F.A.K.-Volksangbundel/Voorwoord

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Titelblad F.A.K.-Volksangbundel
Voorwoord
deur Redaksiekomitee van die F.A.K.
Inleiding


VOORWOORD BY DIE DERDE DRUK

Dit sou onverstaanbaar wees, as in die uitgawe van die F.A.K.-Volksangbundel wat in 1940 verskyn, geen weerklank sou gevind word van wat in 1938 die hele volk tot in sy diepste siel geroer het nie.

Dis die verklaring van die Eeufeesliedere wat opgeneem is en van ander byvoegings wat, soos ons verwag, 'n hartlike verwelkoming sal belewe.

Die Eeufeesliedere verskyn in hierdie uitgawe heel aan die begin onder nummers 1 tot 14. Die orige groepe is belangrik uitgebrei, o. a. met 'n groot aantal toonsettings van A. G. Visser en ander bekende digters se liedere.


DIE REDAKSIE.


Mei 1940.