Oom Gert vertel en ander gedigte/Die Einde

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Slampamperliedjies Oom Gert vertel en ander gedigte
Die Einde
deur C. Louis Leipoldt


Die Einde.

Gee vrede en rus vir ons almal, wat lam is van swerwe,
Moed en geduld vir ons almal, wat bang is te sterwe;
Gee vir ons hart soos in somer die sap vir die bome;
Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome;
Gee, dat ons lag, as die lewenslas druk op ons harte;
Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte;
Gee vrede en rus vir ons almal, wat lewe en erwe
Smart en verdriet, met die reg om uiteindlik te sterwe.
Gee vrede en rus; en ons vra nie iets anders, en luister
Stil na die wind, wat so sag in ons ore kom fluister:
                   "Moed, mense, hou moed!
               Die kwaad sal verander in goed:
               Die môrelig kom uit die duister."




BY ONS IS OOK TE KRY: DICHTERS UIT ZUID-AFRIKA BLOEMLEZING

uit de gedichten van

CELLIERS, TOTIUS, LEIPOLDT, MALHERBE, JOUBERT, LANGENHOVEN, MARAIS, KEET, WASSENAAR EN FAGAN.

Saamgesteld door

Dr. E.C. PIENAAR B.A.

MET INLEIDING EN WOORDVERKLARING.

DERDE HERSIENE DRUK.

PRYS EXTRA GEBIND 5/6 POSVRY.

VRA VANDAG NOG 'N EKSEMPLAAR AAN DIE UITGEWERS VAN HIERDIE BOEKIE.




NUWE BOEKE

By die uitgewers van hierdie boekie het die volgende nuwe uitgawes verskyn: DANIE SE HOOP VERVUL

'n voorbeeld vir ons Afrikaanse seuns

deur

Mevr. PHILIP OELOFSE.

'n Ekstra boekie vir 'n geskenk.

3/9 posvry. Twee Rampe en Twee Gelukke

deur

Ds. J.H. KRUGER.

Aan hierdie boek is die twede prys toegeken in die prysvraag, uitgeskryf deur ons firma vir die beste werk in Afrikaans.

6/- posvry. HUIS EN VELD

deur

G.R. VON WIELLIGH.

5/6 posvry.

Die boeke van Meneer v. Wielligh behoef geen aanbeveling nie.