Grondwet van Namibië/Hoofstuk 7

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 6 Die Grondwet van Namibië, Hoofstuk 7: Die Nasionale Vergadering

deur onbekend
Grondwet van Namibië/Hoofstuk 8



Artikel 44 - Wetgewende Gesag[edit]

Die wetgewende gesag van Namibië berus by die Nasionale Vergadering met die mag om, met die toestemming van die President, wette te maak soos deur die Grondwet bepaal word, met inagneming van die magte en pligte van die Nasionale Raad soos uiteengesit in die Grondwet.

Artikel 45 - Wese van Verteenwoordiging[edit]

Die lede van die Nasionale Vergadering verteenwoordig al die mense en moet in die uitvoering van hul pligte deur die doelstellings van die Grondwet, die openbare belang en hul gewete gelei word.

Artikel 46 - Samestelling[edit]

  • (1) Die Nasionale Vergadering word as volg saamgestel:
    • (a) twee-en-sewentig (72) lede wat deur geregistreerde kiesers by wyse van ’n algemene, direkte en geheime stemming verkies word. Elke Namibiese burger wat die voorgeskrewe bevoegdheid het soos in Artikel 17 omskryf word, het die reg om tydens die verkiesing vir lede van die Nasionale Vergadering te stem en mag, met inagneming van Artikel 47, kwalifiseer om as kandidaat vir die Nasionale Vergadering te staan;
    • (b) hoogstens ses (6) persone wat deur die President aangestel word ooreenkomstig Artikel 32(5)(c), vanweë hulle spesiale kundigheid, status, vaardighede of ondervinding. Hierdie lede mag geen stemreg in die Nasionale Vergadering he nie en nie aanmerking geneem word on enige spesikiefe meerderheid te bepaal wat ooreenkomstig die Grondwet of enige ander wet vereis word nie.
  • (2) Met inagneming van die beginsels in Artikel 49, moet lede van die Nasionale Vergadering soos beskryf in Sub-Artikel (1)(a) verkies word ooreenkomstig die prosedures wat deur Parlementêre wetgewing bepaal word.

Artikel 47 - Onbevoegdheid van Lede[edit]

  • (1) Niemand mag lid van die Nasionale Vergadering word as hulle:
    • (a) ter eniger tyd ná Onafhanklikheid skuldig bevind is aan ’n onwettige oortreding binne Namibië of buite Namibië indien sulke gedrag ’n oortreding in Namibië sou wees, en waarvoor hy/sy ter dood veroordeel of gevangenisstraf toegedien is van meer as twaalf (12) maande sonder die keuse van ’n boete, tensy hulle ’n algehele kwytskelding van straf ontvang het of tensy gevangenisstraf minstens tien (10) jaar voor die datum van hulle verkiesing verstryk het; of
    • (b) ter eniger tyd voor Onafhanklikheid skuldig bevind is aan ’n onwettige oortreding en die betrokke oortreding strafbaar in Namibië ná Onafhanklikheid sou wees, waarvoor hulle ter dood veroordeel of gevangenisstraf van meer as twaalf (12) maande toegedien is, sonder die keuse van ’n boete, tensy hulle ’n algehele vrystelling van straf ontvang het of tensy die gevangenisstraf minstens tien (10) jaar vóór die datum van hulle verkiesing verstryk het: met dien verstande dat niemand wat ter dood veroordeel is of tot gevangenisstraf gevonnis is vir dade wat verband hou met die stryd om die onafhanklikheid van Namibië, onbevoeg verklaar mag word volgens hierdie Sub-Artikel om as lid van die Nasionale Vergadering verkies te word nie; of
    • (c) ongerehabiliteerde insolvente is; of
    • (d) geestelik versteur is en as versteurd deur ’n bevoegde hof verklaar is; of
    • (e) betaalde lede van die Staatsdiens van Namibië is; of
    • (f) lede van die Nasionale Raad, Streeksrade, of die Plaaslike Owerhede is.
  • (2) By die toepassing van Sub-Artikel (1):
    • (a) mag dit nie aanvaar word dat ’n persoon deur ’n hof skuldig bevind is nie alvorens enige appèl wat teen die skuldigbevinding of straf aangeteken is, beslis is, of die tyd om ’n appèl teen bepaalde skuldigbevinding aan te teken, verstryk het;
    • (b) sal die Staatsdiens die Weermag, Polisiemag, die Gevangenisdiens, ondernemings onder staatsbeheer, Streeksrade en Plaaslike Owerhede insluit.

Artikel 48 - Ontruiming van Setel[edit]

  • (1) Lede van die Nasionale Vergadering moet hul setels ontruim:
    • (a) as hulle nie meer oor die bekwaamhede beskik wat hulle geskik maak om lede van die Nasionale Vergadering te wees nie;
    • (b) as die politieke party wat hulle genomineer het om ’n setel in die Nasionale Vergadering te beklee, die Speaker in kennis stel dat lede nie meer lede van sodanige politieke party is nie;
    • (c) as hulle die Speaker skriftelik van hul bedanking uit hul setels in kennis stel;
    • (d) as hulle deur die Nasionale Vergadering ontslaan word omdat die Reglement van Orde sodanige ontslag vir goeie en genoegsame redes toelaat of vereis;
    • (e) as hulle gedurende sittings van die Nasionale Vergadering vir tien (10) opeenvolgende sittingsdae uit die Nasionale Vergadering afwesig is sonder om die nodige spesiale verlof van die Nasionale Vergadering te verkry soos gespesifiseer in die Reglement van Orde.
  • (2) As die setel van ’n lid van die Nasionale Vergadering ontruim word ingevolge Sub-Artikel (1), mag die politieke party wat sodanige lid genomineer het om hulle in die Nasionale Vergadering te verteenwoordig, die pos vul deur enige persoon op die party se verkiesingslys, wat vir die vorige algemene verkiesing saamgestel is, te nomineer, of indien daar geen geskikte persoon is nie, deur enige lid van die party te nomineer.

Artikel 49 - Verkiesing[edit]

Die verkiesing van kandidate ingevolge Artikel 46(1)(a) sal ooreenkomstig partylyste plaasvind en in ooreenstemming met die beginsels van proporsionele verteenwoordiging soos vereis word in Skedule 4.

Artikel 50 - Termyn[edit]

Elke Nasionale Vergadering moet vir ’n maksimum tydperk van vyf (5) jaar dien, maar dit kan voor die verstryking van sy termyn deur ’n Proklamasie van die President, soos in Artikels 32(3)(a) en 57(1) bepaal, ontbind word.

Artikel 51 - Speaker[edit]

  • (1) Tydens die eerste sitting van die nuwe Nasionale Vergadering, moet die Vergadering onder voorsitterskap van die Sekretaris, ’n ander lid as Speaker verkies. Die Nasionale Vergadering sal ook nog ’n ander lid as Adjunk-Speaker kies. Die Adjunk-Speaker sal as Speaker optree wanneer die Speaker nie beskikbaar is nie.
  • (2) Die Speaker of Adjunk-Speaker moet sy/haar posisie opsê as hy/sy ophou om ’n lid van die Nasionale Vergadering te wees. Die Speaker kan by wyse van ’n resolusie van die Nasionale Vergadering uit die amp onthef word of hy/sy kan uit die amp of uit die Nasionale Vergadering bedank deur ’n bedankingsbrief aan die Sekretaris van die Nasionale Vergadering te oorhandig.
  • (3) Wanneer die amp van Speaker of Adjunk-Speaker vakant word, moet ’n lid van die Nasionale Vergadering verkies word om die pos te vul.
  • (4) Die Nasionale Vergadering, onder voorsitterskap van die Sekretaris, verkies ’n lid van die Nasionale Vergadering om as Speaker waar te neem wanneer die Speaker of die Adjunk-Speaker nie beskikbaar is nie.

Artikel 52 - Sekretaris en ander Beamptes[edit]

  • (1) Met inagneming van die bepalinge van die wette van toepassing op die Staatsdiens en die riglyne van die Nasionale Vergadering, moet die Speaker iemand aanstel (of iemand in die Staatsdiens aanwys wat beskikbaar is vir hierdie doel) as Sekretaris van die Nasionale Vergadering, wat die funksies en pligte moet uitvoer soos deur die Grondwet bepaal word en deur die Speaker aan hom/haar voorgeskryf word.
  • (2) Met inagneming van die wette wat die beheer oor openbare fondse reguleer, moet die Sekretaris sy/haar funksies en pligte onder toesig van die Speaker uitvoer.
  • (3) Staatsamptenare moet aan die Nasionale Vergadering beskikbaar gestel word om die Sekretaris by te staan.

Artikel 53 - Kworum[edit]

Die teenwoordigheid van minstens sewe-en-dertig (37) stemgeregtigde lede van die Nasionale Vergadering, met uitsondering van die Speaker of die voorsittende lid, word benodig as kworum om ’n vergadering van die Nasionale Vergadering saam te stel vir die uitoefening van sy pligte en die uitvoer van sy werksaamhede.

Artikel 54 - Beslissende Stem[edit]

Die Speaker of Adjunk-Speaker of die voorsittende lid het ’n beslissende stem en kan dit gebruik in die geval van ’n staking van stemme in die Nasionale Vergadering.

Artikel 55 - Eed of Bevestiging[edit]

’n Eed of plegtige verklaring moet deur elke lid van die Nasionale Vergadering in die teenwoordigheid van die Hoofregter of ’n Regter wat deur die Hoofregter vir die doel aangewys is, afle en onderteken word volgens die bewoording in Skedule 3.

Artikel 56 - Goedkeuring van Wetsontwerpe[edit]

  • (1) Elke wetsontwerp wat deur die Parlement aangeneem word om volgens die Grondwet status as ’n wet van die Parlement te verkry, moet toestemming van die President ontvang wat op sy beurt die wetsontwerp onderteken en bekend maak deur publikasie van die wet in die Staatskoerant.
  • (2) Die President is verplig om ’n wetsontwerp goed te keur wanneer dit deur ’n twee-derde meerderheid van alle lede van die Nasionale Vergadering aangeneem is en deur die Nasionale Raad bekragtig is.
  • (3) Wanneer ’n wetsontwerp deur ’n meerderheid van die lede van die Nasionale Vergadering aangeneem word, maar die meerderheid bestaan uit minder as twee-derdes van alle lede van die Nasionale Vergadering, en die wetsontwerp wel deur die Nasionale Raad bekragtig is, maar die President weier om die wetsontwerp goed te keur, moet die President sy/haar verskil van mening aan die Speaker openbaar.
  • (4) Indien die President weier om ’n wetsontwerp ooreenkomstig Sub-Artikel (3) goed te keur, kan die Nasionale Vergadering die wetsontwerp heroorweeg, en indien die Nasionale Vergadering so besluit, sal die wetsontwerp aangeneem word in die vorm waarin dit terugverwys is, of in ’n veranderde vorm, of die Nasionale Vergadering kan weier om die wetsontwerp aan te neem. Indien die wetsontwerp deur ’n meerderheid van die Nasionale Vergadering aangeneem word, hoef die Nasionale Raad dit nie goed te keur nie maar, indien die meerderheid uit minder as twee-derdes van alle lede van die Nasionale Vergadering bestaan, behou die President sy/haar mag om nie toestemming tot die wetsontwerp te gee nie. Indien die President nie die wetsontwerp goedkeur nie, sal dit verval.

Artikel 57 - Ontbinding[edit]

  • (1) Die President mag die Nasionale Vergadering, op aanbeveling van die Kabinet, ontbind, indien die Regering nie in staat is om doeltreffend te regeer nie.
  • (2) Indien die Nasionale Vergadering ontbind word, moet ’n nasionale verkiesing vir ’n nuwe Nasionale Vergadering en vir ’n nuwe President binne ’n tydperk van negentig (90) dae van die datum van ontbinding gehou word.

Artikel 58 - Verrigting van Werksaamhede na Ontbinding[edit]

Ondanks die bepalings van Artikel 57:

  • (a) moet elke persoon wat op die dag van die ontbinding van die Nasionale Vergadering ’n lid is, aanbly as lid en die bevoegdheid behou om die werksaamhede van ’n lid uit te voer tot en met die dag, onmiddellik voor die eerste stemdag van die verkiesing, wat ingevolge die ontbinding gehou word;
  • (b) het die President die mag om die Parlement byeen te roep vir die uitvoering van werksaamhede gedurende die tydperk wat volg op die ontbinding, tot en met die dag onmiddellik voor die eerste stemdag van die verkiesing wat as gevolg van die ontbinding gehou word. Op dieselfde manier en in alle opsigte asof die ontbinding nooit plaasgevind het nie.

Artikel 59 - Reëls van Prosedures, Komitees en Reglement van Orde[edit]

  • (1) Die Nasionale Vergadering kan prosedurereëls maak om sy funksies en werksaamhede te verrig. Dit kan ook reëls saamstel vir die daarstelling, funksionering en prosedures van komitees en die formulering van die Reglemente van Orde, soos wat vir die Vergadering wenslik en noodsaaklik is.
  • (2) Die Nasionale Vergadering moet in sy Prosedurereëls voorsiening maak vir die openbaarmaking van besonderhede wat betrekking het op die finansies of besigheidsbelange van sy lede soos wat die Vergadering nodig mag vind.
  • (3) Vir die doeleindes van die uitoefening van sy magte en die uitvoering van sy pligte, het enige komitee van die Nasionale Vergadering, wat volgens Sub-Artikel (1) ingestel word, die mag om persone te dagvaar om voor die Komitee te verskyn, getuienis onder eed af te lê en om enige toepaslike dokumente voor te lê wat deur die Komitee vereis word.

Artikel 60 - Pligte, Voorregte en Immuniteite van Lede[edit]

  • (1) Die pligte van die lede van die Nasionale Vergadering is as volg:
    • (a) Dat alle lede van die Nasionale Vergadering altyd waardig en voorbeeldig die eerbare beeld van die Nasionale Vergadering tydens sittings uitdra, asook tydens hul funksies en aktiwiteite buite die Nasionale Vergadering;
    • (b) dat alle lede van die Nasionale Vergadering hulself moet sien as verteenwoordigers van die mense van Namibië en hulle weerhou van enige onbehoorlike optrede soos deur hulself te verryk of om hulle van die mense te vervreem.
  • (2) ’n Private wetsontwerp kan deur ’n lid by die Nasionale Vergadering ingedien word, indien dit deur een-derde meerderheid van alle lede van die Nasionale Vergadering ondersteun word.
  • (3) Reëls, wat voorsiening maak vir die voorregte en onaantasbaarheid van lede van die Nasionale Vergadering, moet deur wetgewing van die Parlement gemaak word en alle lede moet geregtig wees op die beskerming van hierdie bepaalde reëls.

Artikel 61 - Openbare Toegang tot Sittings[edit]

  • (1) Alle vergaderings van die Nasionale Vergadering moet soos voorgeskryf in die openbaar gehou word, met uitsondering van situasies soos aanbeveel in Sub-Artikel (2) en lede van die publiek moet vrye toegang tot vergaderings hê.
  • (2) Die Nasionale Vergadering kan ’n mosie instel, wat toegang tot lede 􀀋􀀔􀀌􀀏􀀃􀁙􀁌􀁕􀀃􀁖􀁓􀁈􀁖􀁌􀃀􀁈􀁎􀁈􀀃􀁗􀁜􀁇􀁓􀁈􀁕􀁎􀁈􀀃 of sake. So’n mosie moet egter deur ’n twee-derde meerderheid van al sy lede ondersteun word. Die mosie mag net oorweeg word as dit gesteun word deur minstens ’n tiende van al die lede van die Nasionale Vergadering. Lede van die publiek mag nie by hierdie debat teenwoordig wees nie.

Artikel 62 - Sittings[edit]

  • (1) Die Nasionale Vergadering moet vergadering hou:
    • (a) in die normale plek van samekoms soos deur die Nasionale Vergadering bepaal, tensy die Speaker, op grond van openbare belang, veiligheid of gerief, anders sou reël;
    • (b) vir minstens twee (2) sittings elke jaar, op datums wat van tyd tot tyd deur die Nasionale Vergadering vasgestel word;
    • (c) vir spesiale sittings soos van tyd tot tyd deur Proklamasie deur die President vereis word.
  • (2) Sittingstye van die Nasionale Vergadering word bepaal volgens die reëls en Reglement van Orde van die Nasionale Vergadering.
  • (3) Die President kan die aanvangsdag van enige sittings van die Nasionale Vergadering deur Proklamasie verander, indien hy/sy deur die Speaker, met in agneming van openbare belang of 􀁇􀁖􀁋􀁄􀁏􀁚􀁈􀀏􀀃􀁊􀁈􀁙􀁕􀁄􀀃􀁚􀁒􀁕􀁇􀀃􀁒􀁐􀀃􀁇􀁌􀁗􀀃􀁗􀁈􀀃􀁇􀁒􀁈􀁑􀀑􀀃

Artikel 63 - Werksaamhede en Bevoegdhede[edit]

  • (1) Die Nasionale Vergadering, as die belangrikste wetgewende gesag in en oor Namibië, het, met in agneming van die Grondwet, die mag om vrede, orde en goeie regering in die land te handhaaf deur wette te maak en te herroep in die beste belang van die mense van Namibië.
  • (2) Die Nasionale Vergadering het verder die bevoegdheid en plig, met inagneming van die Grondwet:
    • (a) om vir die doeltreffende bestuur en administrasie van die land, begrotings goed te keur;
    • (b) om voorsiening te maak vir inkomste en belasting;
    • (c) om stappe te neem, soos wat die Nasionale Vergadering goeddink om die Grondwet en wette van Namibië te gehoorsaam, af te dwing en om die doelstellings van Namibiese Onafhanklikheid te bevorder;
    • (d) om die voortsetting te oorweeg van internasionale ooreenkomste, wat voor Onafhanklikheid deur administrasies binne Namibië gesluit is en waarin die meerderheid van die Namibiese mense histories nie demokratiese verteenwoordiging en deelname geniet het nie;
    • (e) om te besluit oor die bekragtiging van of toetreding tot internasionale ooreenkomste wat ooreenkomstig Artikel 32(3)(e) beding en onderteken is;
    • (f) om verslae van die werksaamhede van die uitvoerende gesag, insluitende ondernemings wat deur die Staat beheer word, te ontvang en om van tyd tot tyd senior amptenare te versoek om voor enige van die komitees van die Nasionale Vergadering te verskyn om verantwoording te doen oor sy/haar bedrywighede en programme;
    • (g) om’n referendum oor aangeleenthede van nasionale belang voor te stel, goed te keur of ’n besluit te neem;
    • (h) om enige aangeleentheid waaroor die President ingevolge die Grondwet gesag het om te behartig, te debateer en om die President daaroor te adviseer;
    • (i) om oplettend en ferm te bly om te verseker dat die teistering van apartheid, die onderlinge diskriminasie van stamme en kolonialisme nie weer in enige gedaante in ’n vry en onafhanklike Namibië voorkom nie. Ook, om benadeelde burgers van Namibië, wat histories die slagoffers van hierdie sieklike stelsels was, te beskerm en by te staan;
    • (j) om oor die algemeen enige ander funksies en bevoegdhede wat deur die Grondwet of enige ander wet aan die Vergadering opgedra is, asook enige ander toevallige funksies wat daarmee verband hou, uit te oefen.

Artikel 64 - Weerhouding van Presidensiële Goedkeuring[edit]

  • (1) Met inagneming van die bepalinge van die Grondwet is die President geregtig om sy/haar goedkeuring van ’n wetsontwerp, wat deur die Nasionale Vergadering aanvaar is, te weerhou, met veronderstelling dat die wetsontwerp, na die President se mening, by aanvaarding strydig met die bepalinge van die Grondwet sou wees.
  • (2) Indien die President sy/haar goedkeuring weerhou op grond van so ’n mening, moet hy/sy die Speaker in kennis stel, wat dan die Nasionale Vergadering daarvan in kennis stel, asook die Prokureur-Generaal, wat dan die nodige stappe kan neem om die aangeleentheid vir beslissing voor ’n bevoegde hof te lê.
  • (3) Indien sodanige hof sou beslis dat sodanige wetsontwerp nie strydig met die bepalinge van hierdie Grondwet is nie, moet die President genoemde wetsontwerp goedkeur mits dit deur ’n tweederde meerderheid van al die lede van die Nasionale Vergadering aangeneem is. Indien die wetsontwerp nie met so ’n meerderheid aangeneem is nie, kan die President sy/haar goedkeuring weerhou, in welke geval die bepalinge van Artikel 56(3) en (4) van toepassing is.
  • (4) Indien die bevoegde hof sou beslis dat die betwiste wetsontwerp strydig met enige bepaling van die Grondwet is, verval die wetsontwerp en die President mag dit nie goedkeur nie.

Artikel 65 - Ondertekening en Registrasie van Wette[edit]

  • (1) Wanneer enige wetsontwerp ’n wet van die Parlement geword het deurdat die Parlement dit aangeneem het en dit deur die President onderteken en in die Staatskoerant gepubliseer is, moet die Sekretaris van die Nasionale Vergadering, sonder versuim, twee (2) skoon eksemplare van sodanige wet in die Engelse taal, by die kantoor van 􀁄􀁖􀀑􀀃􀀃􀀶􀁒􀁇􀁄􀁑􀁌􀁊􀁈􀀃􀁈􀁎􀁖􀁈􀁐􀁓􀁏􀁄􀁕􀁈􀀃 sal as afdoende bewys van die bepalinge van die wet dien.
  • (2) Die publiek het die reg van toegang tot sodanige eksemplare, egter onderworpe aan enige regulasies wat die Parlement mag voorskryf om die duursaamheid van genoemde eksemplare en die gerief van 􀁇􀁌􀁈􀀃􀀪􀁕􀁌􀁉􀃀􀁈􀁕􀀃􀁖􀁈􀀃􀁓􀁈􀁕􀁖􀁒􀁑􀁈􀁈􀁏􀀃􀁗􀁈􀀃􀁅􀁈􀁖􀁎􀁈􀁕􀁐􀀑􀀃

Artikel 66 - Gewoontereg en Gemenereg[edit]

  • (1) Sowel die gewoontereg en die gemenereg van Namibië, wat op die dag van Onafhanklikheid van krag is, bly geldig tot die mate waarin sodanige gewoontereg of gemenereg nie strydig met die Grondwet of enige ander statutêre verordening is nie.
  • (2) Onderworpe aan die bepalinge van hierdie Grondwet, kan enige deel van sodanige gewoontereg of gemenereg deur Parlementêre wetgewing herroep of gewysig word, en die toepassing daarvan kan 􀀃􀁙􀁄􀁑􀀃􀀱􀁄􀁐􀁌􀁅􀁌􀁳􀀃􀁒􀁉􀀃􀁗􀁒􀁗􀀃􀁖􀁓􀁈􀁖􀁌􀃀􀁈􀁎􀁈􀀃􀁗􀁜􀁇􀁓􀁈􀁕􀁎􀁈􀀑􀀃

Artikel 67 - Vereiste Meerderhede[edit]

Onderworpe aan die bepalinge van die Grondwet, kan enige wetsontwerp of besluit deur ’n eenvoudige meerderheid van die stemme uitgebring in die Nasionale Vergadering, aanvaar word.