Loeloeraai/Die Twee Susters

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Vaarwel Loeloeraai
Die Twee Susters
deur C. J. Langenhoven
Aanhangsel


Die Twee Susters[edit]

Uit die hemel daar ver
Skyn die aandster . . .
O ster van liefde, stuur ons raad –
Die aarde is woes van wrok en haat!
O ster van heerlikheid, stuur ons lig –
Daar’s skaduwees voor ons aangesig!
Uit die weste kom ’n bode aan . . .
Maar die aandster is tot niet gegaan,
In die sonneglorie verlore . . .
Ons wag met hoop op ’n verre môre –
En opnuut word die glans in die ooste ontsteek:
Waar die daeraad breek,
Uit die hemel van ver,
Skyn die môrester.
O bode, kondig jou boodskap nou aan!
En hy gee sy boodskap van ver vandaan:


Op my suster wat wag
Vir die donker nag,
Skyn ek van ver –
Ek, die aandster.
Op my suster wat wag
Vir die lig van die dag,
Skyn ek van ver –
Ek, die môrester.
En op my van ver
Skyn sy, my suster, die aardester,
Met bestendige prag
Deur die ganse nag.
Ook my ontbreek alle eie krag:
Ons albei blink maar van sonneprag.