Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997/Bylae

From Wikisource
Jump to navigation Jump to search
please do not remove empty parameters (see the template documentation).
Wet op basiese diensvoorwaardes 75 van 1997 by Regering van Suid-Afrika

Bylae

Bylae Een
PROSEDURES VIR PROGRESSIEWE VERMINDERING VAN MAKSIMUM WERKURE

 

1 Doel

 

Hierdie Bylae boekstaaf die prosedures wat gevolg moet word om die werkure van werknemers na die doel van 'n werkweek van 40 uur en 'n werkdag van agt uur te verminder-

 

(a) <span deur kollektiewe bedinging en die publisering van sektorale vasstellings;

 

(b) <span met behoorlike inagneming van die impak van 'n vermindering van werkure op bestaande indiensneming en geleenthede vir die skepping van indiensneming, ekonomiese doeltreffendheid en die gesondheid, veiligheid en welsyn van werknemers.

 

2 Kollektiewe bedinging

 

Wanneer 'n party by onderhandelinge, gedurende onderhandelinge oor bedinge en voorwaardes van indiensneming, die vermindering van maksimum werkure as 'n onderwerp vir onderhandeling indien, moet die partye oor daardie onderwerp onderhandel.

 

3 Rol van Kommissie vir Diensvoorwaardes

 

Die Kommissie kan die moontlikheid van vermindering van werkure in 'n bepaalde sektor en gebied ondersoek en aan die Minister aanbevelings daaroor doen.

 

4 Ondersoek deur Departement van Arbeid

 

(1) Die Departement van Arbeid moet na oorleg met die Kommissie 'n ondersoek instel oor die wyse hoe die vermindering van weeklikse werkure na 'n vlak van 40 uur per week bereik kan word.

 

(2) Die ondersoek moet nie later nie as 18 maande nadat hierdie Wet in werking getree het, voltooi en die verslag aan die Minister voorgelê word.

 

5 Verslae

 

(1) Die Departement van Arbeid moet na oorleg met die Kommissie-

 

(a) <span vordering wat gemaak is met die vermindering van werkure moniteer en hersien;

 

(b) <span 'n verslag vir die Minister oor die vordering wat gemaak is met die vermindering van werkure voorberei en publiseer.

 

(2) Die Departement moet die verslag elke twee jaar publiseer.

 

(3) Die verslae moet deur die Minister by die NEOAR en in die Parlement ter tafel gelê word.

 

(4) Die Minister kan die opgawes voorskryf wat deur werkgewers, vakbonde en rade oor enige aangeleentheid met betrekking tot hierdie Bylae voorgelê moet word.

 

Bylae Twee
MAKSIMUM TOELAATBARE BOETES WAT OPGELÊ KAN WORD VIR VERSUIM OM HIERDIE WET NA TE KOM

 

1

 

Hierdie Bylae sit die maksimum boete uiteen wat ingevolge Hoofstuk Tien opgelê kan word vir 'n versuim om 'n bepaling van hierdie Wet na te kom.

 

2

 

Die maksimum boete wat opgelê kan word-

 

(a) <span vir 'n versuim om 'n bepaling van hierdie Wet na te kom wat nie 'n versuim behels om 'n bedrag te betaal wat ingevolge 'n basiese diensvoorwaarde aan 'n werknemer verskuldig is nie, is die boete ingevolge Tabel Een of Tabel Twee vasgestel;

 

(b) <span betreffende 'n versuim om 'n bedrag verskuldig aan 'n werknemer te betaal, is die hoogste van die bedrae ingevolge Tabel Een of Tabel Twee vasgestel.

 

TABEL EEN: MAKSIMUM TOELAATBARE BOETE WAARBY 'N ONDERBETALING NIE BETROKKE IS NIE

 

Geen vorige versuim betreffende nakoming nie

R100 per werknemer ten opsigte van wie die versuim betreffende nakoming geskied

'n Vorige versuim betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling

R200 per werknemer ten opsigte van wie die versuim betreffende nakoming geskied

'n Vorige versuim betreffende nakoming binne die vorige 12 maande of twee vorige versuime betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

R300 per werknemer ten opsigte van wie die versuim betreffende nakoming geskied

Drie vorige versuime betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

R400 per werknemer ten opsigte van wie die versuim betreffende nakoming geskied

Vier vorige versuime betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

R500 per werknemer ten opsigte van wie die versuim betreffende nakoming geskied

 

TABEL TWEE: MAKSIMUM TOELAATBARE BOETE WAARBY 'N ONDERBETALING BETROKKE IS

 

Geen vorige versuim betreffende nakoming nie

25% van die bedrag verskuldig, met inbegrip van enige rente wat op die datum van die bevel op die bedrag verskuldig is

'n Vorige versuim betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

50% van die bedrag verskuldig, met inbegrip van enige rente wat op die datum van die bevel op die bedrag verskuldig is

'n Vorige versuim betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne 'n jaar, of twee vorige versuime betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

75% van die bedrag verskuldig, met inbegrip van enige rente wat op die datum van die bevel op die bedrag verskuldig is

Drie vorige versuime betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

100% van die bedrag verskuldig, met inbegrip van enige rente wat op die datum van die bevel op die bedrag verskuldig is

Vier of meer vorige versuime betreffende nakoming ten opsigte van dieselfde bepaling binne drie jaar

200% van die bedrag verskuldig, met inbegrip van enige rente wat op die datum van die bevel op die bedrag verskuldig is

 

Bylae Drie
OORGANGSBEPALINGS<a href="#_edn15" name="_ednref15" title="">[xv]</a>*

 

1 Woordomskrywing

 

By die toepassing van hierdie Bylae beteken-

 

"huiswerker" 'n werknemer wat as 'n "huiswerker" omskryf is in artikel 1(1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983;

 

"Loonwet, 1957" die Loonwet, 1957 (Wet 5 van 1957);

 

"loonvasstelling" 'n loonvasstelling gedoen ingevolge artikel 14 van die Loonwet, 1957;

 

"mynwerker" 'n werknemer wat by 'n myn in diens is en wie se werkure ingevolge 'n regulasie wat van krag is ingevolge item 4 van Bylae 4 by die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne, 1996 (Wet 29 van 1996), voorgeskryf word;

 

"plaaswerker" 'n werknemer wat hoofsaaklik in of in verband met boerderybedrywighede in diens is, en ook 'n werknemer wat uitsluitlik of hoofsaaklik huiswerk in 'n huis op 'n plaas verrig;

 

"veiligheidswag" 'n werknemer omskryf as 'n "wag" of 'n "veiligheidswag" ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983;

 

"Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983" die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983 (Wet 3 van 1983).

 

2 Toepassing op staatsdiens

 

Hierdie Wet, behalwe artikel 41, is nie op die staatsdiens van toepassing nie vir 18 maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet, tensy 'n bedingingsraad 'n kollektiewe ooreenkoms aangaan dat 'n bepaling van hierdie Wet vanaf 'n vroeër datum van toepassing sal wees.

 

3 Toepassing op plaaswerkers

 

(1) Artikels 6A, 10 (2A) en 14 (4A) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, bly van toepassing ten opsigte van die diens van 'n plaaswerker tot tyd en wyl die aangeleenthede wat deur daardie bepalings gereël word, deur 'n sektorale vasstelling gereël word wat ten opsigte van die plaaswerker van toepassing is.

 

(2) Totdat dit deur 'n sektorale vasstelling gereël word, is artikel 17 (3) van toepassing op plaaswerkers wat na 20:00 en voor 04:00 by minstens vyf geleenthede per maand of 50 geleenthede per jaar werk.

 

4 Betaling in goedere vir huiswerkers en plaaswerkers

 

(1) Die omskrywing van "loon" in artikel 1 (1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, en die omskrywing van "betaling in goedere" in die regulasies afgekondig kragtens daardie Wet bly van toepassing op die diens van huiswerkers en plaaswerkers totdat dit deur 'n sektorale vasstelling gereël word.

 

(2) Die Minister kan by kennisgewing in die Staatskoerant enige kontantbedrag voorgeskryf in die omskrywing van "betaling in goedere" verander ooreenkomstig artikel 37 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, asof daardie artikel nie herroep is nie.

 

5 Gewone werkure

 

'n Werkgewer kan van 'n werknemer wat as 'n plaaswerker, 'n mynwerker of 'n veiligheidswag in diens is, vereis of die werknemer toelaat om gewone werkure te werk wat meer is as dié wat deur artikel 9 (1) en (2) voorgeskryf is vir die tydperk vermeld in kolom twee van Tabel Een: Met dien verstande dat-

 

(a) '<span n voorwaarde in kolom twee van Tabel Een nagekom word;

 

(b) <span die werknemer se werkure nie enige perk op werkure in enige wet of enige loonreëlende maatreël wat op daardie kategorie werknemer van toepassing was onmiddellik voordat hierdie Wet in werking getree het, oorskry nie;

 

(c) <span die werknemer en sy of haar werkgewer nie 'n ooreenkoms ingevolge artikel 11 of 12 aangaan nie.

 

TABEL EEN

 

[Tabel Een gewysig deur Goewermentskennisgewing R195 van 25 Februarie 2000.]

 

Plaaswerkers

Vir 'n tydperk van 12 maande na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet, met dien verstande dat die werknemer se gewone werkure nie 48 uur per week oorskry nie.

Mynwerkers

Vir 'n tydperk van 12 maande na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet, met dien verstande dat die werknemer se totale werkure nie enige beperking op werkure, voorgeskryf in 'n toepaslike regulasie wat van krag is ingevolge item 4 van Bylae 4 by die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne, 1996 (Wet 29 van 1996), oorskry nie.

<a href="#_edn16" name="_ednref16" title="">[xvi]</a>*Security guards

For a period of 12 months after the commencement date of this Act, provided that the employee's ordinary hours of work do not exceed 55 hours per week; and thereafter for a further period of 12 months, provided that the employee's ordinary hours of work do not exceed 50 hours per week.

<a href="#_edn17" name="_ednref17" title="">[xvii]</a>*Security guards in the private security industry

Despite the preceding sentence, for a period of 12 months after the commencement date of a sectoral determination for the private security sector, provided that the employee's ordinary hours of work do not exceed 55 hours per week; and thereafter for a further period of 12 months, provided that the employee's ordinary hours of work do not exceed 50 hours per week.

 

6 Betaling vir verlof

 

(1) Die geregtigdheid, ingevolge artikel 20 (2), van 'n werknemer wat voor en na die inwerkingtreding van hierdie Wet aaneenlopend in diens was, tree in werking op die datum waarop die werknemer 'n daaropvolgende verlofsiklus ingevolge artikel 12 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, of enige loonvasstelling sou begin het, as dit nie vir die verordening van hierdie Wet was nie.

 

(2) Enige opgelope verlof waarop 'n werknemer ingevolge artikel 12 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, of 'n loonvastelling geregtig was, maar wat nie teen die datum waarop artikel 20 (2) ten opsigte van daardie werknemer van krag word, toegestaan is nie, moet by die verlof met betaling wat deur daardie werknemer ingevolge hierdie Wet verdien is, gevoeg word.

 

(3) Artikel 22 (3) is nie van toepassing nie op enige verlof deur die werknemer verdien ten opsigte van enige tydperk voor die datum waarop hierdie Wet van krag word.

 

7 Betaling vir siekteverlof

 

(1) Tabel Twee is van toepassing ten opsigte van enige werknemer, soos omskryf in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, wat by die inwerkingtreding van hierdie Wet in diens is.

 

(2) 'n Werknemer wat in kolom een gelys is en wat vir die tydperk uiteengesit in kolom twee in aaneenlopende diens was voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, word op die datum wat in kolom drie gelys is, geregtig op die regte kragtens artikel 22 (2) en op die datum wat in kolom vier gelys is, op die regte kragtens artikel 22 (3).

 

TABEL TWEE
OORGANGSREËLINGS IN VERBAND MET SIEKTEVERLOF

 

<span Werknemers soos omskryf in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983

<span Tydperk van aaneenlopende diens voor die datum van in-werkingtreding van hierdie Wet

<span Datum van ge-regtigdheid op ses weke siekteverlof met betaling oor 'n siekteverlofsiklus van 36 maande ingevolge artikel 22 (2)

<span Datum van geregtigdheid op een dag siekte- verlof met betaling elke 26 dae gewerk gedurende die eerste ses opeenvolgende maande diens ingevolge artikel 22 (3)

<span Werknemers en gereelde dagwerkers

<span Minder as ses maande

<span Ses maande na die aanvangsdatum van diens

<span Datum waarop werknemer diens begin het

<span Los werknemers

<span Minder as ses maande

<span Ses maande na die aanvangsdatum van diens

<span Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet

<span Gereelde dagwerkers en los werknemers

<span Meer as ses maande

<span Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet

<span Nie van toepassing nie

<span Werknemers (behalwe los werkers en gereelde dagwerkers)

<span Tussen ses en 12 maande

<span Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet

<span Nie van toepassing nie

<span Werknemers

<span Meer as 12 maande

<span By voltooiing van huidige siekteverlofsiklus ingevolge artikel 13 (1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983

<span Nie van toepassing nie

 

(3) Enige tydperk van betaalde siekteverlof wat aan 'n werknemer in ooreenstemming met Tabel Twee toegestaan is, kan van die werknemer se geregtigdheid ingevolge óf artikel 22 (2) óf artikel 22 (3) afgetrek word, indien-

 

(a) <span dit voor die inwerkingtreding van hierdie Wet geneem is; of

 

(b) <span dit geneem is gedurende die tydperk dat die betrokke artikel met betrekking tot daardie werknemer van krag was.

 

8 Vrystellings

 

'n Vrystelling wat kragtens artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983, toegestaan is en van krag was onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, bly, vir die tydperk waarvoor die vrystelling verleen was, of indien die vrystelling vir 'n onbepaalde tydperk verleen is, vir 'n tydperk van ses maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag asof daardie Wet nie herroep is nie, tensy dit voor die einde van daardie tydperk deur die Minister ingetrek word.

 

9 Loonvasstellings

 

(1) 'n Loonvasstelling en enige wysing van 'n loonvasstelling wat ingevolge artikel 15 van die Loonwet, 1957, gedoen is, wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, van krag was (hierna 'n "loonvasstelling" genoem), word geag 'n sektorale vasstelling te wees wat in ooreenstemming met artikel 55 van hierdie Wet gedoen is .

 

(2) Enige bepaling in 'n loonvasstelling wat 'n minimum termyn of diensvoorwaarde voorskryf, word geag 'n basiese diensvoorwaarde te wees soos in artikel 1 van hierdie Wet omskryf.

 

(3) Die Minister kan enige loonvasstelling in ooreenstemming met Hoofstuk Agt van hierdie Wet wysig, intrek, opskort, ophelder of regstel.

 

(4) Die bepalings van 'n loonvasstelling kan in ooreenstemming met Hoofstuk Tien van hierdie Wet afgedwing word.

 

(5) Enige vervolging rakende 'n oortreding van of versuim om te voldoen aan 'n bindende loonvasstelling of vrystellingsertifikaat gedurende die tydperk van 1 November 1998 tot die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, welke vervolging begin het voor of binne drie maande na die datum van inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, moet ingevolge die Loonwet, 1957, gehanteer word asof die Loonwet, 1957, nie herroep is nie.

 

(6) Die Direkteur van Openbare Vervolgings met jurisdiksie word geag 'n sertifikaat ingevolge artikel 23 (3) (a) van die Loonwet, 1957, uit te gereik het ten opsigte van enige oortreding of versuim in subitem (5) beoog ten opsigte waarvan geen vervolging begin het nie binne drie maande na die datum van inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002.

 

[Item 9 vervang by a. 23 (a) van Wet 11 van 2002.]

 

10 Vrystellings van loonvasstelling

 

'n Vrystellingsertifikaat wat ingevolge artikel 19 van die Loonwet, 1957, ten opsigte van 'n loonvasstelling toegestaan is, wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag was, word geag ingetrek te wees ses maande na die datum van inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002.

 

[Item 10 vervang by a. 23 (b) van Wet 11 van 2002.]

 

11 Ooreenkomste

 

(1) 'n Ooreenkoms wat voor die inwerkingtreding van hierdie Wet aangegaan is en wat deur hierdie Wet toegelaat word, bly geldig en bindend.

 

(2) 'n Bepaling in 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad aangegaan is en wat van krag was onmiddellik voor hierdie Wet in werking getree het, bly van krag vir-

 

(a) <span ses maande na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet in die geval van 'n bepaling beoog in artikel 49 (1) (a) tot (d); en

 

(b) <span 18 maande na die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet in die geval van 'n bepaling beoog in artikel 49 (1) (e).

 

Bylae Vier
WETTE DEUR ARTIKEL 95 (5) HERROEP

 

<span Nommer en jaar van wet

<span Kort titel

<span Mate waarin herroep

<span Wet 5 van 1957

<span Loonwet, 1957

<span Die geheel

<span Wet 48 van 1981

<span Loonwysigingswet, 1981

<span Die geheel

<span Wet 3 van 1983

<span Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1983

<span Die geheel

<span Wet 26 van 1984

<span Loonwysigingswet, 1984

<span Die geheel

<span Wet 27 van 1984

<span Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 1984

<span Die geheel

<span Wet 104 van 1992

<span Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 1992

<span Die geheel

<span Wet 137 van 1993

<span Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 1993

<span Die geheel

<span Wet 147 van 1993

<span Wet op Landbou-arbeid, 1993

<span Hoofstuk 2

<span Wet 50 van 1994

<span Wysigingswet op Landbou-arbeid, 1994

<span Artikel 2

<span Wet 66 van 1995

<span Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995

<span Artikel 196

 

<a name=w11v2002></a>WYSIGINGSWET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES 11 VAN 2002

 

[GOEDGEKEUR OP 18 JUNIE 2002] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 AUGUSTUS 2002]

 

(Engelse teks deur die President geteken)

 

WET

 

Om die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997, te wysig ten einde-

sekere omskrywings te vervang;

sekere tekstuele veranderings aan te bring;

die verlenging van oortyd deur kollektiewe ooreenkoms te reguleer;

die betaling van bydraes tot voordeelfondse te reguleer;

voorsiening te maak vir die bepaling van kategorieë betaling om besoldiging te bereken;

voorsiening te maak vir werknemers wie se dienskontrakte as gevolg van insolvensie beëindig word om 'n skeidingsloon te ontvang;

omstandighede te bepaal waaronder gewone werkure verander kan word;

voorsiening te maak vir die aanstelling van alternatiewe lede van georganiseerde arbeid en besigheid op die Kommissie vir Diensvoorwaardes;

verder voorsiening te maak vir die uitreiking van nakomingsbevele;

die basis vir die berekening van rente op te klaar;

spesifieke bevoegdhede aan die Arbeidshof op te dra;

'n vermoede te skep oor wie 'n werknemer is;

loonvasstellings as sektorale vasstellings te ag; en

om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.

 

1 Wysig artikel 1 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur die omskrywing van "dienswet" te vervang.

 

2 Vervang artikel 8 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

 

3 Wysig artikel 10 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (1); paragraaf (b) voeg subartikel (1A) by; en paragraaf (c) voeg subartikel (6) by.

 

4 Wysig artikel 27 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (5) te vervang.

 

5 Wysig artikel 28 (2) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur paragraaf (b) te skrap.

 

6 Voeg artikel 34A by die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

 

7 Wysig artikel 35 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (5) te vervang.

 

8 Wysig artikel 37 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikels (1) en (2) te vervang.

 

9 Wysig artikel 41 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (2) te vervang.

 

10 Wysig artikel 50 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997, soos volg: paragraaf (a) vervang subartikel (2); en paragraaf (b) voeg subartikel (2A) by.

 

11 Wysig artikel 55 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (6) te vervang.

 

12 Wysig artikel 60 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (2) te vervang.

 

13 Wysig artikel 68 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (1A) by te voeg.

 

14 Wysig artikel 69 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (3) te vervang.

 

15 Wysig artikel 70 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur paragraaf (d) te vervang.

 

16 Wysig artikel 73 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (3) te skrap.

 

17 Wysig artikel 74 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (2) te vervang.

 

18 Vervang artikel 75 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

 

19 Voeg artikel 77A by die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

 

20 Wysig artikel 83 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (1) te vervang.

 

21 Voeg artikel 83A by die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

 

22 Wysig artikel 87 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 deur subartikel (4) by te voeg.

 

23 Wysig Bylae 3 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997, soos volg: paragraaf (a) vervang item 9; en paragraaf (b) vervang item 10.

 

24 Kort titel en inwerkingtreding

 

Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, en tree in werking op 'n datum wat die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.



[i]Besoldiging word 'n bepaalde betekenis verleen in artikel 35 (5).

[ii]In artikel 82 (1) word daar 'n spesifieke betekenis aan "werknemer" gegee.

[iii]GN 356 in GG 25012 of 14 March 2003 determines that all employees earning in excess of R115 572,00 per annum be excluded from sections 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17 and 18 (3) of this Act with effect from 24 March 2003.

[For the purposes of this notice: "earnings" means gross pay before deduction ie income tax, pension, medical and similar payments but excluding similar payments (contributions) made by the employer in respect of the employee.]

[iv]Die Goeie Praktykkode uitgereik kragtens artikel 87 (1) (a) deur die Minister van Arbeid sal bepalings bevat betreffende die reëling van werk en, in die besonder, die uitwerking daarvan op die gesondheid, veiligheid en welsyn van werknemers. Aangeleenthede wat ingesluit sal word, is skofwerk, nagwerk, rustye gedurende werktye, gesinsverantwoordelikhede en werk deur kinders.

[v]Artikel 90 beskerm die vertroulikheid van enige mediese ondersoek wat ingevolge hierdie Wet uitgevoer word.

'[vi]'Ingevolge artikel 2 (2) van die Wet op Openbare Vakansiedae, 1994 (Wet 36 van 1994), is 'n openbare vakansiedag ruilbaar vir enige ander dag wat deur ooreenkoms vasgestel is of waarop daar tussen die werkgewer en die werknemer ooreengekom is.

[vii]Ingevolge artikel 187 (1) (e) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, is die ontslag van 'n werknemer as gevolg van haar swangerskap, voorgenome swangerskap of enige rede wat met haar swangerskap verband hou, outomaties onbillik. Die omskrywing van ontslag in artikel 186 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, sluit in die weiering om 'n werknemer toe te laat om werk te hervat nadat sy kraamverlof geneem het ingevolge 'n wet, kollektiewe ooreenkoms of haar kontrak.

[viii]Artikels 34 en 37 van die Werkloosheidversekereingswet, 1966 (Wet 30 van 1966), maak voorsiening vir die betaling van kraamverlof. Wysigings sal aan die Kabinet voorgestel word ten einde hierdie voordele te verbeter en om voorsiening te maak dat die betaling van kraamvoordele aan 'n werknemer nie haar reg op werkloosheidvoordele negatief beïnvloed nie.

[ix]Die Minister moet ingevolge artikel 87 (1) (b) 'n Goeie Praktykkode oor die Beskerming van Werknemers gedurende Swangerskap en na die Geboorte van 'n Kind uitreik.

[x] Die Minister het kragtens artikel 50(1) (a) van hierdie Wet die toepassing van hierdie artikel uitgesluit ten opsigte van werkgewers en werknemers met betrekking tot die betaling van bydraes tot enige voordeelfonds wat gedek is deur bepalings van die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956 (GK 1827 in SK 25846 van 24 Desember 2003).

[xi]Artikel 3 (1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1966), vereis dat elke ouer om elke leerder vir wie hy of sy verantwoordelik is, te laat skoolgaan tot die laaste skooldag van die jaar waarin die leerder die ouderdom van 15 of die negende graad bereik, wat ook al eerste gebeur.

[xii]Artikel 90 (3) beskerm die vertroulikheid van enige mediese ondersoek wat ingevolge hierdie Wet gedoen word.

[xiii]'n Antwoord deur 'n persoon op 'n vraag aan hom of haar gestel deur 'n persoon wat 'n ondersoek doen, mag nie in enige strafregtelike verrigtinge gebruik word nie, behalwe verrigtinge ten opsigte van 'n aanklag van meineed of die maak van 'n valse verklaring (artikel 91).

[xiv]'n Antwoord deur 'n persoon op 'n vraag aan hom of haar deur 'n arbeidsinspekteur gestel, mag nie in enige strafregtelike verrigtinge gebruik word nie, behalwe verrigtinge wat ten opsigte van 'n aanklag van meineed of die maak van 'n vals verklaring (artikel 91).

[xv]</a>Bylae 3 soos van toepassing op veiligheidswagte is vervang deur Goewermentskennisgewing R195 in Staatskoerant 20933 van 25 Februarie 2000 deur die volgende Bylae met ingang van 25 Februarie 2000 (Die Bylae is slegs in Engels uitgevaardig):

Ordinary hours of work

Security guards For a period of 12 months after the commencement date of this Act,

provided that the employee's ordinary hours of work do not exceed 55 hours

per week; and thereafter for a further period of 12 months, provided that the

employee's ordinary hours of work do not exceed 50 hours per week.

Security guards Despite the preceding sentence, for a period of 12 months after the com-

in the private mencement date of a sectoral determination for the private security sector,

security sector provided that the employee's ordinary hours of work do not exceed 55 hours

per week; and thereafter for a further period of 12 months, provided that the

employee's ordinary hours of work do not exceed 50 hours per week.

[xvi]Goewermentskennisgewing R195 van 25 Februarie 2000 wat Tabel Een gewysig het, is nie in Afrikaans uitgevaardig nie.

[xvii]Goewermentskennisgewing R195 van 25 Februarie 2000 wat Tabel Een gewysig het, is nie in Afrikaans uitgevaardig nie.