Die Klassieke in Suid-Afrika

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Die Klassieke in Suid-Afrika
Inhoud
deur T. J. Haarhoff
Hoofstuk I
Broninligting


DIE KLASSIEKE IN SUID-AFRIKA

DEUR

T. J. HAARHOFF

Professor in die Klassieke Lettere,
Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg


Uitgewers: J. L. VAN SCHAIK, Bpk., Pretoria.
1931


Alle regte van herdruk of vertaling voorbehou

(ii)

Inhoud

  1. Hoofstuk I
  2. Hoofstuk II
  3. Hoofstuk III
  4. Bibliografie

(iii)


OPGEDRA
AAN
C.J. LANGENHOVEN.

Wat meer as ander
in sy werk getoon het
die innerlike band tussen humor en humanisme.
(iv)


DOCENTIBUS DOCTOR.

Een onderwyser aan 'n ander
Maxima debetur puero reverentia.

O, huiwer jy nie soms as jy onthou
Hoe groot ons mag oor blom en dier en kind,
En sidder jy nie as jy dink hoe blind
Die skade wat ons doen kan; - die berou.

Hoe fel, as eendag uit die hemel sou
'n Straal ontnugterend ons harte vind
En toon hoe onbeminnend, onbemind,
Hoe onwaarderend ons die lewe aanskou........?

- Die lewe wat so vol van moontlikheid
Vir inspirasie vatbaar, ster-hoog styg,
En soos die hert na waterstrome hyg........
En ons kan daardie water hom ontroof,
Vergiftig deur 'n gees ontoegewyd,
Idees wat klim, dood dompel in 'n kloof.
(v)

Hierdie boekie probeer 'n oorsig gee van die posiesie van die Klassieke in Suid-Afrika. Dit kon dien as 'n handleiding by die skrywer se PRIMI GRADUS; dit soek die medewerking van onderwysers; dit pleit vir 'n nuwe Humanisme. Dank is verskuldig aan Mnr. M. P. O. Burgers vir hulp by die lees van drukproewe. (vi)