Wet op outeursreg 98 van 1978/Hoofstuk 4

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Hoofstuk 3 Wet op outeursreg 98 van 1978
Hoofstuk 4
Uitbreiding of beperking van toepassing van wet
deur Regering van Suid-Afrika
Hoofstuk 5


HOOFSTUK 4
UITBREIDING OF BEPERKING VAN TOEPASSING VAN WET (aa 37-38)


37 Toepassing van Wet op lande wat nie daaronder val nie


(1) Die Minister kan by kennisgewing in die Staatskoerant bepaal dat enige in die kennisgewing vermelde bepaling van hierdie Wet in die geval van 'n aldus vermelde land van toepassing is-


(a) met betrekking tot letterkundige, musiek of artistieke werke, rekenaarprogramme, rolprente, klankopnames en gepubliseerde uitgawes vir die eerste keer gepubliseer in daardie land, net soos dit van toepassing is met betrekking tot letterkundige, musiek-of artistieke werke, rekenaarprogramme, rolprente, klankopnames en gepubliseerde uitgawes vir die eerste keer gepubliseer in die Republiek;


[Par. (a) vervang by a. 13 van Wet 52 van 1984 en by a. 29 (a) van Wet 125 van 1992.]


(b) met betrekking tot persone wat op 'n ter sake dienende tydstip burgers of onderdane van daardie land is, net soos dit van toepassing is met betrekking tot persone wat op so 'n tydstip Suid-Afrikaanse burgers is;


(c) met betrekking tot persone wat op 'n ter sake dienende tydstip in daardie land gedomisilieer of woonagtig is, net soos dit van toepassing is met betrekking tot persone wat op so 'n tydstip in die Republiek gedomisilieer of woonagtig is;


(d) met betrekking tot liggame wat ingevolge die wette van daardie land met regspersoonlikheid beklee is, net soos dit van toepassing is met betrekking tot liggame wat ingevolge die wette van die Republiek met regspersoonlikheid beklee is;


(e) met betrekking tot uitsendings gedoen en programdraende seine uitgesend na 'n satelliet vanaf plekke in daardie land net soos dit van toepassing is met betrekking tot uitsendings gedoen en programdraende seine uitgesend na 'n satelliet van 'n plek in die Republiek.


[Par. (e) vervang by a. 29 (b) van Wet 125 van 1992.]


(2) 'n Kennisgewing ingevolge hierdie artikel kan bepaal-


(a) dat enige daarin vermelde bepalings van toepassing is onderworpe aan die uitsonderings of wysigings in die kennisgewing vermeld;


(b) dat bedoelde bepalings aldus van toepassing is òf in die algemeen òf met betrekking tot werke binne die kategorie of tot die klasse van gevalle wat aldus vermeld word.


(3) Geen kennisgewing word ingevolge hierdie artikel uitgevaardig nie ten opsigte van 'n land wat nie 'n party is by 'n konvensie met betrekking tot outeursreg waarby die Republiek ook 'n party is nie, tensy die Minister oortuig is dat daar ten opsigte van die werke binne die kategorieë waarop die kennisgewing betrekking het, voorsiening ingevolge die wette van daardie land bestaan of gemaak sal word waardeur voldoende beskerming aan eienaars van outeursreg ingevolge hierdie Wet verleen sal word.


38 ......


[A. 38 herroep by a. 30 van Wet 125 van 1992.]