Geloofsbelydenis van die Ou Apostoliese Kerk

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search

Die huidige Geloofsbelydenis van die Ou Apostoliese Kerk.

Die Ou Apostoliese Kerk is een van die kerke wat ontstaan het uit die Katoliek Apostoliese Kerk en later uit die Nuwe Apostoliese Kerk. Dit is deel van 'n groep kerke wat bekend staan as Apostoliese Kerke, of Irvingisme.

Geloofsbelydenis[edit]

Ons Glo[edit]

In een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde en alle dinge sienlik en onsienlik, en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader van ewigheid af. God uit God, en Lig uit Lig, waaragtig God en waaragtig mens, verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria, wat gely het, gekruisig is, gesterf het, neergedaal het na die hel, en op die derde dag opgestaan het, wat in die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God die Vader sit, vanwaar Hy weer kom in heerlikheid, om die lewende en die dood te oordeel, en aan wie se koninkryk daar geen einde sal wees nie, en in die Heilige Gees wat deur die Profete spreek, waardeur ons die beeltnis van die Vader dra, en wat in ons woon en ons leer en lei in alle waarheid, en dat Hy een enige Here is.

Ons Glo[edit]

In Sy heilige Apostoliese Kerk, die gemeenskap van die heiliges en die Apostel tot ons gestuur as die gesalfde van Jesus Christus.

Ons Glo[edit]

In die bediening van die drie heilige sakramente, naamlik die Heilige Doop met water tot bekering in die Naam van Jesus Christus, die Heilige Avondmaal, waardeur ons vergifnis van sonde deur die bloed van Jesus Christus ontvang, en in die Heilige Verseëling, deur die handoplegging van 'n Apostel van Jesus Christus, waardeur ons die Heilige Gees ontvang, en in die bediening van die drie heilige sakramente, aan die siele in die doderyk deur middel van die lewende vir die dode.

Ons Glo[edit]

In die heilige skrifte, die Ou en Nuwe Testament, en in die vervulling van al die beloftes daarin vervat.

Ons Glo[edit]

Ons siele word in die liggaam van Jesus Christus gereinig en beklee met geregtigheid as lede van die sielebruid, sodat ons as kinders van God, Hom bo alles moet liefhê, en in onderdanigheid moet dien, die broederskap moet eer, en ons naaste moet liefhê soos ons self; sodat ons ter wille van die Here, ons moet onderwerp aan die owerhede, en magte wat oor ons gestel is, en dat ons alle verordeninge moet gehoorsaam, asook die wettige heersers van die land, waarin ons woon moet erken en respekteer, al gaan dit met benoudheid gepaard. Amen

Skakels[edit]

Wikipedia logo
Wikipedia logo
Look up Ou Apostoliese Kerk in Wikipedia, the free encyclopedia.