Nat en Sap

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Nat en Sap

deur A.G. Visser


Nat en Sap
[edit]

Toe Noag strand teen Arrarat,
die Ark begin in puin raak,
toe sê hy: ,,Aarde, maar dis nat!
Nou kan 'n mens weer tuin maak!

Het ek nie met die Ark geswoeg,
was ons ook in die pekel.
Aan water het ek nou genoeg...
'n lewenslange hekel.

Kom, Sem en Gammie, maak nou gou
vir Pa mooi reguit slootjies;
En Jaaf, my kind, kom plant jy nou
vir Pa die wingerdlootjies."

Die kromhout groei, en Noag skink
sy sap 'n bietjie later;
daarin is sedert meer verdrink
as in die Vloed se water.