Afrikaner-Volkseenheid/Die Selfbeskikkingsreg en Daarna

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Die Onafhanklikheidsdeputasie Afrikaner-Volkseenheid
Die Selfbeskikkingsreg en Daarna
deur D. F. Malan
Herenigingskongresse


Ten spyte van genl. Smuts kon die antwoord van die Britse

eerste minister aan die Onafhanklikheidsdeputasie nie geïgno-
reer word nie. Lloyd George was immers die regeerder van die
opperheerskappyvoerende land, en Smuts slegs dié van die
onderhorige. Dit was dus vanselfsprekend dat die politieke
stryd in Suid-Afrika voortaan hoofsaaklik oor die konstitu-
sionele vraagstuk van ons land se status moes gaan. Ons moes
besluit tussen die aanvaarding of die verwerping van Lloyd
George se gesaghebbende verklaring. Ons moes met ander
woorde kies, nie net tussen Lloyd George en genl. Smuts
nie, maar tussen ons toegesegde en feitlik aangebode vryheid en
ons verdere voortgesette onderhorigheid. Daarmee was gevolge-
lik ook ons eie nasieskap en ons eie eer op die spel. Die Nasionale
Party het die uitdaging aanvaar, en sy standpunt is daarna
nooit twyfelagtig of aarselend gewees nie. Vandag is ons self-
beskikkingsreg as sodanig dan ook onbetwis.
Maar afgesien van ons volle selfbeskikkingsreg, het daar
vanselfsprekend die verdere vraag ontstaan of ons daardie reg
gaan uitoefen of nie, en indien wel, hoedanig dit sal geskied.
Dis hier waar daar gemaklik meningsverskille van min of meer
ernstige aard kon ontstaan, en ook werklik ontstaan het. Die
verdere geskiedenis getuig oorvloediglik daarvan.
Die toesegging van die selfbeskikkingsreg in die volste sin
van die woord aan Suid-Afrika het geskied as antwoord op ’n
bepaalde versoek om die herstel van geskonde regte, en was die
opening van die konstitusionele weg tot ’n vrye, onafhanklike

republiek, wat alle dele van Suid-Afrika sou insluit. Daar was
toe geen ander alternatief in gedagte nie en daarna ook nooit
nie. Die selfbeskikkingsreg moet daarom wel verstaan word in sy
letterlike en omvattende betekenis van 'n onbeperkte keuse
tussen verskillende moontlike staatsvorms, maar aan die ander
kant kon onder die bekende omstandighede dit ook nooit los-
gemaak word van die republikeinse doelwit nie. Dit het vir
altyd daarna ook beteken die wettiging, indien dit sou ontstaan,
van 'n republikeinse party.
Vir 'n republiek moes daar uit die aard van die saak propa-
ganda gemaak word, net soos vir enige ander politieke beleid
in enige ander demokratiese land. Maar die deur daarvoor was
nou wyd ope, en die beskuldiging van sedisie, nog kort tevore
so vryelik rondgeslinger, onder andere deur gesaghebbende
persone soos die heer Merriman en min. Burton, het nou
belaglike onsin geword. Republikanisme as 'n doelwit was
wettig, en sou nie weer verdwyn nie.
Die selfbeskikkingsreg ,,in die volste sin van die woord” wat
ons besit, beteken dat ons volkomelik ons eie baas is en onder
die heerskappy van geen ander land of volk staan nie. Ons is
met ander woorde, ook in die internasionale sin ,,'n vrye en
soewerein onafhanklike volk” en het die reg om ons so te noem.
In verband met die verdere verloop van sake het die voor-
standers van albei standpunte konsekwent gebly. Die Nasionale
Party het bly staan by Lloyd George se verklaring, het daarop
voortgebou en die republikeinse doelstelling in sy program van
beginsels opgeneem. Genl. Smuts aan die ander kant, het met
sy party sy ingenome standpunt ook bly handhaaf, het ons
onderhorigheid aan 'n buitelandse gesag, te wete die Britse
Ryk, bly erken, en het die republikanisme met hand en tand
beveg. Gevolglik het hy selfs ná sy samesmelting met genl.
Hertzog se party nog altyd volgehou dat ons die reg van af-
skeiding en van neutraliteit nie besit nie, en dat die Kroon
ondeelbaar is, Volgens sy opvatting was die Britse Ryk dus 'n

ondeelbare eenheid onder die Kroon, met sy eie organe staande
as 'n soort van superstaat ook bokant die onderskeie dominiale
en selfregerende eenhede. Selfs buitekant ’n Britse oorlog mag
hulle nie bly nie. Die kloof tussen die twee standpunte het
geblyk onoorbrugbaar te wees. Die stryd gaan dus voort, met
die republikeinsgesindes, voortbouende op die Lloyd George-
grondslag, teenoor die Smuts-standpunt, maar met die eerste
beslis aan die wenkant.