In die Sondagskool

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
In die Sondagskool

deur A.G. Visser


In die Sondagskool
[edit]

,,Ja, veertig dae agtereen
en veertig nagte lank gereën!
Dis 'n rekord tot op hede."
,,Meneer, mag ek Meneer iets vra?"
,,Maar alte seker, Japie. Ja?"
,,Was die boere toe tevrede? "