Wet op outeursreg 98 van 1978/Bylae

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Hoofstuk 5 Wet op outeursreg 98 van 1978
Bylae
deur Die regering van Suid-Afrika


Bylae


No en jaar van Wet

Titel

In hoeverre herroep

Wet 63 van 1965

Wet op Outeursreg, 1965

Die geheel, behalwe artikel 46

Wet 56 van 1967

Wysigingswet op Outeursreg, 1967

Die geheel

Wet 75 van 1972

Wysigingswet op Outeursreg, 1972

Die geheel

Wet 64 van 1975

Wysigingswet op Outeursreg, 1975

Die geheel



WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 56 VAN 1980


[GOEDGEKEUR OP 5 MEI 1980] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 23 MEI 1980]


(Engelse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, ten einde te bepaal dat oorspronklikheid 'n vereiste vir outeursreg in elke werk is; sekere bepalings wat op 'n werk van toepassing is, ook op 'n wesenlike deel van dié werk van toepassing te maak; 'n verspreidingsdiens nader te omskryf vir sekere doeleindes; die omstandighede waaronder die reproduksie van 'n werk toelaatbaar is, nader te omskryf; eiendomsreg op outeursreg te bepaal; en sekere teksveranderings aan te bring; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.


1 Wysig artikel 1 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (2A) in te voeg.


2 Wysig artikel 2 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan; en paragraaf (b) vervang subartikel (2).


3 Wysig artikel 6 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan; en paragraaf (b) vervang paragraaf (e).


4 Wysig artikel 7 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan; en paragraaf (b) vervang paragraaf (d).


5 Wysig artikel 8 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan; en paragraaf (b) vervang paragraaf (d).


6 Vervang artikel 9 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


7 Wysig artikel 10 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan, te vervang.


8 en 9 Vervang onderskeidelik artikels 13 en 21 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


10 Kort titel


Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1980.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 66 VAN 1983


[GOEDGEKEUR OP 20 MEI 1983] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 17 OKTOBER 1983]
(Tensy anders vermeld)



(Engelse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, met betrekking tot sekere woordomskrywings; ten einde outeursreg in sekere artistieke werke waarvan driedimensionele reproduksies aan die publiek beskikbaar gestel is, te beperk; die bewys van sekere feite in gedinge uit hoofde van sekere bepalings van genoemde Wet ingestel, te vergemaklik; verdere voorsiening te maak vir die reëling en beheer van die verspreiding, opvoering, uitvoering of vertoning van werke sonder die toestemming van die eienaar van die outeursreg; en voorsiening te maak vir die reëling en beheer van die reprodusering of aanwending van sekere artistieke werke sonder die toestemming van die eienaar van die outeursreg; en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak.


1 Wysig artikel 1 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang paragraaf (c) van die omskrywing van "artistieke werk"; paragraaf (b) vervang die omskrywing van "Minister"; paragraaf (c) voeg paragraaf (c) by die omskrywing van "reproduksie"; en paragraaf (d) vervang die omskrywing van "tekening".


2 Wysig artikel 15 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (3A) in te voeg.


3 Wysig artikel 26 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (8) by te voeg.


4 Vervanging van artikel 45 van Wet 98 van 1978


Artikel 45 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang:


"45 Reëling en beheer van verspreiding, opvoering, uitvoering of vertoning van werke


(1) Ondanks andersluidende bepalings van hierdie Wet kan die Minister die regulasies uitvaardig wat hy nodig ag met betrekking tot die verspreiding, opvoering, uitvoering of vertoning van enige werk.


(2) Sodanige regulasies kan aan 'n daarin vermelde persoon die bevoegdheid verleen om die verspreiding, opvoering, uitvoering of vertoning van so 'n werk te verbied of om die verspreiding, opvoering, uitvoering of vertoning daarvan te magtig op die voorwaardes in daardie regulasies uiteengesit.


(3) Die verspreiding, opvoering, uitvoering of vertoning van 'n werk ingevolge magtiging kragtens sodanige regulasies verleen, maak nie 'n skending van die outeursreg in sodanige werk uit nie, maar die eienaar van die outeursreg word nie daardeur enige reg wat hy mag gehad het om 'n redelike vergoeding te verkry, wat by ontstentenis van ooreenkoms by arbitrasie bepaal word, ontneem nie.".


[Datum van inwerkingtreding van a. 4: sal geproklameer word.]


5 Invoeging van artikel 45A in Wet 98 van 1978


Die volgende artikel word hierby in die Hoofwet na artikel 45 ingevoeg:


"45A Reëling en beheer van die reprodusering of aanwending van artistieke werke


(1) Ondanks andersluidende bepalings van hierdie Wet kan die Minister regulasies uitvaardig wat hy nodig ag met betrekking tot die reprodusering of aanwending, of die beskikbaarstelling aan die publiek van reproduksies of aanwendings, van enige artistieke werk.


(2) Sodanige regulasies kan aan 'n daarin vermelde persoon die bevoegdheid verleen om die reprodusering of aanwending, of die beskikbaarstelling aan die publiek van reproduksies of aanwendings, van enige artistieke werk op die voorwaardes in daardie regulasies uiteengesit, te magtig.


(3) Die reprodusering of aanwending, of die beskikbaarstelling aan die publiek van reproduksies of aanwendings, van enige artistieke werk ingevolge magtiging kragtens sodanige regulasies verleen, maak nie 'n skending van die outeursreg in sodanige werk uit nie, maar die eienaar van die outeursreg word nie daardeur enige reg wat hy mag gehad het om 'n redelike vergoeding te verkry, wat by ontstentenis van ooreenkoms by arbitrasie bepaal word, ontneem nie.".


[Datum van inwerkingtreding van a. 5: sal geproklameer word.]


6 Kort titel en inwerkingtreding


(1) Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1983, en tree in werking op 'n datum deur die Staatspresident by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.


(2) Verskillende datums kan kragtens subartikel (1) ten opsigte van verskillende bepalings van hierdie Wet bepaal word.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 52 VAN 1984


[GOEDGEKEUR OP 30 MAART 1984] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 22 JUNIE 1984]
(Tensy anders vermeld)



(Afrikaanse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, ten einde voorsiening te maak vir outeursreg in gepubliseerde uitgawes; die termyn van outeursreg in sekere ongepubliseerde werke te verleng; die aard van outeursreg in rolprente en klankopnames nader te omskryf; sekere vermoedens te skep ten opsigte van die bewys van skendings van outeursreg in rolprente; sekere nuwe misdrywe te skep; en voorsiening te maak vir verhoogde strawwe; en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak.


1 Wysig artikel 1 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) voeg die omskrywing van "gepubliseerde uitgawe" in; paragraaf (b) voeg paragraaf (g) by die omskrywing van "outeur"; en paragraaf (c) vervang paragraaf (a) van die omskrywing van "skendende kopie".


2 Wysig artikel 2 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (h) by te voeg.


3 Wysig artikel 3 (2) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) voeg die voorbehoudsbepaling by paragraaf (a); en paragraaf (b) voeg paragraaf (f) by.


4 Wysig artikel 4 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) skrap die woord "of" aan die end van paragraaf (c); en paragraaf (b) voeg paragraaf (e) by.


5 Wysig artikel 5 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (4) te vervang.


6 Wysig artikel 8 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (g) by te voeg.


7 Wysig artikel 9 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (b) te vervang.


[Datum van inwerkingtreding van a. 7: 1 April 1989.]


8 en 9 Voeg onderskeidelik artikels 11A en 19A in die Wet op Outeursreg 98 van 1978 in.


10 Wysig artikel 26 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikels (9) en (10) by te voeg.


11 Wysig artikel 27 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1); paragraaf (b) vervang subartikel (6); en paragraaf (c) voeg subartikel (8) by.


12 Vervang artikel 28 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


13 Wysig artikel 37 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (a) te vervang.


14 Wysig artikel 43 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang in paragraaf (a) die woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan; paragraaf (b) skrap paragraaf (b); en paragraaf (c) voeg paragraaf (d) by.


15 Kort titel en inwerkingtreding


(1) Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1984, en tree in werking op 'n datum deur die Staatspresident by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.


(2) Verskillende datums kan kragtens subartikel (1) ten opsigte van verskillende bepalings van hierdie Wet bepaal word.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 39 VAN 1986


[GOEDGEKEUR OP 9 APRIL 1986] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 23 APRIL 1986]


(Afrikaanse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, ten einde te bepaal dat die uitsluitende lisensiehouer en die uitsluitende sublisensiehouer dieselfde reg van aksie het en op dieselfde regsmiddels as die eienaar van die outeursreg geregtig is; en om te bepaal dat hul reg van aksie en regsmiddels samevallend met dié van daardie eienaar is.


1 Vervang artikel 25 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


2 Kort titel


Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1986.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 13 VAN 1988


[GOEDGEKEUR OP 14 MAART 1988] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 23 MAART 1988]
(Tensy anders vermeld]


(Afrikaanse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, ten einde die benaming van die betrokke Minister te verander; die beskerming wat vir 10 jaar verleen word ten opsigte van outeursreg in sekere artistieke werke waarvan gemagtigde reproduksies gemaak is, af te skaf; en die vermoedens vir bewys van 'n skending van outeursreg in sodanige werke te herroep; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.


1 Wysig artikel 1 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur die omskrywing van "Minister" te vervang.


2 (1) Wysig artikel 15 (3A) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) skrap paragraaf (a) (i); en paragraaf (b) skrap paragraaf (b).


(2) Subartikel (1) word geag op 25 September 1987 in werking te getree het.


3 (1) Wysig artikel 26 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (8) te skrap.


(2) Subartikel (1) word geag op 25 September 1987 in werking te getree het.


4 Kort titel


Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1988.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 61 VAN 1989


[GOEDGEKEUR OP 17 MEI 1989] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 APRIL 1989]
(Tensy anders vermeld)


(Engelse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, ten einde voorsiening te maak in verband met invoer, verkoop en verspreiding met betrekking tot die aard van outeursreg in rolprente en klankopnames; te bepaal dat sekere skendende handelinge ten opsigte van sekere rolprente nie langer 'n oortreding is nie; en die advieskomitee se werksaamhede uit te brei; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.


1 Wysig artikel 8 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (g) te vervang.


2 Wysig artikel 9 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (b) te vervang.


3 Wysig artikel 27 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (1) te vervang.


4 Wysig artikel 40 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1) (a); paragraaf (b) vervang subartikel (3); paragraaf (c) vervang subartikel (4) (a); en paragraaf (d) vervang subartikel (5).


[Datum van inwerkingtreding van a. 4: 1 Augustus 1989.]


5 Kort titel en inwerkingtreding


(1) Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1989, en word, behoudens die bepalings van subartikel (2), geag op 1 April 1989 in werking te getree het.


(2) Artikel 4 tree in werking op 'n datum wat die Staatspresident by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 125 VAN 1992


[GOEDGEKEUR OP 2 JULIE 1992] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 10 JULIE 1992]


(Afrikaanse teks deur die Staatspresident geteken)


WET


Om die Wet op Outeursreg, 1978, te wysig, ten einde sekere omskrywings te wysig, te skrap of in te voeg; voorsiening te maak dat rekenaarprogramme as 'n afsonderlike kategorie werk vir outeursreg in aanmerking kom; verder voorsiening te maak vir die voorwaardes waaraan voldoen moet word alvorens werke vir outeursreg in aanmerking kom; outeursreg in uitsendings en programdraende seine verder te reël; verder voorsiening te maak vir die beskerming van die morele regte van die outeur van 'n werk; verder voorsiening te maak vir optrede teen skending van outeursreg, en vir regsmiddels beskikbaar by sodanige skending; verdere voorsiening te maak vir vermoedens by verrigtinge betreffende skending van outeursregte; strawwe vir skendings van outeursreg verder voor te skryf; verdere voorsiening te maak vir beslaglegging op skendende kopieë wat ingevoer word; die prosedure betreffende aansoeke by die Outeursreghof verder te reël; die jurisdiksie van die Outeursreghof betreffende die uitreiking van lisensies uit te brei; en voorsiening te maak vir appèlle teen uitsprake van die Outeursreghof; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.


1 Wysig artikel 1 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) voeg paragraaf (d) by die omskrywing van "aanwending"; paragraaf (b) vervang paragraaf (c) van die omskrywing van "artistieke werk"; paragraaf (c) vervang die omskrywing van "klankopname"; paragraaf (d) vervang die omskrywing van "kopie"; paragraaf (e) vervang die omskrywing van "letterkundige werk"; paragraaf (f) skrap die omskrywings van "lisensie" en "lisensiegewende gesag"; paragraaf (g) vervang die omskrywing van "lisensieskema"; paragraaf (h) voeg die omskrywing van "musiekwerk" in; paragraaf (i) vervang die omskrywing van "opvoering" of "uitvoering"; paragraaf (j) vervang paragrawe (c), (e) en (f) van die omskrywing van "outeur"; paragraaf (k) voeg paragrawe (h) en (i) by die omskrywing van "outeur"; paragraaf (l) vervang die omskrywing van "plaat"; paragraaf (m) vervang die omskrywing van "program"; paragraaf (n) voeg die omskrywing van "programdraende sein" in; paragraaf (o) voeg die omskrywing van "rekenaarprogram" in; paragraaf (p) vervang die omskrywing van "rolprent"; paragraaf (q) vervang die omskrywing van "skendende kopie"; paragraaf (r) vervang die omskrywing van "uitgesende sein"; paragraaf (s) vervang die omskrywing van "uitsending" en voeg die omskrywing van "uitsaai" in; paragraaf (t) vervang die omskrywing van "verspreider"; paragraaf (u) vervang die omskrywing van "verspreiding"; paragraaf (v) voeg die omskrywing van "werk" in; en paragraaf (u) [sic] voeg subartikels (4) en (5) by.


2 Wysig artikel 2 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1) (d); paragraaf (b) voeg subartikel (1) (i) by; paragraaf (c) vervang subartikel (2); en paragraaf (d) voeg subartikel (2A) in.


3 Wysig artikel 3 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1); paragraaf (b) vervang subartikel (2) (b); en paragraaf (c) vervang subartikel (3) (a).


4 Wysig artikel 4 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (f) in te voeg.


5 Wysig artikel 5 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (4) te vervang.


6 Wysig artikel 6 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (b) te vervang.


7 Wysig artikel 7 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (b) te vervang.


8 Wysig artikel 8 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1) (a); paragraaf (b) vervang subartikel (1) (g); en paragraaf (c) skrap subartikel (2).


9 Wysig artikel 10 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (a) te vervang.


10 Voeg artikel 11B in die Wet op Outeursreg 98 van 1978 in.


11 Wysig artikel 12 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan; paragraaf (b) vervang in subartikel (1) (c) die woorde wat op subparagraaf (ii) volg; paragraaf (c) vervang subartikel (9); paragraaf (d) vervang subartikel (10); paragraaf (e) vervang subartikel (12); en paragraaf (f) voeg subartikel (13) by.


12 Vervang artikel 14 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


13 Wysig artikel 15 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (4) te vervang.


14 tot en met 17 Vervang onderskeidelik artikels 16, 17, 18 en 19A van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


18 Voeg artikel 19B in die Wet op Outeursreg 98 van 1978 in.


19 Vervang artikel 20 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


20 Wysig artikel 23 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1); paragraaf (b) skrap in subartikel (2) die woord "of" aan die einde van paragraaf (b) en voeg die woord "of" aan die einde van paragraaf (c) by; en paragraaf (c) skrap subartikel (4).


21 Wysig artikel 24 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1); paragraaf (b) voeg subartikels (1A), (1B) en (1C) in; en paragraaf (c) vervang subartikel (2).


22 Wysig artikel 25 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur subartikel (2) by te voeg, terwyl die bestaande artikel subartikel (1) word.


23 Vervang artikel 26 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


24 Wysig artikel 27 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (6); en paragraaf (b) skrap subartikels (7) en (8).


25 Wysig artikel 28 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan; en paragraaf (b) vervang subartikel (5).


26 Wysig artikel 29 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (3) (c) (v); en paragraaf (b) voeg subartikel (6) by.


27 en 28 Vervang onderskeidelik artikels 30 en 36 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


29 Wysig artikel 37 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang paragraaf (a); en paragraaf (b) vervang paragraaf (e).


30 Herroep artikel 38 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


31 Wysig artikel 41 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1); en paragraaf (b) vervang subartikel (3).


32 Herroep artikel 42 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


33 Wysig artikel 43 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) vervang paragraaf (a); en paragraaf (b) vervang paragraaf (c).


34 Vervang artikel 44 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


35 Kort titel


Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 1992.


WYSIGINGSWET OP OUTEURSREG 9 VAN 2002


[GOEDGEKEUR OP 18 JUNIE 2002] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 25 JUNIE 2002]


(Engelse teks deur die President geteken)


WET


Tot wysiging van die Wet op Outeursreg, 1978, ten einde 'n uitdrukking te omskryf en 'n woordomskrywing te wysig; en verder voorsiening te maak betreffende die aard van outeursreg in klankopnames; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.


1 Wysig artikel 1 (1) van die Wet op Outeursreg 98 van 1978, soos volg: paragraaf (a) voeg die omskrywing van "insamelingsvereniging" in; en paragraaf (b) vervang die omskrywing van "Minister".


2 Vervang artikel 9 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978.


3 Voeg artikel 9A in die Wet op Outeursreg 98 van 1978 in.


4 Wysig artikel 39 van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 deur paragraaf (cA) in te voeg.


5 Kort titel


Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Outeursreg, 2002.