Trou

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Trou

deur Jan F. E. Celliers


Trou.
[edit]

Ek hou van 'n man wat sy man kan staan;
ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan;
               'n oog wan nie wyk,
               wat 'n bars kan kyk;
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!

Vas soos 'n berg van grou graniet
op vaderlands-grond, sy hartsgebied,
               aan haar getrou
               soos aan kind en vrou,
en wat in haar ere ook syne siet.

Ek hou van 'n man wat sy moeder eer
in die taal uit haar vrome mond geleer,
               en die bastergeslag
               in sy siel verag,
wat, haar verstotend, hulself kleineer.

Die oog wil ek sien wat 'n traan nog ween
vir 'n heldegeslag, in hul rus daarheen,
               maar 'n blits van trou
               in die traan van rou,
wat aan liefde weer gee, wat haar bron is ontleen.

Vir my d' Afrikaner van durf en daad,
wat Mammons eer en loon versmaad,
               sy hoof en sy hand
               vir sy volk en sy land
en 'n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ek hou van 'n man wat sy man kan staan;
ek hou van 'n daag wat soos donder slaan,
               'n oog wat nie wyk,
               wat 'n bars kan kyk;
en 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan!