Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997/Hoofstuk tien

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
please do not remove empty parameters (see the template documentation).
Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997 by Regering van Suid-Afrika

Hoofstuk tien: Monitering, afdwinging en geregtelike verrigtinge

HOOFSTUK TIEN
MONITERING, AFDWINGING EN GEREGTELIKE VERRIGTINGE (aa 63-81)

 

Deel A
Monitering en afdwinging (aa 63-73)

 

63 Aanstelling van arbeidsinspekteurs

 

(1) Die Minister kan-

 

(a) enige persoon in die staatsdiens as 'n arbeidsinspekteur aanstel;

 

(b) enige persoon in die staatsdiens, of enige persoon ingevolge artikel 33 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, as 'n aangewese agent van 'n bedingingsraad aangestel, aanwys om die werksaamhede van 'n arbeidsinspekteur te verrig.

 

(2) Iemand kragtens subartikel (1) aangestel, moet sy of haar werksaamhede ingevolge hierdie Hoofstuk, onderworpe aan die opdragte en beheer van die Minister verrig.

 

(3) Die Minister moet elke arbeidsinspekteur voorsien van 'n ondertekende sertifikaat in die voorgeskrewe vorm wat verklaar-

 

(a) dat die persoon 'n arbeidsinspekteur is;

 

(b) welke wetgewing daardie arbeidsinspekteur kan moniteer en afdwing; en

 

(c) welke van die werksaamhede van 'n arbeidsinspekteur daardie persoon kan verrig.

 

[Datum van inwerkingtreding van a. 63: 21 Maart 1998.]

 

64 Werksaamhede van arbeidsinspekteurs

 

(1) 'n Arbeidsinspekteur kragtens artikel 63 (1) aangestel, kan die nakoming van 'n indiensnemingswet bevorder, moniteer en afdwing deur-

 

(a) werknemers en werkgewers omtrent hulle regte en verpligtinge ingevolge 'n indiensnemingswet te adviseer;

 

(b) inspeksies ingevolge hierdie Hoofstuk uit te voer;

 

(c) klagtes wat aan 'n arbeidsinspekteur gemaak is, te ondersoek;

 

(d) te poog om nakoming van 'n indiensnemingswet te verseker deur ondernemings te verkry of nakomingsbevele uit te reik; en

 

(e) enige ander voorgeskrewe werksaamheid te verrig.

 

(2) 'n Arbeidsinspekteur mag nie 'n werksaamheid ingevolge hierdie Wet verrig nie ten opsigte van 'n onderneming ten opsigte waarvan die arbeidsinspekteur 'n persoonlike, finansiële of soortgelyke belang het of daar redelikerwys vermoed kan word dat die arbeidsinspekteur so 'n belang het.

 

[Datum van inwerkingtreding van a. 64: 21 Maart 1998.]

 

65 Betredingsbevoegdhede

 

(1) Ten einde nakoming van 'n indiensnemingswet te moniteer of af te dwing, kan 'n arbeidsinspekteur te eniger redelike tyd, sonder lasbrief of kennisgewing-

 

(a) enige werkplek of enige ander plek waar 'n werkgewer besigheid bedryf of rekords hou, wat nie 'n woning is nie, betree;

 

(b) enige perseel wat gebruik word vir opleiding ingevolge die Wet op Mannekragopleiding, 1981 (Wet 56 van 1981), betree; of

 

(c) enige private werkverskaffingskantoor geregistreer kragtens artikel 15 van die Wet op Voorligting en Indiensplasing, 1981 (Wet 62 van 1981), betree.

 

(2) 'n Arbeidsinspekteur kan 'n woning of enige ander plek as dié bedoel in subartikel (1) betree slegs-

 

(a) met die toestemming van die eienaar of okkupeerder; of

 

(b) indien skriftelik ingevolge subartikel (3) daartoe gemagtig.

 

(3) Die Arbeidshof kan 'n magtiging beoog in subartikel (2) uitreik slegs op skriftelike aansoek deur 'n arbeidsinspekteur wat onder eed of plegtige verklaring die redes uiteensit waarom 'n plek betree moet word ten einde die nakoming van 'n indiensnemingswet te moniteer of af te dwing.

 

(4) Indien dit uitvoerbaar is om dit te doen, moet die werkgewer en 'n vakbondverteenwoordiger in kennis gestel word dat die arbeidsinspekteur by 'n werkplek teenwoordig is en van die redes vir die ondersoek.

 

[Datum van inwerkingtreding van a. 65: 21 Maart 1998.]

 

66 Bevoegdhede om te ondervra en te ondersoek

 

(1) Ten einde die nakoming van 'n indiensnemingswet te moniteer of af te dwing, kan 'n arbeidsinspekteur-

 

(a) van iemand vereis om inligting betreffende 'n aangeleentheid wat met 'n indiensnemingswet verband hou, hetsy mondeling of skriftelik, en hetsy alleen of in teenwoordigheid van getuies, openbaar te maak, en vereis dat die openbaarmaking onder eed of plegtige verklaring gedoen moet word;

 

(b) enige rekord of dokument wat met 'n indiensnemingswet verband hou, ondersoek en iemand daaroor ondervra;

 

(c) 'n afskrif maak van enige rekord of dokument bedoel in paragraaf (b), of dit verwyder ten einde afskrifte of uittreksels te maak;

 

(d) van iemand vereis om enige rekord of dokument bedoel in paragraaf (b) by 'n plek vermeld deur die arbeidsinspekteur, vir ondersoek voor te lê of af te lewer;

 

(e) enige artikel, stof of masjinerie wat by 'n plek bedoel in artikel 65 beskikbaar is, ondersoek, iemand daaroor ondervra en, indien nodig, dit verwyder;

 

(f) enige werk wat verrig is, ondersoek of iemand betreffende daardie werk ondervra; en

 

(g) enige ander voorgeskrewe werksaamheid verrig wat nodig is om nakoming van 'n indiensnemingswet te moniteer of af te dwing.

 

(2) 'n Arbeidsinspekteur kan deur 'n tolk en enige ander persoon wat redelikerwys vereis word om met die uitvoering van die ondersoek te help, vergesel word.

 

(3) 'n Arbeidsinspekteur moet-

 

(a) op versoek die sertifikaat bedoel in artikel 63 (3) voorlê;

 

(b) 'n kwitansie verskaf vir enige rekord, dokument, artikel, stof of masjinerie wat ingevolge subartikel (1) (c) of (e) verwyder is; en

 

(c) enigiets wat verwyder is binne 'n redelike tydperk terugbesorg.

 

(4) Die bevoegdhede waarvoor daar in hierdie Deel voorsiening gemaak word, is bykomend tot 'n bevoegdheid van 'n arbeidsinspekteur ingevolge 'n ander indiensnemingswet.

 

67 Samewerking met arbeidsinspekteurs

 

(1) Iemand wat ingevolge artikel 66 deur 'n arbeidsinspekteur ondervra word, moet alle tersaaklike vrae wat regsgeldig aan hom of haar gestel word, eerlik en na die beste van sy of haar vermoë beantwoord.<a href="#_edn14" name="_ednref14" title="">[xiv]</a>*

 

(2) Elke werkgewer en elke werknemer moet by 'n werkplek enige fasiliteit verskaf en hulp verleen wat redelikerwys deur 'n arbeidsinspekteur vereis word ten einde die arbeidsinspekteur se werksaamhede doeltreffend te kan verrig.

 

68 Verkryging van onderneming

 

(1) 'n Arbeidsinspekteur wat redelike gronde het om te glo dat 'n werkgewer 'n bepaling van hierdie Wet nie nagekom het nie, moet poog om 'n skriftelike onderneming deur die werkgewer te verkry om die bepaling na te kom.

 

(1A) 'n Arbeidsinspekteur kan poog om 'n skriftelike onderneming deur die werkgewer te kry om subartikel (1) na te kom deur-

 

(a) 'n vergadering te hou met die werkgewer of 'n verteenwoordiger van die werkgewer; of

 

(b) 'n dokument in die voorgeskrewe vorm aan die werkgewer te beteken.

 

[Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 13 van Wet 11 van 2002.]

 

(2) Die arbeidsinspekteur, in sy of haar poging om daardie onderneming te verkry-

 

(a) kan probeer om 'n ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer te bewerkstellig oor enige bedrag wat ingevolge hierdie Wet aan die werknemer verskuldig is;

 

(b) kan reël vir betaling aan 'n werknemer van enige bedrag wat as gevolg van 'n onderneming betaal is;

 

(c) kan op skriftelike versoek van 'n werknemer betaling namens die werknemer ontvang; en

 

(d) moet 'n kwitansie verskaf vir enige betaling wat ingevolge paragraaf (c) ontvang is.

 

69 Nakomingsbevel

 

(1) 'n Arbeidsinspekteur wat redelike gronde het om te glo dat 'n werkgewer 'n bepaling van hierdie Wet nie nagekom het nie, kan 'n nakomingsbevel uitreik.

 

(2) 'n Nakomingsbevel moet-

 

(a) <span die naam van die werkgewer, en die ligging van elke werkplek waarop dit van toepassing is, uiteensit;

 

(b) <span 'n bepaling van hierdie Wet waaraan die werkgewer nie voldoen het nie, en besonderhede van die optrede wat nie-nakoming uitmaak, uiteensit;

 

(c) <span enige bedrag wat die werkgewer verplig is om aan die werknemer te betaal, uiteensit;

 

(d) <span enige skriftelike onderneming deur die werkgewer ingevolge artikel 68 (1) en enige versuim deur die werkgewer om aan 'n skriftelike onderneming te voldoen, uiteensit;

 

(e) <span enige stappe wat die werkgewer verplig is om te doen, met inbegrip van, indien nodig, die staking van die betrokke oortreding en die tydperk waarbinne daardie stappe gedoen moet word, uiteensit; en

 

(f) <span die maksimum boete wat ooreenkomstig Bylae Twee aan die werkgewer opgelê kan word vir 'n versuim om aan 'n bepaling van hierdie Wet te voldoen, uiteensit.

 

(3) (a) 'n Arbeidsinspekteur moet 'n afskrif van die nakomingsbevel aan die werkgewer daarin genoem, beteken, en aan elke werknemer wat daardeur geraak word tensy dit onuitvoerbaar is, en aan 'n verteenwoordiger van die werknemers.

 

(b) Die versuim om 'n afskrif van 'n nakomingsbevel ingevolge paragraaf (a) aan enige werknemer of enige verteenwoordiger van werknemers te beteken, maak nie die bevel ongeldig nie.

 

[Sub-a. (3) vervang by a. 14 van Wet 11 van 2002.]

 

(4) Die werkgewer moet 'n afskrif van die nakomingsbevel, op 'n plek wat toeganklik is vir die werknemers wat daardeur geraak word, opsigtelik vertoon by elke werkplek daarin genoem.

 

(5) 'n Werkgewer moet binne die tydperk in die bevel vermeld aan die nakomingsbevel voldoen, tensy die werkgewer ingevolge artikel 71 daarteen beswaar maak.

 

[w75j1997a70]70 Beperkings

 

'n Arbeidsinspekteur mag nie 'n nakomingsbevel ten opsigte van 'n bedrag wat aan 'n werknemer as gevolg van 'n versuim om aan 'n bepaling van hierdie Wet te voldoen, betaalbaar is, uitreik nie indien-

 

(a) <span die werknemer deur 'n kollektiewe ooreenkoms gedek word wat voorsiening maak vir beslegting deur arbitrasie van geskille betreffende bedrae wat ingevolge hierdie Wet verskuldig is;

 

(b) <span die werknemer in diens is in 'n kategorie werknemers wat in artikel 6 (1) (a) vermeld is of ten opsigte waarvan 'n kennisgewing ingevolge artikel 6 (3) uitgereik is;

 

(c) <span enige verrigtinge vir die verhaling van daardie bedrag ingestel is of, indien verrigtinge ingestel is, daardie verrigtinge teruggetrek is; of

 

(d) <span daardie bedrag deur die werkgewer aan die werknemer verskuldig is vir langer as 12 maande vanaf die datum waarop 'n klagte deur of namens die werknemer by 'n arbeidsinspekteur ingedien is of, indien geen klagte ingedien is nie, die datum waarop 'n arbeidsinspekteur eerste probeer het om 'n skriftelike onderneming deur die werkgewer ingevolge artikel 68 te verkry.

 

[Par. (d) vervang by a. 15 van Wet 11 van 2002.]

 

[w75j1997a71]71 Besware teen nakomingsbevel

 

(1) 'n Werkgewer kan, binne 21 dae na ontvangs van 'n nakomingsbevel, teen daardie bevel beswaar aanteken deur skriftelike vertoë aan die Direkteur-generaal te rig.

 

(2) Indien die werkgewer te eniger tyd gegronde redes aanvoer, kan die Direkteur-generaal die werkgewer toelaat om nadat die tydperk van 21 dae verstryk het, beswaar aan te teken.

 

(3) Nadat die Direkteur-generaal enige vertoë deur die werkgewer en enige ander tersaaklike inligting oorweeg het-

 

(a) <span kan hy of sy 'n bevel of enige gedeelte van 'n bevel bekragtig, wysig of intrek; en

 

(b) <span moet hy of sy die tydperk bepaal waarbinne die werkgewer enige gedeelte van 'n bevel wat bekragtig of gewysig is, moet nakom.

 

(4) Die inligting wat die Direkteur-generaal moet oorweeg, sluit in-

 

(a) <span enige getuienis betreffende die werkgewer se nakomingsgeskiedenis;

 

(b) <span die waarskynlikheid dat die werkgewer van die betrokke bepalings bewus was; en

 

(c) <span die stappe wat deur die werkgewer gedoen is ten einde nakoming van die betrokke bepaling te verseker.

 

(5) Die Direkteur-generaal moet 'n afskrif van die bevel wat ingevolge subartikel (3) gemaak is aan die werkgewer en aan elke werknemer wat daardeur geraak word of, indien dit onuitvoerbaar is, aan 'n werknemersverteenwoordiger beteken.

 

(6) Indien die Direkteur-generaal die bevel of enige gedeelte van die bevel bekragtig of wysig, moet die werkgewer daardie bevel nakom binne die tydperk in daardie bevel bepaal.

 

[w75j1997a72]72 Appèlle teen bevel van Direkteur-generaal

 

(1) 'n Werkgewer kan binne 21 dae na ontvangs van 'n bevel van die Direkteur-generaal teen daardie bevel appèl aanteken na die Arbeidshof.

 

(2) Die bevel word opgeskort hangende die finale beslissing van die appèl deur die Arbeidshof of 'n appèl vanaf die Arbeidshof.

 

(3) Indien die werkgewer te eniger tyd gegronde redes aanvoer, kan die Arbeidshof die werkgewer toelaat om nadat die tydperk van 21 dae verstryk het, appèl aan te teken.

 

[w75j1997a73]73 Bevel kan bevel van Arbeidshof gemaak word

 

(1) Die Direkteur-generaal kan by die Arbeidshof aansoek doen dat 'n nakomingsbevel 'n bevel van die Arbeidshof gemaak word ingevolge artikel 158 (1) (c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, indien die werkgewer nie die bevel nagekom het nie en nie ingevolge artikel 71 (1) 'n beswaar teen die bevel aangeteken het nie.

 

(2) Die Direkteur-generaal kan by die Arbeidshof aansoek doen dat 'n bevel van die Direkteur-generaal ingevolge artikel 71 (3) 'n bevel van die Arbeidshof gemaak word ingevolge artikel 158 (1) (c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, indien die werkgewer nie die bevel nagekom het nie en nie ingevolge artikel 72 (1) appèl teen die bevel aangeteken het nie.

 

(3) ......

 

[Sub-a. (3) geskrap by a. 16 van Wet 11 van 2002.]

 

Deel B
Geregtelike verrigtinge (aa 74-77A)

 

[w75j1997a74]74 Samevoeging van verrigtinge

 

(1) 'n Geskil in verband met 'n oortreding van hierdie Wet kan gesamentlik met verrigtinge wat deur 'n werknemer kragtens Deel C van hierdie Hoofstuk ingestel is, ingestel word.

 

(2) Indien 'n werknemer verrigtinge weens onbillike ontslag instel, kan die Arbeidshof of die arbiter wat die aangeleentheid aanhoor, ook enige eis aanhoor vir 'n bedrag wat ingevolge hierdie Wet aan daardie werknemer verskuldig is, indien-

 

(a) <span die eis ooreenkomstig artikel 191 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, verwys word;

 

(b) <span die bedrag nie vir langer as een jaar voor die ontslag deur die werkgewer aan die werknemer verskuldig was nie; en

 

(c) <span geen nakomingsbevel gemaak is nie en geen ander regsverrigtinge ingestel is nie om die bedrag te verhaal.

 

[Sub-a. (2) vervang by a. 17 van Wet 11 van 2002.]

 

(3) 'n Geskil betreffende 'n bedrag wat aan 'n werknemer verskuldig is as gevolg van enige oortreding van hierdie Wet, kan gesamentlik met 'n geskil wat deur daardie werknemer ingestel is oor die geregtigdheid op 'n skeidingsloon ingevolge artikel 41 (6), ingestel word.

 

[w75j1997a75]75 Betaling van rente

 

'n Werkgewer moet rente aan enige persoon aan wie 'n betaling gedoen moes gewees het, betaal teen die rentekoers voorgeskryf ingevolge artikel 1 van die Wet op die Voorgeskrewe Rentekoers, 1975 (Wet 55 van 1975), op enige bedrag wat ingevolge hierdie Wet verskuldig en betaalbaar is.

 

[A. 75 vervang by a. 18 van Wet 11 van 2002.]

 

[w75j1997a76]76 Bewys van nakoming

 

In enige verrigtinge betreffende 'n oortreding van hierdie Wet of enige sektorale vasstelling, moet 'n werkgewer-

 

(a) <span bewys dat 'n aantekening wat deur of namens daardie werkgewer bygehou is, geldig en korrek is;

 

(b) <span wat versuim het om 'n aantekening wat deur hierdie Wet vereis word en wat by daardie verrigtinge tersaaklik is, by te hou, nakoming van enige bepaling van hierdie Wet bewys.

 

[w75j1997a77]77 Jurisdiksie van Arbeidshof

 

(1) Behoudens die Grondwet en die jurisdiksie van die Arbeidsappèlhof, en behalwe waar hierdie Wet anders bepaal, het die Arbeidshof uitsluitlike jurisdiksie ten opsigte van alle aangeleenthede ingevolge hierdie Wet, maar nie ten opsigte van 'n misdryf in artikels 43, 44, 46, 48, 90 en 92 vermeld nie.

 

(2) Die Arbeidshof kan die verrigting of beweerde verrigting van enige werksaamheid waarvoor daar in hierdie Wet voorsiening gemaak word of enige handeling of versuim van 'n persoon ingevolge hierdie Wet, hersien op enige gronde wat regtens toelaatbaar is.

 

(3) Die Arbeidshof het konkurrente jurisdiksie met die siviele howe om enige aangeleentheid betreffende 'n dienskontrak, ongeag of 'n basiese diensvoorwaarde 'n bepaling van daardie kontrak uitmaak, aan te hoor en daaroor te beslis.

 

(4) Subartikel (1) verhinder nie iemand wat op 'n bepaling van hierdie Wet steun om in enige verrigtinge in 'n siviele hof of 'n arbitrasie wat ingevolge 'n ooreenkoms gehou word, te bewys dat 'n basiese diensvoorwaarde 'n bepaling van 'n dienskontrak uitmaak nie.

 

(5) Indien verrigtinge betreffende enige aangeleentheid beoog ingevolge subartikel (1) ingestel word in 'n hof wat nie jurisdiksie ten opsigte van daardie aangeleentheid het nie, kan daardie hof daardie aangeleentheid te eniger tyd tydens die verrigtinge na die Arbeidshof verwys.

 

[w75j1997a77A]77A Bevoegdhede van Arbeidshof

 

Behoudens die bepalings van hierdie Wet kan die Arbeidshof enige gepaste bevel maak, met inbegrip van 'n bevel-

 

(a) <span om, op aansoek deur die Direkteur-generaal ingevolge artikel 73 (1) of 73 (2), 'n nakomingsbevel ingevolge hierdie Wet uitgereik 'n bevel van die Arbeidshof te maak;

 

(b) <span om die laat indiening van enige dokument by, of die laat verwysing van enige geskil na, die Arbeidshof te kondoneer;

 

(c) <span om, op appèl deur die werkgewer ingevolge artikel 72, 'n bevel wat ingevolge artikel 71 (3) deur die Direkteur-generaal gemaak is, in geheel of gedeeltelik te bekragtig, te wysig of tersyde te stel;

 

(d) <span om die verrigting of beweerde verrigting van enige werksaamheid waarvoor ingevolge hierdie Wet voorsiening gemaak word of enige handeling of versuim deur enige persoon of liggaam ingevolge hierdie Wet, op enige regtens toelaatbare gronde te hersien;

 

(e) <span om, ingevolge artikel 77 (3), 'n vasstelling te maak wat hy redelik ag oor enige aangeleentheid rakende 'n dienskontrak, welke vasstelling 'n bevel vir spesifieke verrigting, 'n toekenning van skadevergoeding of 'n toekenning van vergoeding kan insluit;

 

(f) <span om 'n boete op te lê ooreenkomstig Bylae Twee by hierdie Wet of vir enige oortreding van enige bepaling van hierdie Wet waarvoor 'n boete opgelê kan word; en

 

(g) <span om enige aangeleentheid te hanteer wat nodig is vir of bykomstig is by die verrigting van sy werksaamhede ingevolge hierdie Wet.

 

[A. 77A bygevoeg by a. 19 van Wet 11 van 2002.]

 

Deel C
Beskerming van werknemers teen diskriminasie
(aa 78-81)

 

[w75j1997a78]78 Regte van werknemers

 

(1) Elke werknemer het die reg om-

 

(a) <span by 'n vakbondverteenwoordiger, 'n vakbondbeampte of 'n arbeidsinspekteur 'n klagte te lê betreffende enige beweerde versuim of weiering deur 'n werkgewer om hierdie Wet na te kom;

 

(b) <span sy of haar diensvoorwaardes met sy of haar medewerknemers, sy of haar werkgewer of enige ander persoon te bespreek;

 

(c) <span te weier om 'n opdrag wat in stryd met hierdie Wet of 'n sektorale vasstelling is, na te kom;

 

(d) <span te weier om in te stem tot enige beding of voorwaarde van diens wat in stryd met hierdie Wet of 'n sektorale vasstelling is;

 

(e) <span enige rekord wat ingevolge hierdie Wet gehou word en wat met die diens van daardie werknemer verband hou, te ondersoek;

 

(f) <span aan verrigtinge ingevolge hierdie Wet deel te neem;

 

(g) <span 'n vakbondverteenwoordiger of 'n arbeidsinspekteur te versoek om enige rekord wat ingevolge hierdie Wet gehou word en wat met die diens van daardie werknemer verband hou, te ondersoek.

 

(2) Elke vakbondverteenwoordiger het die reg om, op versoek van 'n werknemer, enige rekord wat ingevolge hierdie Wet gehou word en wat met die diens van daardie werknemer verband hou, te ondersoek.

 

[w75j1997a79]79 Beskerming van regte

 

(1) In hierdie artikel beteken "werknemer" ook 'n voormalige werknemer of iemand wat om werk aansoek doen.

 

(2) Niemand mag weens die uitoefening van 'n reg wat by hierdie Deel verleen word, teen 'n werknemer diskrimineer nie en niemand mag enige van die volgende doen of dreig om dit te doen nie:

 

(a) <span Van 'n werknemer vereis om nie 'n reg wat by hierdie Deel verleen word, uit te oefen nie;

 

(b) <span 'n werknemer verhinder om 'n reg wat by hierdie Deel verleen is, uit te oefen; of

 

(c) <span 'n werknemer benadeel weens 'n vorige, huidige of verwagte-

 

(i) versuim of weiering om iets te doen wat 'n werkgewer 'n werknemer nie regtens mag toelaat of van hom of haar mag vereis om te doen nie;

 

(ii) openbaarmaking van inligting wat die werknemer regtens geregtig of verplig is om aan 'n ander persoon te gee; of

 

(iii) uitoefening van 'n reg wat by hierdie Deel verleen word.

 

(3) Niemand mag 'n werknemer bevoordeel of beloof om hom of haar te bevoordeel in ruil daarvoor dat die werknemer nie 'n reg wat by hierdie Deel verleen word, uitoefen nie. Niks in hierdie artikel verhinder egter die partye by 'n geskil om 'n ooreenkoms aan te gaan ten einde die geskil te besleg nie.

 

[w75j1997a80]80 Prosedure vir geskille

 

(1) Indien daar 'n geskil betreffende die uitleg of toepassing van hierdie Deel bestaan, kan enige party by die geskil die geskil skriftelik verwys na-

 

(a) <span 'n raad, indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van daardie raad val; of

 

(b) <span die KVBA, indien daar nie 'n raad is wat jurisdiksie het nie.

 

(2) Die party wat 'n geskil verwys, moet die raad of die KVBA oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is.

 

(3) Die raad of die KVBA moet poog om 'n geskil deur middel van versoening te besleg.

 

(4) Indien 'n geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil dit na die Arbeidshof vir beregting verwys.

 

(5) Die tersaaklike bepalings van Deel C van Hoofstuk VII van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, is met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing ten opsigte van 'n geskil ingevolge hierdie Deel.

 

[w75j1997a81]81 Bewyslas

 

In enige verrigtinge ingevolge hierdie Deel-

 

(a) <span moet 'n werknemer wat beweer dat 'n reg of beskerming wat deur hierdie Deel verleen word, geskend is, die feite van die optrede wat na bewering sodanige skending uitmaak, bewys; en

 

(b) <span moet die party wat die betrokke optrede verrig, vervolgens bewys dat die optrede nie enige bepaling van hierdie Deel geskend het nie.