Klein Boetie

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
KLEIN BOETIE

deur A.G. Visser


KLEIN BOETIE.


Waar kom ons nuwe klein boetie vandaan?
Oos van die son en ver wes van die maan
Woon op die berge ’n klein bobbejaan,
Kees se seun Joggem.
Abba moes Ma hom aljimmer, maar saans
Pen~orent, sit hy daarbo op die krans,
Kyk hoe die jong bobbejane daar dans;
Soms skree hy: Boggem!

Mammie het lankal vir „Suster” gesê
Dat ons graag weer ’boetie wil hê;
Toe het sy saam met die dokter oorlê
Joggem te vang;
Voor hy kon „ê” sê, was hy in die hande;
Voor hy kon byt trek die dokter sy tande.
Soe, maar hy skree dat dit dreun oor die rande!
Glo hy was bang!

Een, twee, drie word toe sy stert afgekap,
Gou in die seeppot sy haar afgekrap,
„Hou op met kielie of ’k huil my nog slap!”
Skree die kabouter.
Daarna work hy toe in watter gepak,
Saamgeneem in ’n tamaaie groot sak;
Raai en toe work die klein bergenaar mak ―
Stil die klein stouter.

Nou lê hy lekker in moeder se armpies
Wit soos ’n lammetjie, saggies en warmpies,
Veilig teen donker en dag se alarmpies,
So suikersoet.
Handjies en voetjies so sag as ferweel.
Dat hy ’n aap was, kan ’k skaars my verbeel,
Ek was ook een en dit kan dus min skeel ―
Hy is my boet!