F.A.K.-Volksangbundel/Hoe vir 'n sekere geleentheid 'n gepaste lied te vind

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Inleiding F.A.K.-Volksangbundel
Hoe vir 'n sekere geleentheid 'n gepaste lied te vind
deur Redaksiekomitee van die F.A.K.
Inhoud volgens die groepe en die titels


HOE VIR 'N SEKERE GELEENTHEID
'N GEPASTE LIED TE VIND:

Daar is drie opgawes van inhoud:

(a) Die alfabetiese lys,
(b) Die groepe-lys,
(c) Die spesiale aanwysing.

In die groepe-lys word vermeld watter nummers een-, twee- of meerstemmig is. Amper almal is van goeie begeleiding voorsien. Ons weet dat die smaak baie verskil, maar hoop dat iedereen vir verskillende geleenthede in die dertien groepe genoeg van sy gading sal vind.

SPESIALE AANWYSING.

VIR GEDENKDAE: Sien Groep I, "Eeufeesliedere"; II, "Volk en Vaderland";

ons noem uit groep II, VII en VIII:
Kom Afrikaners sing nou luid; O Rusplaas van helde;
Die Hoogland is my woning; Slaap rustig, dapper helde;
O land van veld en heuwels; In stille nag, vol sterreprag;
Maak die tentseil ope, vrinde; My hande het hul self geplant;
En hoor jy die magtige dreuning; Moeder hou dag en nag (In die Konsentrasiekamp);
Dit is beskik in God se raad;
Ek hou van jou, vaal ou Karoland; Ek sien as banneling na jare;
Ek ken 'n land van ossewa; Rus in vrede, tere bloeisels;
Die wapad is my woning; U het hulle onder hoewe uitgedors.
Jou kinders wil jou grootheid sing;
en uit Groep XI, "Wese en Waarheid" o.m.:
Grootmagtige, u prys die aard en hemel Wie onder die skerm van die Hoogste;
Dit is die Heer se dag; Loof, loof die Here;
Toe, woed jul storme; 'n Nag van stilte.


VIR LENTEFEESTE, BLOMMETENTOONSTELLINGS, VRUGTEFEESTE:

Ons verwys o.m. na die volgende ln Groep IX, "Lentegeur en Lentekleur":
Al wat lewe; Al die veld is vrolik;
Daar's ontwaking; Dit is die maand Oktober.
Die winter met sy koue (Intog van die Lente);


en in Groep XI. "Wese en Waarheid":
Vroeg smôrens as die haantjie kraai.


(Dis verblydend dat op sommige plekke in die laaste tyd op 1 September of 1 Oktober elke jaar 'n mooi gewoonte posvat: skoolkinders neem blomme skooltoe en sing by die geleentheid dan lenteliedere; daarna word die blomruikers deur die kinders na die hospitale of ander siekehuise gebring.)