Trekliedjie

Vanaf Wikisource
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Trekliedjie is 'n lied waarvan die woorde deur A.E. Carinus-Holzhausen (1883-1945) en die musiek deur Walter Kittredge in 1864 geskryf is. Die lied is in die F.A.K.-Volksangbundel opgeneem.

Liedteks[wysig]

Die sweep het geklap en die wawiele draai agter die rooispan aan.
Ons hart is swaar; die skeiding is daar van die plaas waar ons tuiste staan.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand. Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa! Geluk lê net om die draai!
Uitspan vanaand, uitspan vanaand, uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa! Geluk lê net om die draai!
Met jou aan my sy, o liefste van my, dan vrees ek geen gevaar.
Die wildernis in om die vryheid te win; daar word ons drome waar.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand. Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa! Geluk lê net om die draai!
Uitspan vanaand, uitspan vanaand, uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa! Geluk lê net om die draai!
Ja, geluk lê om die draai.

Bron[wysig]