F.A.K.-Volksangbundel/Inleiding

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Voorwoord F.A.K.-Volksangbundel
Inleiding
deur Redaksiekomitee van die F.A.K.
Hoe vir 'n sekere geleentheid 'n gepaste lied te vind


INLEIDING

Hierdie bundel verskyn in opdrag van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Dit wil graag die opvolger wees van dr. N. Mansvelt se "Hollands-Afrikaanse Liederbundel" en Mej. Joan van Niekerk se "Groot Afrikaanse-Hollandse Liederbundel" wat respektiewelik in 1907 en 1927 verskyn het.

Die genoemde bundels het in baie hoë mate meegewerk om die nasionale lied in die Afrikaanse volkslewe die plek te laat inneem, waarop dit aanspraak maak. Dr. Mansvelt en mej. Van Niekerk het daarmee 'n onvergeetlike diens aan die volk bewys.

Uit die 78 liedere in die twee bundels het ons sowat 28 onder ons 314 oorgeneem. Dr. Mansvelt het destyds die verwagting uitgespreek, "dat daar genoeg poësie en sanglus in die Afrikaanse volk aanwesig sal wees om 'n ander bundel voort te bring."

Gelukkig het die volksiel wat in 'n moeisame proses groei, homself hoe langer hoe duideliker bewus geword. Hierdie nuwe bundel wil die volksiel se wasdom, drang en sy uitbreiding vertolk. Mag die ondefinieerbare element - die krag en geur van die Suiderland se bloed en bodem - tasbaar hierin gevind en deurvoel word, dan sal die volk dit aan die hart druk en dit as sy eie aanneem.

Ons erken met dank die belangstelling en die medewerking van die Afrikaanse Studentebond (A.S.B.), later omgevorm in die Afrikaanse Nasionale Studentebond, wat hom gedurende die jare 1929-1930 toegelê het op die versameling van liedere vir 'n volksliederbundel en wat toe in 1931 die werk aan die F.A.K. oorgedra het. In besonder wil ons hier ook noem dr. C. F. Visser se bundel "Ou Liefde roes nie" en dr. H. Gutsche se vier "Dageraadbundels" vir Laer- en Hoërskole (uitgegee deur die firma J. H. de Bussy) asook die Stellenbossche Studenteliederbundel.

Drie wense vergesel hierdie "Volksangbundel":

(a) Dat die liedere tot verruiming en veredeling van die lewe en tot waardering van al wat skoon is, mag bydra;
(b) dat hulle sal help om die gevoel van saamhorigheid onder Afrikaners te versterk; juis daarom is sowat 275 van die liedjies vir saamsing bereken;

(c) dat ons in die toekoms in skool, huis en vereniging, by samekomste, funksies en feeste 'n uitgebreider gebruik van ons eie liedere sal maak en dat oor die algemeen veel meer en met 'n opgewekter sanglus gesing sal word, want in die verlede het ons as Afrikaners veels te min en nie met genoeg geesdrif gesing nie.

Vir bereidwillig-verleende toestemming om gedigte te mag oorneem betuig ons ons hartlike dank aan: drr. C. L. Leipoldt, A. D. Keet, G. Mes, C. F. Visser, D. F. Malherbe, I. D. du Plessis, B. A. de Wet, mev. dr. Gerdener vir gedigte van A. G. Visser, mej. Goldblatt as eksekutrise van C. J. Langenhoven se Letterkundige Nalatenskap, prof. J. F. E. Celliers, prof. C. M. van den Heever, mev. Nico Hofmeyr, advv. H. A. Fagan en Toon van den Heever; mejj. E. Bosman, E. Louwrens, Jac. Joubert, Kath. Botha en die here P. H. Langenhoven, P. I. Hoogenhout, F. J. Eybers, D. F. Viljoen, A. D. E. Gutsehe, P. J. Kloppers, Th. W. Jandrell, F. J. Weideman, ds. Baumbach, en aan die redaksies van "Die Huisgenoot", en "Die Afrikaanse Kind".

Dit verskaf ons ook groot genoeë om ons opregte dank uit te spreek teenoor reeds meer-bekende Afrikaner-komponiste en 'n aantal jongeres van wie daar nou hul eerstelinge verskyn. Ons noem: W. Spiethoff, P. K. de Villiers, S. le R. Marais, Hans Endier, jan Bouws, S. C. de Villiers, Gerrit Bon, R. J. Eyssen, H. M. van der Westhuysen, H. Meerkotter, Benediktus Kok, W. Pickerill, Lange, P. J. Lemmer, D. H. Cilliers, mejj. Doris Beyers, Cora Ilsley.

Aan prof. dr. W. Arndt wil ons 'n spesiale woord van dank uitspreek vir sy belangstelling en praktiese raadgewing en aan mev. H. Koen-Hofmeyr vir verleende hulp by die tonic-solfa notasie.

Ons het in al die gevalle probeer om in verbinding te kom met eienaars van kopiereg wat musiek en woorde betref; as ons in een of ander geval nie daarin geslaag het nie, vra ons om verskoning. In die volgende uitgawe salons dit graag in orde wil bring.

Weens onversorgdheid van teks en musiek kon tot ons leedwese sommige van die ingesonde materiaal nie gebruik word nie.

Opbouende kritiek sal met dank ontvang word.

Namens die F.A.K.:

N. J. v. D. MERWE, Voorsitter.
I. M. LOMBARD, Alg. Sekretaris.
1937.

Namens die Redaksie-Kommissie:

HUGO GUTSCHE.
EITEMAL.
S. H. EYSSEN.