Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997/Hoofstuk elf

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
please do not remove empty parameters (see the template documentation).
Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997 by Regering van Suid-Afrika

Hoofstuk elf: Algemeen

HOOFSTUK ELF
ALGEMEEN (aa 82-96)

 

[w75j1997a82]82 Tydelike werkverskaffingsdienste

 

(1) Vir die doeleindes van hierdie Wet is iemand wie se diens deur 'n tydelike werkverskaffingsdiens vir 'n kliënt verkry of aan 'n kliënt voorsien is, die werknemer van daardie tydelike werkverskaffingsdiens en is die tydelike werkverskaffingsdiens daardie persoon se werkgewer.

 

(2) Ondanks subartikel (1) is iemand wat 'n onafhanklike kontrakteur is, nie 'n werknemer van 'n tydelike werkverskaffingsdiens nie en is die tydelike werkverskaffingsdiens ook nie daardie persoon se werkgewer nie.

 

(3) Die tydelike werkverskaffingsdiens en die kliënt is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik indien die tydelike werkverskaffingsdiens ten opsigte van 'n werknemer wat dienste aan daardie kliënt lewer, nie hierdie Wet of 'n sektorale vasstelling nakom nie.

 

[w75j1997a83]83 Persone as werknemers beskou

 

(1) Die Minister kan, op advies van die Kommissie en by kennisgewing in die Staatskoerant, enige kategorie persone in die kennisgewing vermeld-

 

(a) <span as werknemers beskou vir die doeleindes van die geheel of 'n deel van hierdie Wet, enige ander dienswet as die Werkloosheidversekeringswet, 1966 (Wet 30 van 1966), of enige sektorale vasstelling;

 

(b) <span as bydraers beskou vir doeleindes van die geheel of 'n deel van die Werkloosheidversekeringswet, 1966 (Wet 30 van 1966).

 

[Sub-a. (1) vervang by a. 20 van Wet 11 van 2002.]

 

(2) Alvorens die Minister 'n kennisgewing kragtens subartikel (1) uitreik, moet die Minister-

 

(a) <span 'n konsep van die beoogde kennisgewing in die Staatskoerant publiseer; en

 

(b) <span belanghebbendes uitnooi om skriftelike vertoë oor die beoogde kennisgewing binne 'n redelike tydperk voor te lê.

 

[w75j1997a83A]83A Vermoede oor wie 'n werknemer is

 

(1) Totdat die teendeel bewys is, word daar vermoed dat 'n persoon wat werk vir, of dienste lewer aan, enige ander persoon, ongeag die vorm van die kontrak, 'n werknemer is, indien enige een of meer van die volgende faktore aanwesig is:

 

(a) <span Die wyse waarop die persoon werk, is onderhewig aan die beheer of leiding van 'n ander persoon;

 

(b) <span die persoon se werkure is onderhewig aan die beheer of leiding van 'n ander persoon;

 

(c) <span in die geval van 'n persoon wat vir 'n organisasie werk, maak die persoon deel van daardie organisasie uit;

 

(d) <span die persoon het oor die afgelope drie maande gemiddeld minstens 40 uur per maand vir daardie ander persoon gewerk;

 

(e) <span die persoon is ekonomies afhanklik van die ander persoon vir wie daardie persoon werk of dienste lewer;

 

(f) <span die persoon word deur die ander persoon van bedryfsgereedskap of werktoerusting voorsien; of

 

(g) <span die persoon werk vir of lewer dienste aan net een persoon.

 

(2) Subartikel (1) is nie van toepassing nie op enige persoon wat meer verdien as die bedrag wat die Minister ingevolge artikel 6 (3) van hierdie Wet bepaal.

 

(3) Indien 'n voorgestelde of bestaande werkreëling persone raak wat bedrae verdien gelyk aan of minder as die bedrae wat die Minister ingevolge artikel 6 (3) bepaal, kan enige van die kontrakterende partye die KVBA nader vir 'n adviserende toekenning oor die vraag of die persone wat by die reëling betrokke is, werknemers is.

 

[A. 83A ingevoeg by a. 21 van Wet 11 van 2002.]

 

[w75j1997a84]84 Duur van diens

 

(1) Vir die doeleindes van die bepaling van die duur van 'n werknemer se diens by 'n werkgewer vir enige bepaling van hierdie Wet moet vorige diens by dieselfde werkgewer in aanmerking geneem word indien die onderbreking tussen die tydperke van diens minder as een jaar is.

 

(2) Enige betaling of verlof ingevolge hierdie Wet gedoen of verleen aan 'n werknemer beoog in subartikel (1) gedurende 'n vorige tydperk van diens, moet in ag geneem word by die bepaling van die werknemer se geregtigdheid op verlof of 'n betaling ingevolge hierdie Wet.

 

[w75j1997a85]85 Delegering

 

(1) Die Minister kan enige bevoegdheid of plig wat ingevolge hierdie Wet aan die Minister verleen of opgedra is, skriftelik delegeer of opdra aan die Direkteur-generaal of enige beampte in die staatsdiens met die rang van assistentdirekteur of 'n hoër rang, behalwe die Minister se bevoegdhede ingevolge artikels 6 (3), 55 (1), 60, 83, 87 en 95 (2) en die Minister se bevoegdheid om regulasies uit te vaardig.

 

(2) 'n Delegering of opdrag ingevolge subartikel (1) begrens of beperk nie die Minister se gesag om die gedelegeerde bevoegdheid of plig uit te oefen of te verrig nie.

 

(3) Iemand aan wie 'n bevoegdheid of plig opgedra ingevolge subartikel (1) gedelegeer of opgedra is, moet daardie bevoegdheid of plig onderworpe aan die opdrag van die Minister uitoefen of verrig.

 

(4) Die Minister kan te eniger tyd-

 

(a) <span 'n delegering of opdrag wat ingevolge subartikel (1) gedoen is, intrek; en

 

(b) <span enige besluit intrek of wysig wat geneem is deur iemand wat 'n bevoegdheid of plig wat ingevolge subartikel (1) gedelegeer of opgedra is, uitoefen of verrig.

 

(5) Die Direkteur-generaal kan enige bevoegdheid of plig wat by Hoofstuk Tien van hierdie Wet aan die Direkteur-generaal verleen of opgedra is, skriftelik delegeer of opdra aan enige werknemer in die Departement met die rang van assistentdirekteur of met 'n hoër rang.

 

(6) Subartikels (2), (3) en (4) is van toepassing op enige delegerings of opdragte deur die Direkteur-generaal kragtens subartikel (5) gemaak, met die veranderinge wat in die konteks nodig is.

 

[w75j1997a86]86 Regulasies

 

(1) Die Minister kan, na oorleg met die Kommissie, by kennisgewing in die Staatskoerant, regulasies uitvaardig met betrekking tot enige aangeleentheid wat nodig of dienstig is om voorgeskryf te word ten einde die oogmerke van hierdie Wet te bereik.

 

(2) 'n Regulasie wat verband hou met staatsbesteding of staatsuitgawes, mag slegs met die instemming van die Minister van Finansies uitgevaardig word.

 

[w75j1997a87]87 Goeie Praktykkodes

 

(1) Die Minister, na oorleg met NEOAR-

 

(a) <span moet 'n Goeie Praktykkode oor die Reëling van Werktyd uitreik;

 

(b) <span moet 'n Goeie Praktykkode oor die Beskerming van Werknemers tydens Swangerskap en na die Geboorte van 'n Kind uitreik;

 

(c) <span kan ander goeie praktykkodes uitreik; en

 

(d) <span kan enige goeie praktykkode wysig of vervang.

 

(2) Enige goeie praktykkode of enige wysiging tot of vervanging van 'n goeie praktykkode moet in die Staatskoerant gepubliseer word.

 

(3) Iemand wat hierdie Wet uitlê of toepas, moet tersaaklike goeie praktykkodes in aanmerking neem.

 

(4) 'n Goeie praktykkode wat ingevolge hierdie artikel uitgereik is, kan bepaal dat die kode in aanmerking geneem moet word by die toepassing of uitleg van enige dienswet.

 

[Sub-a. (4) bygevoeg by a. 22 van Wet 11 van 2002.]

 

[w75j1997a88]88 Minister se bevoegdheid om voetnote te verander en daaraan toe te voeg

 

Die Minister kan, by kennisgewing in die Staatskoerant, enige voetnoot in hierdie Wet verander, vervang of daaraan toevoeg.

 

[w75j1997a89]89 Verteenwoordiging van werknemers of werkgewers

 

(1) 'n Geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie kan in een of meer van die volgende hoedanighede in enige geskil waarby enige van sy lede 'n party is, optree:

 

(a) <span In sy eie belang;

 

(b) <span namens enige van sy lede;

 

(c) <span in belang van enige van sy lede.

 

(2) 'n Geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie is daarop geregtig om 'n party by enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet te wees indien een of meer van sy lede 'n party by hierdie verrigtinge is.

 

[w75j1997a90]90 Vertroulikheid

 

(1) Dit is 'n misdryf indien iemand inligting openbaar maak wat daardie persoon bekom het tydens die uitoefening of verrigting van 'n bevoegdheid of plig ingevolge hierdie Wet en wat op die finansiële of besigheidsaangeleenthede van enige ander persoon betrekking het, behalwe indien die inligting openbaar gemaak word ter nakoming van die bepalings van enige wet-

 

(a) <span om iemand in staat te stel om 'n werksaamheid te verrig of 'n bevoegdheid uit te oefen ingevolge 'n dienswet;

 

(b) <span vir die doeleindes van die behoorlike administrasie van hierdie Wet;

 

(c) <span vir die doeleindes van die regspleging.

 

(2) Subartikel (1) verhinder nie die openbaarmaking van enige inligting betreffende 'n werkgewer se nakoming of nie-nakoming van die bepalings van 'n dienswet nie.

 

(3) Die rekord van 'n mediese ondersoek wat ingevolge hierdie Wet gedoen is, moet vertroulik gehou word en mag sleg beskikbaar gestel word-

 

(a) <span ooreenkomstig mediese praktyksetiek;

 

(b) <span indien dit regtens of by hofbevel vereis word; of

 

(c) <span indien die werknemer skriftelik tot die vrystelling van die inligting ingestem het.

 

[w75j1997a91]91 Antwoorde nie in strafregtelike verrigtinge gebruik te word nie

 

Geen antwoord deur iemand op 'n vraag deur 'n persoon wat 'n ondersoek doen ingevolge artikel 53 of deur 'n arbeidsinspekteur ingevolge artikel 66 mag teen so iemand in enige strafregtelike verrigtinge gebruik word nie, behalwe in verrigtinge ten opsigte van 'n klag van meineed of die doen van 'n vals verklaring.

 

[w75j1997a92]92 Dwarsboming, onbehoorlike beïnvloeding en bedrog

 

Dit is 'n misdryf om-

 

(a) <span 'n persoon wat 'n werksaamheid ingevolge hierdie Wet verrig, te dwarsboom of te poog om hom of haar onbehoorlik te beïnvloed;

 

(b) <span enige voorgeskrewe dokument deur middel van bedrog of valse voorwendsels of deur die aanbieding of voorlegging van 'n vals of nagemaakte dokument te verkry of te poog om dit te verkry;

 

(c) <span voor te gee om 'n arbeidsinspekteur of enige ander persoon wat 'n werksaamheid ingevolge hierdie Wet verrig, te wees;

 

(d) <span te weier of te versuim om enige wettige vraag gestel deur 'n arbeidsinspekteur of 'n ander persoon wat 'n werksaamheid ingevolge hierdie Wet verrig, volledig te beantwoord;

 

(e) <span te weier of te versuim om aan enige wettige versoek van, of wettige bevel deur, 'n arbeidsinspekteur of 'n ander persoon wat 'n werksaamheid ingevolge hierdie Wet verrig, te voldoen;

 

(f) <span 'n arbeidsinspekteur of 'n ander persoon wat 'n werksaamheid ingevolge hierdie Wet verrig, te belemmer of te dwarsboom.

 

[w75j1997a93]93 Strawwe

 

(1) Enige landdroshof het jurisdiksie om 'n straf op te lê vir 'n misdryf waarvoor daar in hierdie Wet voorsiening gemaak word.

 

(2) Enigiemand wat aan 'n misdryf ingevolge enige artikel vermeld in die eerste kolom van die tabel hieronder skuldig bevind word, kan gevonnis word tot 'n boete of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens die tydperk vermeld in die tweede kolom van daardie tabel teenoor die nommer van daardie artikel.

 

MISDRYWE EN STRAWWE

 

<span Artikel waarkragtens gevonnis

<span Maksimum tydperk van gevangenisstraf

<span Artikel 43

<span 3 jaar

<span Artikel 44

<span 3 jaar

<span Artikel 46

<span 3 jaar

<span Artikel 48

<span 3 jaar

<span Artikel 90(1) en (3)

<span 1 jaar

<span Artikel 92

<span 1 jaar

 

[w75j1997a94]94 Hierdie Wet bind Staat

 

Hierdie Wet bind die Staat, behalwe wat strafregtelike aanspreeklikheid betref.

 

[w75j1997a95]95 Oorgangsreëlings en wysiging en herroeping van wette

 

(1) Die bepalings van Bylae Drie is op die oorgang van ander wette na hierdie Wet van toepassing.

 

(2) Die Minister kan, met die doel om die oorgang van enige wet na hierdie Wet te reël, Bylae Drie verander of daaraan toevoeg.

 

(3) Enige toevoeging aan of verandering van Bylae Drie moet in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word en tree in werking-

 

(a) <span indien die Nasionale Vergadering nie 'n besluit aanvaar dat die toevoeging of verandering nie bindend is nie, binne 14 dae na die datum van tertafellegging; en

 

(b) <span by publikasie in die Staatskoerant.

 

(4) Artikel 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, word hierby gewysig deur subparagraaf (ii) van paragraaf (c) te herroep.

 

(5) Die wette vermeld in die eerste twee kolomme van Bylae Vier word hierby herroep in die mate wat teenoor daardie wet in die derde kolom van daardie Bylae aangedui word.

 

(6) Die herroeping van enige wet deur subartikel (5) raak nie enige oorgangsreëling waarvoor in Bylae Drie voorsiening gemaak word nie.

 

[w75j1997a96]96 Kort titel en inwerkingtreding

 

Hierdie Wet heet die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997, en tree in werking op 'n datum wat die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.