • (e) Alle persone sal genoeg tyd en die nodige fasiliteite gegun word vir die voorbereiding en aanbieding van hul verdediging, voor die aanvang en gedurende hul verhoor. Hulle sal geregtig wees om verdedig te word deur ’n regspraktisyn van hul keuse.
    • (f) Niemand mag gedwing word om getuienis teen hulself of hul gades te lewer nie, insluitende gades in huwelike deur gewoontereg en geen hof mag getuienis toelaat wat teen sodanige persone verkry is deur ’n skending van die bepalinge van Artikel 8(2)(b) nie.
  • (2) Niemand mag weer verhoor, skuldig bevind of gestraf word vir enige misdaad waarvoor hulle reeds regtens skuldig bevind is of reeds vrygespreek is nie: met dien verstande dat niks in hierdie Sub-Artikel uitgelê sal word as verandering van die gemeenregtelike verwere van “vorige vryspraak” en “vorige skuldigbevinding” nie.
  • (3) Niemand mag verhoor word of skuldig bevind word vir enige strafregtelike oortreding of op grond van enige handeling of versuim wat nie ’n strafregtelike oortreding was toe dit gepleeg is nie en geen straf mag opgelê word wat die straf oorskry wat van toepassing was toe die misdaad gepleeg is nie.

Artikel 13 - Privaatheid[edit]

  • (1) Niemand mag persone se reg op privaatheid in hul huise, ten opsigte van hul korrespondensie of kommunikasie skend nie, behalwe wanneer in ooreenstemming met wetgewing en soos nodig geag binne ’n demokratiese samelewing of in die belang van nasionale sekuriteit, openbare veiligheid of ekonomiese welstand van die land, vir die beskerming van gesondheid of morele waardes, vir die voorkomming van wanorde of misdaad of vir die beskerming van regte of vryheid van ander.
  • (2) Visintering van persone of wonings van indiwidue is slegs geregverdig:
    • (a) waar dit gemagtig is deur ’n bevoegde geregtelike amptenaar;
    • (b) in gevalle waar die vertraging om sodanige geregtelike magtiging te kry, die gevaar inhou dat die doel van die visintering of openbare belang benadeel sal word en dat bepaalde prosedures soos deur Parlementêre wetgewing voorgeskryf om misbruik te voorkom, behoorlik nagekom is.

Artikel 14 – Die Gesin[edit]

  • (1) Volwasse mans en vrouens het die reg om, sonder enige beperkings van ras, kleur, etniese oorsprong, nationaliteit, godsdiens, geloofsbelydenis, sosiale of ekonomiese status te trou en ’n gesin te 11 begin. Hulle is geregtig op gelyke regte om in die huwelik te tree, ten tye van die huwelik en by die ontbinding van die huwelik.
  • (2) Die huwelik mag alleenlik bevestig word tussen vrye, voorgenome gades wat albei toestemming verleen.
  • (3) Die gesin is die natuurlikste fundamentele kerngroep van die samelewing en is geregtig op beskerming deur die samelewing en die Staat.

Artikel 15 - Kinderregte[edit]

  • (1) Kinders is van geboorte af geregtig op ’n naam, ’n nasionaliteit en, onderworpe aan wetgewing wat daargestel is in die beste belang van die kind, sover moontlik geregtig om te weet wie hulle ouers is en om deur hulle ouers versorg te word.
  • (2) Kinders is geregtig op beskerming teen ekonomiesie uitbuiting en mag nie in diens geneem word nie. Daar mag nie van kinders verwag word om enige werk te verrig wat met hul onderrig sal inmeng, of 􀁎􀁄􀁇􀁈􀁏􀁌􀁎􀀃􀁌􀁖􀀃􀁙􀁌􀁕􀀃􀁋􀁘􀁏􀁏􀁈􀀃􀁊􀁈􀁖􀁒􀁑􀁇􀁋􀁈􀁌􀁇􀀃􀁒􀁉􀀃􀃀 morele of sosiale ontwikkeling nie. Vir die doel van hierdie Sub-Artikel is alle persone onder die ouderdom van sestien (16) jaar, kinders.
  • (3) Geen kinders onder die ouderdom van veertien (14) jaar mag arbeid in enige fabriek of myn verrig nie, behalwe onder toestande en omstandighede wat deur Parlementêre wetgewing gereguleer word. Niks in hierdie Sub-Artikel mag in enige vorm ontleed word as ’n inkorting van Sub-Artikel (2) nie.
  • (4) Enige reëling of program op enige plaas of ander onderneming, waar die minderjarige kinders van die werknemer verplig word om arbeid vir die werkgewer te verrig en waar dit in belang van die werkgewer is, sal vir die doeleindes van Artikel (9) as gedwonge arbeid gesien word.
  • (5) Geen wet mag voorsiening maak vir die aanhouding van minderjarige kinders onder die ouderdom van sestien (16) jaar nie.

Artikel 16 – Eiendom[edit]

  • (1) Alle persone het die reg om in enige deel van Namibië, alle vorme van vaste of roerende bates te bekom, te besit of te verhandel, individueel of in samewerking met ander persone, om sulke bates te 12 bemaak aan hulle erfgename of legatarisse, met dien verstande dat die Parlement wetgewing kan aanvaar om die reg om bates aan te skaf deur persone wat nie Namibiese burgers is nie, te verbied of te reguleer soos die Parlement dit goeddink.
  • (2) Die Staat, of ’n bevoegde liggaam of afdeling wat regtens daartoe gemagtig is, kan enige eiendom onteien as dit in openbare belang is, maar is onderhewig aan die betaling van ’n billike vergoeding ooreenkomstig voorwaardes en prosedures wat deur Parlementêre wetgewing bepaal word.

Artikel 17 – Politieke Bedrywighede[edit]

  • (1) Alle burgers het die reg om deel te neem aan vreedsame politieke bedrywighede wat daarop gerig is om die samestelling en beleidrigtings van die Regering te beïnvloed. Alle burgers het die reg om politieke partye te stig of by politieke partye aan te sluit, onderworpe aan vereistes soos voorgeskryf deur wetgewing en nodig vir ’n demokratiese samelewing, ook om deel te neem aan debatte rakende openbare aangeleenthede, hetsy direk of deur vrye, verkose verteenwoordigers.
  • (2) Alle burgers wat die ouderdom van agtien (18) jaar bereik het, is geregtig om te stem en die wat die ouderdom van een-en-twintig (21) jaar bereik het, mag tot ’n openbare amp verkies word tensy anders hierin bepaal.
  • (3) Die regte wat in bogenoemde Sub-Artikel (2) gewaarborg word, mag deur die Parlement herroep, opgeskort of ingeperk word ten 􀁄􀁑􀀃 􀁖􀁓􀁈􀁖􀁌􀃀􀁈􀁎􀁈􀀃 􀁎􀁄􀁗􀁈􀁊􀁒􀁕􀁌􀁈􀁳􀀃 􀁙􀁄􀁑􀀃 􀁓􀁈􀁕􀁖􀁒􀁑􀁈􀀃 􀁈􀁑􀀃 􀁒􀁓􀀃 􀁊􀁕􀁒􀁑􀁇􀀃 􀁙􀁄􀁑􀀃 ongeskiktheid, openbare belang of moraliteit soos verlang deur ’n demokratiese samelewing.

Artikel 18 - Administratiewe Geregtigheid[edit]

Administratiewe liggame en administratiewe amptenare moet regverdig en billik optree en voldoen aan die vereistes wat vir sulke liggame en amptenare bepaal word deur die gemene reg en relevante wetgewing. Persone wat deur die wanuitoefening van sulke handelinge en besluite benadeel word, het die reg om voor ’n hof of tribunaal te verskyn om die skade te herstel.

Artikel 19 – Kultuur[edit]

Elke persoon het die reg om enige kultuur, taal, tradisie of godsdiens te geniet, te beoefen, te bely, te onderhou en te bevorder in terme van die Grondwet, maar is verder onderworpe aan die voorwaarde, dat die regte wat deur hierdie Artikel beskerm word, nie sal inbreuk maak op ander se regte of nasionale belang nie.

Artikel 20 – Onderwys[edit]

  • (1) Alle persone is geregtig op onderwys.
  • (2) Primêre onderrig is verpligtend en die Staat moet redelike fasiliteite voorsien om hierdie reg aan elke inwoner in Namibië te bied, deur staatskole op te rig en in stand te hou waar primêre onderrig gratis voorsien word.
  • (3) Kinders mag nie toegelaat word om skool te verlaat voordat hulle hul primêre onderrig voltooi het of die ouderdom van sestien (16) jaar bereik het nie, wat ook al eerste mag wees, behalwe wanneer dit deur Parlementêre wetgewing gemagtig word weens gesondheidsredes of ander oorwegings in openbare belang.
  • (4) Alle persone het die reg om, op eie onkoste, private skole, kolleges of ander tersiêre onderwysinrigtings op te rig en te onderhou, mits:
    • (a) sulke skole, kolleges en tersiêre onderwysinrigtings geregistreer is by ’n Ministerie ooreenkomstig wetgewing wat sodanige registrasie magtig en reguleer;
    • (b) die standaarde wat by sulke skole, kolleges of tersiêre onderwysinrigtings gehandhaaf word nie laer is as die standaarde in ooreenstemmende skole, kolleges of tersiêre 􀁇􀁈􀁘􀁕􀀃􀁇􀁌􀁈􀀃􀀶􀁗􀁄􀁄􀁗􀀃􀁊􀁈􀃀􀁑􀁄􀁑􀁖􀁌􀁈􀁕􀀃􀁚􀁒􀁕􀁇􀀃􀁑􀁌􀁈􀀞
    • (c) geen beperkings van enige aard opgelê word met betrekking tot die toelating van leerlinge gebaseer op ras, kleur of geloofsbelydenis nie.
    • (d) geen beperkings van enige aard word opgelê met betrekking tot die werwing van personeel gebaseer op ras of kleur nie.

Artikel 21 - Fundamentele Vryhede[edit]

  • (1) Alle persone het die reg:
    • (a) tot vryheid van spraak en meningsuiting, wat persvryheid en ander mediavryhede insluit;
    • (b) tot vryheid van denke, gewete en geloof, wat akademiese vryheid in inrigtings van hoër onderwys insluit;
    • (c) tot vryheid om enige godsdiens te beoefen en om sodanige geloof prakties uit te leef;
    • (d) om vreedsaam en ongewapend byeen te kom;
    • (e) tot vryheid van assosiasie, wat insluit die vryheid om verenigings of unies te stig of daarby aan te sluit, insluitende vakbonde en politieke partye;
    • (f) om hul arbeid te weerhou sonder om blootgestel te word aan kriminele strawwe;
    • (g) om vryelik in Namibië te beweeg;
    • (h) om op enige plek in Namibië te woon en daar te vestig;
    • (i) om Namibië te verlaat en terug te keer;
    • (j) om enige beroep, ambag, handel of besigheid te beoefen.
  • (2) Die fundamentele vryhede waarna verwys word in Sub-Artikel (1), moet egter uitgeoefen word ooreenkomstig Namibiese wetgewing, waar sulke wetgewing redelike beperkinge mag plaas op die uitoefening van hierdie regte en vryhede wat ooreenkomstig genoemde Sub-Artikel verleen word, beperkinge soos wat in ’n demokratiese samelewing noodsaaklik is en in die belang van die

soewereiniteit en integriteit van Namibië, die nasionale veiligheid, openbare orde, ordentlikheid of moraliteit, of beperkinge met betrekking tot minagting van die hof, laster of aanhitsing tot ’n misdaad, vereis word.

Artikel 22 – Beperkings op Fundamentele Regte en Vryhede[edit]

Waar of wanneer ookal ooreenkomstig hierdie Grondwet enige fundamentele regte of vryhede wat in hierdie hoofstuk verleen word, toegelaat word, moet enige wet wat die beperking goedkeur:

  • (a) algemeen toegepas word, nie die wesenlike inhoud daarvan weerspreek nie, en nie gemik wees op ’n sekere indiwidu nie;
  • (b) die bepaalde omvang van so beperking in besonderhede noem 􀁖􀀃􀁌􀁇􀁈􀁑􀁗􀁌􀃀􀁖􀁈􀁈􀁕􀀃􀁚􀁄􀁄􀁕􀁒􀁓􀀃􀁇􀁌􀁈􀀃􀁐􀁄􀁊􀁗􀁌􀁊􀁌􀁑􀁊􀀃􀁒􀁐􀀃 so beperking toe te laat, berus.


Artikel 23 - Apartheid en Regstellende Aksie[edit]

  • (1) Die praktyk van rassediskriminasie en die praktyk en ideologie van apartheid, waaronder die meerderheid van die Namibiese bevolking vir so lank gely het, en propaganda vir sulke praktyke, kan deur Parlementêre wetgewing krimineel strafbaar gemaak word deur gewone howe by wyse van ’n straf wat deur die Parlement nodig geag word om die afkeer van die Namibiese bevolking uit te druk.
  • (2) Geen bepaling van Artikel (10) sal die Parlement verhinder nie om wetgewing te formuleer wat direk of indirek voorsiening maak vir die bevordering van persone in Namibië wat sosiaal, ekonomies of opvoedkundig benadeel is deur diskriminerende wette of gebruike, of vir die implementering van beleid en programme wat daarop gerig is om sosiale, ekonomiese of opvoedkundige wanbelanse in die Namibiese samelewing aan te spreek, wat veroorsaak is deur vorige diskriminerende wette of gebruike, of om ’n gebalanseerde struktuur binne die Staatsdiens, Polisiemag, Weermag en Gevangenisdiens te skep.
  • (3) Wanneer wetgewing aangeneem word en staatsbeleid en praktyke toegepas word soos in Sub-Artikel (2) beoog, is dit geoorloof om die feit in ag te neem dat Namibiese vroue tradisioneel onder besondere diskriminasie gely het en dat dit nodig is om hulle aan te moedig en in staat te stel om ’n volle, gelyke en effektiewe rol in die politieke, sosiale, ekonomiese en kulturele lewe van die nasie te speel.

Artikel 24 – Inkorting[edit]

  • (1) Geen bepaling van Artikel 26 en niks wat daarvolgens gedoen word, is onverenigbaar of strydig met hierdie Grondwet nie, der mate dit magtiging verleen om op te tree tydens enige tydperk wat Namibië in ’n staat van nasionale verdediging is of enige tydperk wanneer ’n noodtoestand ooreenkomstig die Grondwet geld.
  • (2) Indien iemand aangehou word in terme van magtiging waarna Sub-Artikel (1) verwys, geld die volgende bepalinge:
    • (a) hulle moet so gou as wat prakties en redelik moontlik is, maar in elk geval nie meer as vyf (5) dae na die aanvang van hul aanhouding nie, van ’n skriftelike verklaring wat die redes vir hulle aanhouding uiteensit in ’n taal wat hulle verstaan, voorsien word, en op hul versoek moet hierdie verklaring aan hulle voorgelees word;
    • (b) nie langer nie as veertien (14) dae na die aanvang van hulle aanhouding, moet daar ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer word waarin bevestig word dat hulle in aanhouding is en waarin besonderhede van die bepalinge van die wet waaronder hul aanhouding gemagtig word, bekend gemaak word;
    • (c) hulle sake moet deur die Adviesraad waarna in Artikel 26(5)(c) verwys word, hersien word, nie later as een (1) maand na die aanvang van hulle aanhouding nie en daarna ten tye van hul aanhouding met tussenposes van nie meer as drie (3) maande nie, wat hul vrylating uit aanhouding moet beveel indien die Raad oortuig is dat dit nie redelik noodsaaklik vir die doeleindes van die noodtoestand is om sulke persone langer aan te hou nie;
    • (d) hulle moet die geleentheid gegun word om vertoë te rig soos wat in die bepaalde geval wenslik of raadsaam mag wees, met inagneming van openbare belang en die belange van die aangehoudenes.
  • (3) Geen bepaling van hierdie Artikel mag die inkorting of opskorting van die fundamentele regte en vryhede waarna in Artikels 5, 6, 8, 9, 10, 12, 14, 15, 18, 19 en 21(1)(a), (b), (c) en (e) verwys word, of die weiering van persone se toegang tot regspraktisyns of ’n geregshof, toelaat nie.

Artikel 25 – Afdwingbaarheid van Fundamentele Regte en Vryhede[edit]

  • (1) Behalwe wanneer die Parlement of enige ondergeskikte wetgewende gesag deur die Grondwet daartoe gemagtig is, mag die Parlement of enige ondergeskikte wetgewende gesag geen wet maak nie, en mag die uitvoerende gesag en die agentskappe van die Regering geen handeling uitvoer wat die fundamentele regte en vryhede verleen ooreenkomstig hierdie hoofstuk, afskaf of inkort nie. Enige wet of handeling wat teenstrydig hiermee is, is ongeldig vir soverre dit ’n teenstrydigheid is: met dien verstande dat:
    • (a) ’n bevoegde hof, in plaas daarvan om so ’n wet of handeling ongeldig te verklaar, in ’n toepaslike geval die bevoegdheid en die diskressie kan hê om die Parlement, enige ondergeskikte wetgewende gesag, of die uitvoerende gesag en die agentskappe van die Regering, na gelang van die geval, toe te laat om enige gebreke in die aanvegbare wet of handeling binne ’n vasgestelde tyd reg te stel, onderworpe aan voorwaardes wat die hof mag voorskryf. In so geval en totdat sodanige regstelling gemaak is, of tot die verstryking van die sperdatum soos deur die hof bepaal, watter een ook al die kortste is, is sodanige aanvegbare wet of handeling geldig;
    • (b) enige wet wat van krag was onmiddellik voor die datum van Onafhanklikheid, bly van krag totdat dit gewysig, herroep of ongrondwetlik verklaar is. Indien ’n bevoegde hof van mening is dat sodanige wet ongrondwetlik is, kan die hof die wet tersyde stel of die Parlement toelaat om enige gebrek in die wet te korrigeer, in welke geval die bepalinge van Sub-Artikel (a) sal geld.
  • (2) Benadeelde persone wat beweer dat ’n fundamentele reg of vryheid wat ingevolge die Grondwet gewaarborg word, geskend of bedreig is, is geregtig om ’n bevoegde hof te nader om so reg of vryheid af te dwing of te beskerm. Die Ombudsman kan genader word om hulle met regsadvies of raad te bedien en die Ombudsman het die diskressie om, in antwoord op die versoek, regs- of ander bystand te verleen soos wat hy/sy goeddink.
  • (3) Onderworpe aan die bepalinge van die Grondwet het die hof waarna in Sub-Artikel (2) verwys word, die gesag om enige bevel te maak wat nodig en toepaslik is om te verseker dat die applikant die regte en vryhede kan geniet wat die Grondwet aan hom/haar verleen, indien die hof tot die gevolgtrekking kom dat die regte en vryhede onregmatig weerhou of geskend is, of dat goeie rede bestaan vir die beskerming van sulke regte en vryhede deur ’n interdik.
  • (4) Die bevoegdheid van die hof sluit in die magtiging om geldelike vergoeding toe te ken ten opsigte van enige skade wat die benadeelde persone gely het as gevolg van onwettige weiering of skending van hulle fundamentele regte en vryhede, indien die hof sodanige toekenning paslik beskou in bepaalde gevalle.