Oom Gert vertel en ander gedigte/Die ou Meul

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
In die Konsentrasiekamp Oom Gert vertel en ander gedigte
Die ou Meul
deur C. Louis Leipoldt
Kleingelowige


Die ou Meul.

Rol, rol, ou wiel, en spat die skuim
        Rond om die eende in die sluis!
Die water kom van bo die berg
        Om in die meulstroom hier te bruis.

Twee groot pop'liere skadu jou,
        Ou wiel; en as die winter kom,
Dan val die blare om jou as
        En bewe, as jou speke brom.

Want nimmer het jy lang tyd rus:
        Jy werk aldag en maak geraas.
Dof in my ore klink jou stem:
        Ek hoor, hoe jy die water blaas.

Dis al 'n jaar of dertig so—
        Toe het ek eers jou stem gehoor—
'n Donker Meidag met 'n lug
        Half toe, met wolke hoog daaroor;

Die ou pop'liere was nog kaal;
        Die winter, ag, was lankal daar,
En op die berge was kapok:
        Ja, dit was bitter koud en naar!

Ek het gekoes, verkluim van kou,
        Maar jy het altyddeur gesing,
En al die ys daar in die sluis
        Het jou nie van jou stuk gebring,