Wikisource:Inhoudsbeleid

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
Hierdie bladsy dokumenteer 'n amptelike beleid wat by Wikisource gebruik word. Dit word as 'n standaard beskou wat deur almal gevolg moet word. Behalwe vir klein wysigings, gebruik asseblief die besprekingsblad om veranderinge aan hierdie beleid voor te stel.
Inhoudsbeleid
As die vrye biblioteek, bestaan Wikisource as 'n argief vir vrye kunssinnige en intellektuele werke wat deur die loop van die geskiedenis geskep is. Daar word gepoog om dié werke op so 'n manier aan te bied dat dit steeds getrou aan die oorspronklike brontekste is. Hierdie bladsy beskryf die beleid wat gebruik word om te besluit watter werke by Wikisource aanvaar word.


Definisie: wat word ingesluit?[edit]

Die werke wat hier welkom is kan in vier groepe verdeel word:

  1. Werke wat voor 1973 gepubliseer is
  2. Dokumentêre bronne
  3. Analitiese en kunssinnige werke
  4. Vrye inhoud

Werke wat voor 1973 gepubliseer is[edit]

Enige geskrewe werk (of transkripsie) wat voor 1 Januarie 1973 gepubliseer is of waarvan die outeur reeds meer as 50 jaar oorlede is (welke ook die vroegste is), mag by Wikisource opgeneem word, solank as wat dit bewys kan word. Geldige bronne sluit geskandeerde (afgetaste) werke wat opgelaai is of gedrukte werke.

Volgens die Suid-Afrikaanse wet op kopiereg word alle werke in die publieke domein vrygestel vyftig jaar na hulle publisering, getel vanaf die begin van die volgende kalenderjaar. (Vir 2024, vanaf 1 Januarie 1973.)

Dokumentêre bronne[edit]

Dokumentêre bronne is dokumente wat in die loop van gebeure geskep word. Sulke dokumente strek van wette en verdrae tot persoonlike korrespondensie en dagboeke. Tans word gebeure meer dikwels aangeteken as vroeër, en kan geskiedkundige telefoonoproepe, verhore en transkripsies van militêre operasies insluit. Dokumentêre bronne moet in hulle volledige vorm aangebied word, tensy die volledige vorm nie beskikbaar is nie. Die bron van hierdie werke moet aangegee word, sodat ander gebruikers kan verifieer dat die kopie wat vertoon word wel getrou aan die oorspronklike is.

Analitiese en kunssinnige werke[edit]

Analitiese werke is publikasies wat inligting uit ander bronne saamvoeg en dan hierdie inligting analiseer. Enige nie-fiksie werk wat oor 'n onderwerp geskryf word ná die hoofgebeure plaasgevind het, pas gewoonlik in hierdie kategorie. Hierdie, asook enige kunssinnige werke, moet reeds voorheen in 'n medium gepubliseer wees wat portuurbeoordeling of redigering deur 'n redakteur insluit; die sluit self-gepubliseerde werke uit.

Vrye inhoud[edit]

Die Wikimedia-stigting, wat Wikisource aanbied, is baie besorgd oor intellektuele eiendomsregte. Nie slegs kopieregskendings word verbied nie, maar ook werke wat nie ander toelaat om dit vryelik te hergebruik nie. Alle publikasies in Wikisource moet op so 'n wyse gelisensieer wees dat kommersiële gebruik asook werke te skep wat daarop gebaseer is. Werke wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie sal summier verwyder word.

Ander maniere om waarde aan brontekste te heg[edit]

Alhoewel Wikisource nie die plek is vir gebruikers om nuwe en oorspronklike werke te publiseer nie, is daar wel maniere waarop oorspronklike bydraes gelewer kan word. Sien hier onder vir meer inligting daaroor. Heeltemal nuwe werke is nie hier gepas nie, maar kan wel 'n plekkie vind by ander Wikimedia-projekte, soos Wikibooks

Vertalings[edit]

Die Afrikaanse Wikisource versamel slegs werke wat in Afrikaans geskryf is. Tekste wat in ander tale geskryf is behoort in die daarvoor beskikbaar gestelde taal se subdomein, of by die veeltalige Wikisource. Die Afrikaanse Wikisource versamel wel vertalings van nie-Afrikaanse werke.

By Wikisource is die eerste prioriteit van vertaalde werke die byvoeging van voorheen gepubliseerde werke wat in die publieke domein verkeer.

Advertensies[edit]

Wikisource versamel geen advertensies nie, welke soort dan ook. ('n Boek oor die advertensiewese wat in die publieke domein is en noodgedwonge advertensies bevat is een moontlike uitsondering.) Reklame wat nie hier welkom is nie sluit inligting oor werke wat pas verskyn het of wat steeds aan kopiereg onderhewig is, of selfs die wat in die publieke domein is. Advertensies kan amper enige vorm aanneem, maar die algemeenste is geskrewe kommentaar of eksterne skakels.

Anonieme tekste[edit]

Om die kopieregstatus van 'n bron vas te stel, vereis gewoonlik dat die gedetailleerde inligting oor die outeur bekend moet wees. Dit is moontlik om die outeur van meeste brontekste te identifiseer (individuele, groepe, regerings), maar daar bestaan wel tekste waar hierdie inligting verlore gegaan het. Geskiedkundige anonieme tekste is van pas hier by Wikisource: sommige is selfs baie belangrik. Die meeste anonieme tekste moet egter nie by Wikisource gevoeg word nie, tensy hulle van geskiedkundige belang is en die kopieregstatus van die teks duidelik en verifieerbaar is.

Naslaanwerke[edit]

Wikisource versamel nie naslaanwerke tensy dit as deel van 'n volledige bronteks uitgegee is nie. Naslaanwerk wat nie reeds gepubliseer is nie, word dikwels deur gebruikers saamgestel en is onmoontlik om te verifieer; sulke werke vorm nie deel van die doel van Wikisource nie.

Voorbeeld van sulke werke sluit in:

  1. Lyste,
  2. Wiskundige konstantes (soos die syfers van pi),
  3. Tabelle met data of uitslae;
  4. Kriptografiese materiaal en
  5. Bronkode.

Let wel: Naslaandata wat verskaf word as deel van 'n groter publikasie is meer as welkom.