Loeloeraai/Toewyding

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Inhoud Loeloeraai
Toewyding
deur C. J. Langenhoven
Voorwoord


Toewyding[edit]

Aan wie sal ek hierdie boek opdra ? Hy handel oor ’n wese wat nie ’n mens is nie, wat hoër as ’n mens staan – ’n onbereikbare meerdere.
Ek dink ek sal na die teenoorgestelde uiterste gaan – en dan sal ek nie vér hoef te soek nie. Ek het lange jare gelede ’n vriend verloor – ’n vriend wat ek liefhad en wat my liefhad. Ek sal hom seker nooit weer sien in der ewigheid nie; maar in der ewigheid sal ek hom nooit vergeet nie. Nou nog, ná al die jare, gaan daar nie ’n dag om nie of sy beeld kom voor my en ek treur oor hom. Vir hom was ek die meerdere – ’n Loeloeraai van ’n hoër bestaan. Vir my was hy die uiterste volmaaktheid wat ek op die aarde aangetref het, van liefde en trou en deug. En ek het hom verloor, en ek verlang, verlang, verlang . . .
Aan sy nagedagtenis dan dra ek hierdie werkie op:

AAN DIE NAGEDAGTENIS VAN
MY VRIEND EN HOND
JAKHALS