Jump to content

Tweërlei Beweegrede

From Wikisource
Tweërlei Beweegrede

deur A.G. Visser


Tweërlei Beweegrede

[edit]

Tant Hannie snik: sy vrees die dood,
want sy voel glad nie wel;
en vóór haar bed sit sug oom Koot:
hy vrees... sy mag herstel!