Die prosa van die twede Afrikaanse beweging/Voorwoord

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Titelblad Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
Voorwoord
deur Pieter Cornelis Schoonees
Inhoud


vii
VOORWOORD


Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is dit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde Prinsen, my geagte promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my dissertasie veel te danke het

Ook aan U, hooggeleerde Boer, Brugmans en Stoett wens ek my opregte dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en historiese wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my studie getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan U, hooggeleerde Six, Swaen en Scholte betuig ek ook my erkentelikheid.

Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek baie op prys stel.

Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheek en by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, is ek veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank van Zuid-Afrika vir opestelling van hul argief.

Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou Spier, die heer J. Ingwersen Sr., mevrou Schaberg-Kemink en die famielie Nierkens aan my en my gesin in die tyd van die groot woningnood 'n rustige woon- en studeerplekkie gegee. Dat ons dit ten hoogste waardeer, spreek vanself. Sonder die daadwerklike steun van die Unie-regering en die Herman-Coster-Fonds sou ek my studie nie kon voltooi het nie. Aan almal ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan ons Hollandse vriende, wat soveel gedoen het om ons verblyf hier te veraangenaam deur hul gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steeds met raad en daad by te staan. In die sonnige suide sal die glimlag van hul vriendskap nie vergeet word nie!