Page:Prince Edward Islands Act 1948.djvu/4

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
This page has been proofread.
355
Prince Edward-eilande.

Wet No. 43 van 1948.


(2) Die Goewerneur-generaal kan voorts, by proklamasie in die Staatskoerant, verklaar dat 'n Wet wat in die Provinsie die Kaap die Goeie Hoop van krag is, met sodanige wysigings as wat hy mag goeddink in die Gebied van krag is, en kan so 'n wet herroep, wysig of beperk, of nuwe wette op die Gebied toepas.

(3) (a) 'n Proklamasie wat ooreenkomstig sub-artikel (2) uitgevaardig word, word binne veertien dae na bekendmaking in beide Huise van die Parlement ter Tafel gelê indien die Parlement dan 'n gewone sitting hou, of indien hy nie dan 'n gewone sitting hou nie, binne veertien dae na die aanvang van sy eersvolgende gewone sitting, en bly dan op genoemde Tafels soos voormeld vir 'n tydperk van minstens agt-en-twintig agtereenvolgende dae. Indien die Parlement geprorogeer word voordat die nodige agt-en-twintig dae verloop het, word so 'n proklamasie weer soos voormeld binne veertien dae na die aanvang van die volgende gewone sitting ter Tafel gelê.

(b) Indien beide Huise van die Parlement by besluite wat gedurende dieselfde sitting geneem is (naamlik 'n sitting waarin 'n in paragraaf (a) bedoelde proklamasie behoorlik ter Tafel gelê is), so 'n proklamasie of 'n bepaling van so 'n proklamasie afgekeur het, is so 'n proklamasie daarna in die mate waarin dit aldus afgekeur word, nie meer van krag nie, maar sonder afbreuk te doen aan die geldigheid van enigiets wat ooreenkomstig so 'n proklamasie gedoen is tot die tydstip waarop dit aldus opbou om van krag te wees, of aan 'n reg, voorreg, verbintenis of verpligting wat op gemelde tydstip kragtens of ingevolge so 'n proklamasie verkry is, toegeval het of aangegaan is.


Beperking op toekomstige toepassing van wette.

4. Geen Wet van die Unie-Parlement wat na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet aangeneem word, is op die Gebied van toepassing nie, tensy so 'n Wet uitdruklik bepaal dat dit aldus van toepassing is, of tensy dit by proklamasie van die Goewerneur-generaal aldus van toepassing verklaar word.


Kort titel.

5. Hierdie Wet heet die Wet op die Prince Edward-eilande, 1948.




Bylae.

De Boedelwet, 1913.
De Wet op Vrederechters en Eden, 1914.
De Wet op de Kriminele Procedure en Bewijsievering, 1917.
De Wet op Spesiale Vrederechters, 1918.
De Wet op Lijkschouwingen, 1919.
Die Magistraatshowewet, 1944.
Die Wet tot Konsolidasie van die Kieswette, 1946.