Fama Fraternitatis

Vanaf Wikisource
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Fama Fraternitatis

deur Johann Valentin Andrea (moontlike outeur)
Hierdie weergawe is deur 'n gebruiker vertaal volgens die dokument soos deur Arthur Edward Waite in 1887. Die oorspronklike dateer uit 1610-1614.


Fama Fraternitatis[wysig]

of

'n Ontdekking van die Broederskap van die mees lofwaardige Orde van die Rosekruis[wysig]

Siende dat die enigste Wyse en Genadige God in die laaste dae sy ryke genade en goedheid oor die mensdom uitgestort het, waarkragtens ons al hoe meer tot die perfekte insig van sy Seun Jesus Christus en die Natuur kom, sodanig dat ons met reg kan roem op die uitnemende tye, waarin ons nie slegs die ontdekking van 'n nuwe halfronde van die wêreld te beurt geval het, wat tot nou toe onbekend en versteek was nie, maar ook aan ons geopenbaar is talryke wonderbaarlike Werke en Kreature van die Natuur, wat tot op hede nog nooit aanskou is nie. Meer nog het hy mense na vore gebring wat met groot Wysheid begaafd is, wat moontlik deur 'n deelse hernuwing en herskikking alle Kunste (in hierdie eeu van ons bevlek en onvolmaak) kan vervolmaak, sodat die Mens daardeur uiteindelik sy Waardigheid en Waarde mag besef, benewens die rede waarom hy Microcosmus genoem word, en die omvang van sy kennis van die Natuur mag begryp.

Alhoewel, ’n onbeskofte wêreld sal nie tevrede wees hiermee nie en sal eerder glimlag en die spot dryf daarmee. Die trots en hebsug van die geleerdes is so groot dat dit nie van hul kan vereis word om saam te stem nie. Maar as hul kon verenig, dan mag hulle vanuit alle dinge wat in die tyd so ryklik deur God op ons uitgestort word, Libum Naturae of, ‘n Perfekte Metodiek van alle kennis, verkry. Hulle teenkanting is egter van so ‘n aard, dat hul steeds sal aanhou om Pophyry, Aristotle en Galen aan te hang, asook dit wat slegs ‘n voorsmaak was van wysheid, eerder as die duidelike en gevestigde Lig en Waarheid. Hierdie mense, as hulle nou sou geleef het, sal met groot vreugde hulle verkeerde leringe laat staan het; maar nou is hier net teveel swakheid vir so ‘n groot werk. Alhoewel die waarheid in teologie, fisika en wiskunde teengestaan word, sal die ou Vyand nieteenstaande, subtiel en met vaardigheid, homself tog ten toon stel deur elke goeie doel te probeer verhinder deur middel van allerlei instrumente asook twissoekerige en besluitelose mense.

Die mees godvresende en hoogheilige Vader, ons Broeder, C.R.C, ‘n Duitser, die hoof en stigter van ons Broederskap, het lank en hard gearbei met die doel om ‘n algemene verandering te weeg te bring. Hy, ten spyte van sy armoede (alhoewel hy afkomstig was van vooruitstrewende ouers), was in ‘n klooster geplaas op die ouderdom van 5 jaar. Daar het hy Grieks en Latyns geleer, en (op grond van sy eie begeerte en versoek) nog in sy groeiende jare in kontak gekom het met die Broeder P.A.L, wat onderneem het om na die Heilige Land te gaan. Alhoewel hierdie Broeder dood is in Siprus, en nooit by Jerusalem uitgekom het nie, het Broeder R.C.R. nie teruggekeer nie maar self per skip na Damasco toe gevaar, met die oog om na Jerusalem te gaan. Hy het egter daar gebly aangesien sy liggaam swak was. As gevolg van sy psigiese vaardighede het hy die guns van die Turke gewen, en het hy bekend geraak met die Wyse Manne van Damcar in Arabië. Hy het al hul groot wonders aanskou en hoe die natuur deur hulle ontdek is.

Sodoende is die hoog en adellike gees van Broeder C.R.C. so opgewek, dat Jerusalem nie meer van belang was in vergeleke met Damasco nie. Hy kon ook nie sy begeertes langer in toom hou nie en het ‘n ooreenkoms aangegaan met die Arabiere, dat hulle hom na Damasco sou neem vir ‘n som geld.

Hy was slegs sestien toe hy daar aankom, maar was steeds van sterk Duitse ingesteldheid. Daar het die Wyse manne hom nie as ‘n vreemdeling ontvang nie (soos hyself getuig het) maar as een, wat hulle reeds vir ‘n geruime tyd verwag het. Hulle het hom op sy naam genoem en hom blootgestel aan die geheime buite sy verwysingsraamwerk, wat hy nie anders as om te bewonder nie.

Daar het hy Arabies so bemeester dat hy die opvolgende jaar die boek M in Latyn vertaal het, en wat hy agterna saam met hom gebring het. Dit is waar hy sy fisika en sy wiskunde geleer het, en waaroor die wêreld verheug kon wees as daar meer liefde en minder haat en afguns.

Na drie jaar het hy weer teruggekeer met toestemming, waarvolgens hy self per skip gevaar het oor Sinus Arabicus tot in Egipte, waar hy nie te lank gebly het nie maar tog die plante en gediertes kon bestudeer. Hy het oor die hele Mediterreense see gevaar tot by Fez waar die Arabiere hom vêrder onderrig het.

Dit is ‘n groot jammerte, vir ons, dat wyse manne, so ver van mekaar af, die een van die ander, van dieselfde opinie is in hulle haat van betwisbare geskrifte. Hulle is egter ook gewillig en gereed om onder die seël van geheimhouding, hulle geheime met mekaar te deel. Elke jaar stuur die Arabiere en Afrikane vir mekaar ‘n uiteensetting oor hulle kundigheid, as hulle die geluk gehad het om iets beters uit te vind of hulle redes vir iets verflou het. Jaarliks word iets na vore gebring wat tot gevolg het dat hulle ‘n aanpassing maak in hul wiskunde, fisika en kennis (want hierin is die mense in Fez baie bedrewe). Deesdae is daar geen behoefte aan kundiges, kabbaliste, wetenskaplikes en filosowe in Duitsland nie. Daar geen liefde en goedhartigheid tussen hulle nie en hulle hou grootliks hul geheime slegs na aan hulself.

Hy moes herken dat van die mense in Fez se insigte nie altyd suiwer was nie en hulle Kabbalah vervuil was met hulle Godsdiens. Nieteenstaande het hy geweet hoe om goed gebruik te maak van die omstandighede, en het hy nog beter redes gevind vir sy eie geloof wat ooreenstem met die harmonie in die hele wêreld, en wonderlik uiteengesit is deur alle tye. Hierin volg die regverdige gevolgtrekking, dat in elke pit is die hele goedheid van die boom of vrug vasgevang. Soortgelyk word in die liggaam van die mens die hele groot wêreld vasgevang, waarvan die wêreld se godsdiens, beleid, gesondheid, lede, natuur, taal, woorde en werke in ooreenstemming is, ondersteunend, en in harmonie is met die toon en melodie van God, Hemel en Aarde. Hierdie is in teenstelling met dit wat verkeerd, vals en van die duiwel is. Die duiwel is alleen die eerste, middel en laaste oorsaak van alle twis, blindheid, en duisternis in die wêreld. Ook, as een die mensdom op aarde ondersoek sal gevind word dat alles wat goed en reg is, in ooreenstemming is met mekaar, terwyl die res bevlek is met ’n duisend verkeerde afleidings.

Na twee jaar het Broeder R.C. die stad Fez verlaat en met baie skatte na Spanje geseil, met die hoop dat, soos wat hy self gebaat het tydens sy reise, die geleerde mense in Europa saam met hom verheug sal wees en dat hulle sodoende hulle studies sal organiseer en orden volgens sy goed gevestigde fondasies. Hy het samesprekings gevoer met al die geleerdes in Spanje en vir hulle op hulle foute gewys in hul kundigheid en hoe hulle dit kan regstel, en van waar hulle die ware Inditia van die toekoms, kan verkry en sodat hulle saam kan stem oor wat aan die verlede behoort. Ook het hy uitgewys hoe die foute in die kerk en die hele filosofiese moraliteit reggestel kon word. Hy het vir hulle nuwe groeipunte, nuwe vrugte en gediertes gewys wat in ooreenstemming was met die ou filosofie. Hy het aan hulle nuwe stellings voorgestel, waarvolgens alle dinge ten volle reggestel kon word, maar vir hulle was dit ‘n belaglike saak. Aangesien dit so nuut vir hulle was, het hulle gevrees dat hulle belangrikheid geminag sal word as hulle weer van nuuts af moes begin leer of as hulle, hulle jare lange foute, waaraan hulle so gewoond was, moes begin herken. “Wie lief is vir nie-stilte, moet hervorm” (het hulle gesê). Dieselfde deuntjie is ook gesing deur ander nasies. Die afkeur het hom veral ontstel omdat hy ‘n ander verwagting gehad het, en gereed was om met oorvloed sy kundigheid en geheime met die geleerdes te deel as hul tog net onderneem het om die ware en onfeilbare stellings ernstig op te neem. Hy sou hul onderrig, op ‘n wyse wat alle fakulteite, wetenskappe en kundigheid en die hele natuur verenig, soos ‘n bal of sirkel tot die enkele middel punt of sentrum. Die lering (soos wat dit normaal was vir die Arabiere) moes as ‘n reël tot diens van die wyses en geleerdes wees, sodat daar ‘n gemeenskap in Europa sou wees met genoegsame goud, silwer, en edelstene wat hulle aan die ou konings kon opdra, vir nodige en wetlike gebruik. Hiervolgens sou die gemeenskap se leiers alles geleer het, wat God met marteling wou gehad het die mens moet weet, sodat hulle bevoeg sou wees om in tye van nood raad te gee aan diegene wat dit soek, soos die Heidense Orakels.

Ons moet geredelik herken dat die opskudding reeds in daardie dae geweldig was vir die hele wêreld. Die arbeid om daarvan bevry te word, het met pyn waardige manne na vore gebring, wat kragdadig deur die duisternis en barbarisme gebreek het, en sodoende dit aan ons oorgelaat het om hulle te volg. Hulle was definitief op die boonste punt van Trygono Igneo, die Ek wie se vlam nou nog helderder moet brand, en wat ongetwyfeld die wêreld die laaste lig sal gee.

So ‘n persoon was Paracelsus Theophrastus in roeping, alhoewel hy nie deel van ons Broederskap was nie. Hy het nogtans sorgvuldig deur die Boek M gelees. Sy skerp intelligensie was geprikkel, maar hierdie man was ook verhinder in sy poging deur ’n verskeidenheid geleerde en sogenaamde opgevoede mense. Hy was nooit in staat om op ‘n vreedsame manier samesprekings te voer met ander oor die kennis en insig wat hy gehad het van die Natuur nie. Hy het dus begin om hierdie wysneuse te tart met sy geskrifte. Hy het nooit sy ware sy bekend gemaak nie en tog vind ons in hom ‘n gevestigde harmonie wat hy sonder twyfel kon meedeel aan die geleerdes deur hulle te onderrig in die groter kundigheid en wetenskappe, mits hy hulle waardig gevind het met sy subtiele treitering. Hy het met sy vrye en sorglose lewe baie tyd verloor, en sodoende die wêreld aan hulle dom plesiere oorgelaat.

Maar laat ons nie ons geliefde Vader, Broeder C.R. vergeet nie. Hy het na baie pyn volle reise, en sy vrugtelose instruksies weer teruggekeer na Duitsland, wat hy hartlik lief gehad het, as gevolg van verwagte veranderings asook verskeie vreemde en gevaarlike uitsprake. Daar, alhoewel hy kon spog het met sy vermoë soos veral die transmutasie van metale, het hy die Hemel, aan mense, die burgers daarvan, bo glorie en selfvoldaanheid gestel.

In elk geval, hy het ‘n gepaste en netjiese woning gebou, waarin hy sy reise en filosofie kon oordink, en sodoende hulle kon saam vat in ‘n ware herinnering. In hierdie huis het hy baie tyd deurgebring in wiskunde en het hy verskeie fyn instrumente vervaardig, ex omnibus hujus artis partibus, waarvan daar min oorgebly het vir ons, soos wat jy hierna sal verstaan.

Na vyf jaar het hy weer begin dink aan sy wens vir hervorming. Hy het egter getwyfel om hulp van ander te ontvang alhoewel hy self pynlik, ywerig was sonder om ooit moeg te word. Hoe ook al gesê, hy het weereens dieselfde poging aangepak met ‘n groepie mense wat by hom ingeval het. Volgens sy eie begeerte en die doel voor oë wou hy drie broeders, Broeder G.V., Broeder I.A. en Broeder I.O. bekendgestel aan sy denkrigting (waarvoor hy ‘n sterk waardering gehad het). Hulle het meer kennis van die kundigheid gehad as baie ander in daardie tyd. Hy het die drie aan homself verbind deur getrouheid, toewyding en geheimhouding. Hy het homself verbind om versigtig alles neer te skryf waarin hy hulle sou rig en onderrig, sodat die wat nog sou kom, om deur spesiale openbaring by die Broederskap aan te sluit, nie mislei so word in terme van ‘n enkele klank of woord nie.

So het die Broederskap van die Rosekruis ontstaan – eers, deur slegs vier persone, en deur hulle is die wetenskapstaal en geskrifte saamgestel tesame met ‘n groot woordeboek, wat ons steeds daagliks gebruik om God te prys en te verheerlik, en waarin ons groot wysheid vind. Hulle het ook die eerste gedeelte van boek M vertaal, maar dit was te moeilik om die pas vol te hou en ‘n onuitspreeklike verloop van siektes het hulle verhinder asook deur die voltooiing van sy nuwe gebou (genoem Santi Spiritus). Hulle het besluit om nog ander toe te laat tot hulle Broederskap. Ten hierdie einde is gekies Broeder R.C. sy afgestorwe vader se broerskind; Broeder B, a talentvolle skilder; G.G. en P.D. hulle sekretaris, almal Duitsers behalwe vir I.A. Dus was hulle agt in totaal almal alleenlopers, verbind tot maagdelikheid en hulle het ‘’n boek of volume saamgestel wat alles gedek het waarvoor ‘n mens kan begeer, wens of hoop.

Alhoewel ons vrylik met toegee dat die wêreld in die afgelope honderd jaar heelwat verander het, is ons verseker daarvan dat ons Stellings onveranderlik sal bly tos die einde van die wêreld. Die wêreld sal ook in haar hoogste en laaste eeu nie meer as dit bereik nie; want ons ROTA neem as beginpunt die dag wanneer God die Fiat gespreek het en dit sal voortduur totdat God die Pereat spreek. Nogtans, God se horlosie slaan elke minuut akkuraat, terwyl ons sin skaars ‘n perfekte uur slaan. Ons glo onverbiddelik dat as ons Broeders en Vaders geleef het met die huidige insigte, dan sou hulle die Pous, Mahomet, aantekenaars, kunstenaars en filosowe rowwer behandel het, en sou hulle hulpvaardig gewees het, sonder versugting of ’n begeerte vir die einde en vol strekking.

Nou , hierdie agt Broeders het alles afgehandel en georganiseer dat daar nie ‘n groot behoefte was aan baie arbeid nie. Elkeen was voldoende opgelei en in staat om volledig te handel binne die geheime en gevestigde filosofie, sodanig dat hulle nie meer saam hoef te gebly het nie. Soos ooreengekom in die begin het hulle paaie uiteengegaan na verskeie lande, nie net sodat hulle stellings in die geheimenis ondersoek kon word deur die geleerdes nie, maar ook sodat as hulle self in ‘n land iets opmerk of ‘n fout waarneem, dan kon die een die ander inlig daaroor.

Die ooreenkoms was soos volg: --

Ten eerste, dat nie een van hulle enige iets anders sal doen as om die siekes gratis te genees nie.

Ten tweede, nie een van die verteenwoordigers sou verbind word om ‘n spesifieke drag as ‘n gewoonte te dra nie maar sal die gebruike van die land volg.

Derdens, dat elke jaar, op die dag C, sal hulle vergader by die huis Sancti Spiritus, of skriftelik die rede aanvoer vir hul afwesigheid.

Vierdens, elke Broeder sal soek vir ‘n waardige opvolger na sy dood.

Vyfdens, die woord R.C. sal hulle seël, merk en karakter verteenwoordig.

Sesdens, die Broederskap sal geheim gehou word vir honderd jaar.

Hulle het hulself aan mekaar verbind deur die ses artikels. Vyf van die Broeders het vertrek, slegs Broeder B. en D. het agter gebly by die Vader, Broeder R.C. Toe hulle ook vertrek, het slegs sy broerskind en Broeder I.O. agtergebly. Sodoende het hy vir die res van sy lewe twee Broeders by hom gehad. Alhoewel die kerk nog nie gereinig was nie, weet ons nieteenstaande, dat hulle aan haar gedink het, en dat hulle met verlange gevul was. Elke jaar het hulle met blydskap vergader en alles wat hulle gedoen het volledig uiteengesit. Dit moes gewis ‘n groot plesier gewees het om self sonder inmenging te kon luister na so ’n bespreking van die wonders wat God reg oor die wêreld uitgestort het. Elkeen mag verseker weet dat sulke persone uitgestuur is en bymekaar gebring is deur die God van die Hemele, gekose vanuit die slimste manne wat deur die eeue saam gelewe het in die hoogste vorm van eenheid, in die grootste geheimhouding en in sagmoedigheid teenoor mekaar.

So het hul, hul lewens waardig gespandeer, maar alhoewel hulle vry was van siektes en pyn, kon hul tog nieteenstaande nie verby die tyd leef waarvolgens hulle ‘n afspraak met God gehad het nie. Die eerste van die Broederskap wat gesterf het, in Engeland, was I.O. soos wat Broeder C. lank reeds voorspel het aan hom. Hy was baie goed geleerd in die Kabbala soos sy boek, genoem H, bewys het. In Engeland is daar baie oor hom gepraat. Veral nadat hy ‘n jong heer van Northfolk van melaatsheid genees het. Hulle het ooreengekom, dat, sovêr dit moontlik is, om die plek waar hulle begrawe is geheim te hou. Dit is vandag nog steeds onbekend aan ons, wat van sommige van hulle geword het. Nogtans is elke Broeder opgevolg deur ‘n volwaardige en gepaste persoon. Maar dit sal ons in die publiek getuig in die teenwoordig en tot eer van God, dat ten spyte van al die geheime wat ons geleer het uit boek M en alhoewel die beeld en patroon van die hele wêreld vir ons duidelik was, was ons nooit bewus van ons eie toeval, ongeluk of ons uur van dood nie aangesien dit slegs aan God bekend is, wie ons voortdurend in gereedheid hou. Maar ons is nou van plan om sewe en dertig redes neer te pen waarom ons juis nou hierdie Broederskap bekend maak, en om die meegaande geheime vrylik beskikbaar te maak, sonder beperking of vergoeding. Ons beloof ook meer goud as wat die Indiërs kon bring aan die Koning van Spanje, want Europa is swanger, en sal ‘n sterk kind baar, wat ‘n behoefte sal hê vir ondersteuning.

Na die dood van I.O. het Broeder R.C. nie tot ruste gekom nie maar het hy so gou as wat dit moontlik was die res bymekaar geroep. Ons aanvaar hy het sy graf begin voorberei aangesien ons (wat die laaste was) nie weet wanneer Vader R.C. gesterf het nie, en ons ook niks meer as die name van die stigters en hul opvolgers het nie. Tog het ons ‘n geheim onthou, deur die donker en versteekte woorde en toesprake oor ‘n honderd jaar, wat Broeder A, die opvolger van Broeder D (wat die laaste was van die tweede vlak van opvolgers) aan ons, die derde vlak van opvolging, oorgedra het, anders sou ons moes herken, dat na die dood van die genoemde A, niemand enige manier gehad het om enigsins iets te weet van Broeder R.C. of van sy eerste medebroeders nie buiten dit wat in ons filosofiese BIBLIOTEEK, waarvan ons stellings beskou is as die belangrikste, die ROTA MUNDI beskou is as die mees kunsmatige, en PROTHEUS beskou is as die mees voordelige. Soortgelyk, weet ons nie of die tweede vlak die gelyke was van die eerste in terme van wysheid nie en of hulle in alles geïnisieer was nie.

Dit sal hierna uiteengesit word aan die sagmoedige leser, nie net wat ons gehoor het van Broeder R.C. se begrafnis nie , maar dit sal geopenbaar word, deur die insig, leiding en opdrag van God, wat ons getrou moet gehoorsaam, dat as ons met respek en op ‘n Christelike manier vra, dat ons nie skaam hoef te wees om in die openbaar ons name, byeenkomste of enige iets anders wat nodig is, te publiseer nie.

Hiermee volg die fundamentele en ware bekendmaking aangaande die hooggeplaaste man van God, Vad: R.C.: -- Nadat A in Gallia Narbonensis tot sterwe gekom het, is hy opgevolg deur die geliefde Broeder N.N. Hierdie man, nadat hy ons voorberei het om ‘n eed af te lê van getrouheid en eerbaarheid, het ons bona fide ingelig, dat hy hom vertroos het deur te vertel dat die Broederskap nie langer geheim sal bly nie, maar is bestem as ‘n hulp, behoefte en aanbevelings vir die hele Duitse Nasie, vir wie hy geensins skaam was in sy nalatenskap nie. In die volgende jaar , nadat hy sy opvoedkundige plig uitgevoer het, en ten doelwit gehad het om te reis, en genoegsaam voorsien is van Fortunas se beursie, hy gedink het (aangesien hy ‘n goeie argitek is) om iets aan sy gebou te verander, en dit meer gepas te maak. Met hierdie herbouing, het hy ‘n koper gedenkplaat ingehuldig met al die name van die Broeders asook ‘n paar ander dinge. Die het hy in ‘n meer gepaste kluis laat plaas, aangesien die plek en tyd van Broeder R.C. se afsterwe, of in die land waar hy begrawe is, deur ons voorgangers versteek was en ook onbekend aan ons gebly het. In hierdie plaat is daar ‘n groot sterk spyker, sodat as dit uitgeforseer sou word sou ‘n groot steen saam uitgetrek word uit die dun muur of die gepleisterde versteekte deur en sodoende die onsigbare deur sigbaar maak. Hier het ons met vreugde die res van die muur afgetakel ten einde die deur heeltemal ten toon te stel. Op die deur was geskryf in groot letters

Post CXX Annos Patebo

met die jaar van ons Heer onderaan. Dus het ons God gedank en dit so laat staan daardie nag, want ons moes eers on ROTA ondersoek – ons moes onsself herinner aan ons belydenis, want wat ons hier publiseer word gedoen ten einde die wat waardig is te help. Die wat dit nie waardig is nie, soos God wil, sal min baat daarby. Soos wat die deur vir ons na baie jare ‘n wonderlike ontdekking was, net so sal daar ‘n deur oopgaan vir Europa (wanneer die muur afgetakel word), wat alreeds begin verskyn het en wat met groot afwagting deur baie verwag word.

Die volgende oggend het ons die deure oop gemaak. Ons kon ‘n kluis sien met sewe kante en sewe hoeke. Elke sy was 5 voet breed en die hoogte was ongeveer agt voet. Alhoewel die son nooit in die kluis geskyn het nie, was dit tog verlig deur ’n ander son, wat dit aangeleer het van die son en was dit geleë in die boonste gedeelte in die middel van die een kant. In die middel was daar ’n ronde altaar eerder as a grafsteen, wat toegemaak is met ’n koperplaat waarop die volgende gegraveer was: --

A.C.R.C. Hoc univerti compendium unius mihi sepulchram feci.

Rondom die eerste sirkel se rand staan,

Jesus mihi omnia.

In die middel was vier figure, omring deur sirkels, waarvan die inskrywings was,

  1. Nequaquam Vacuum.
  2. Legis Jugum.
  3. Libertas Evangelii.
  4. Dei Gloria intacta.

Hierdie was alles duidelik en sigbaar, ook die sewende kant en die twee heptagone. Ons het dus saam op ons knieë gegaan en die alwyse, almagtige en ewige God gedank. Hy wat ons meer leer as wat al die mense kon uitvind in hul slimmigheid. Prys Sy se heilige naam. Hierdie kluis was in drie dele verdeel, ’n boonste gedeelte, ’n kant gedeelte en ’n onderste gedeelte. Van die boonste gedeelte sal julle niks meer weet op hierdie tydstip nie. Dit was verdeel volgens die sewe kante in ’n driehoek wat in die verligte middelpunt was. Wat egter daarin vervat is (wat begeerlik is vir ons Samelewing) sal, as dit God behaag, sal julle met julle eie oë aanskou. Elke kant of sy is verdeel in tien vierkante, elke een met sy aantal figure en sinne, soos wat hulle hier ten toon gestel is concentratum in ons boek. Die bodem is verdeel in ’n driehoek, maar omdat dit die beskrywing bevat van die magte en pligte van Minderwaardige Goewerneurs, verlaat ons, ons daarop om dieselfde te doen, uit vrees vir misbruik deur ’n bose en goddelose wêreld. Hulle wat egter voorsien is van ’n Hemelse teenmiddel, tree op sonder vrees of pyn, deur die kop van die bose slang te vertrap en te vermorsel, iets waarvoor ons eeu gereed is voor. Elke kant het ‘n deur gehad vir ’n kis met verskeie dinge, veral in terme van al ons boeke, wat ons andersins gehad het buiten die Vocabulario van Theophrastus Paracelsus van Hohenheim, waaraan ons die meeste deelgeneem het met daaglikse suiwerheid. In ’n ander kis het ons sy Itenerarium and Vita gevind waarvan die meeste verwantskappe afgelei is. In ’n ander kis was lense vir verskeie goeie eienskappe. In ’n ander kis is verskeie klein klokkies, lampe en hoofsaaklik ’n verskeidenheid van kunsmatige liedere – in die algemeen was alles so gedoen, dat as dit ooit sou gebeur, na baie honderde jare, die Broederskap tot niks kom nie, dan kan hulle met die inhoud van die kluis, die oorspronklike herstel.

Nou, aangesien ons nog nie die dooie liggaam van ons wyse Vader gesien het nie, het ons die altaar eenkant gesit. Ons het daarna ’n lang brons plaat opgelig en ’n goed versorgde en waardige liggaam gevind, heel en sonder tekens van ontbinding, soos wat dieselfde hier verduister word met allerlei ornamente en kledingstukke. In sy hand het hy ’n dokument genaamd T gehou. Hierdie dokument is naas die Bybel ons grootste skat. Dit moet nie oorgelaat word aan die sensuur van die wêreld nie. In die einde van die boek staan die volgende Elogium.

Granum pectori Jesu initum.

C. R. C. ex nobili atque splendida Germaniæ R. C. familia oriundus, vir sui seculi divinis revelationibus, subtilissimis imaginationibus, indefessis laboribus ad cœlestia atque humana mysteria; arcanavè admissus postquam suam (quam Arabico at Africano itineribus collejerat) plus quam regiam, atque imperatoriam Gazam suo seculo nondum convenientem, posteritati eruendam custodivisset et jam suarum Artium, ut et nominis, fides ac conjunctissimos heredes instituisset, mundum minutum omnibus motibus magno illi respondentem fabricasset hocque tandem preteritarum, præsentium, et futurarum, rerum compendio extracto, centenario major, non morbo (quem ipse nunquam corpore expertus erat, nunquam alios infestare sinebat) ullo pellente sed Spiritis Dei evocante, illuminatam animam (inter Fratrum amplexus et ultima oscula) fidelissimo Creatori Deo reddidisset, Pater delictissimus, Frater suavissimus, præceptor fidelissimus, amicus integerimus, a suis ad 120 annos hic absconditus est.


Onderaan het hulle self geteken 1. Fra. I. A. Fra. C. H. electione Fraternitatis caput. 2. Fra. G. V. M. P. C. 3. Fra. F. R. C., Junior hæres S. Spiritus. 4. Fra. F. B. M. P. A., Pictor et Architectus. 5. Fra. G. G. M. P. I., Cabalista. Secundi Circuli. 1. Fra. P. A. Successor, Fra. I. O., Mathematicus. 2. Fra. A. Successor, Fra. P. D. 3. Fra. R. Successor Patris C. R. C., cum Christo triumphantis.

En op die einde was geskryf:

Ex Deo nascimur, in Jesu morimur, per Spiritum Sanctum reviviscimus. Teen daardie tyd was Broer I.O. en Broer D. alreeds oorlede, maar waar sou ons hul grafte vind? Ons het nie daaraan getwyfel dat ons Fra. Senior ‘n soortgelyke graf gehad het nie en wat heel moontlik nog versteek is. Ons hoop dat na die voorbeeld ook ander betrokke sal raak en met groter toegewydheid navraag sal doen oor hul name (wat ons dus gepubliseer het) en om hul grafte te vind, aangesien die meerderheid van hulle deur hulle praktyk en fisieke, steeds bekend en geprys word deur die ouer geslag, so mag ons GAZA vergroot word, of, ten minste, skoongemaak word.

Ten opsigte van Minutim Mundum, het ons nog ’n klein altaartjie gevind, meer verfynd as wat ooit verbeel kon word deur enige verstandige man, maar ons sal nalaat om dit te beskryf totdat ons in waarheid beantwoord is deur hart egte FAMA. Ons het dit dus weer toegemaak met die plate en die altaar geseël, deur die deur toe te maak en te verseël. Meer nog, volgens die instruksies en die opdrag van ons ROTA het daar heelwat boeke na vore gekom, waarvan onder andere M (wat in die toesig geplaas is van die prysenswaardige M.P.) Ten laaste, het ons van mekaar af weg getrek en die natuurlike erfgename in besit gelaat van ons juwele. Ons wag sodoende op die antwoord en oordeel van die geleerdes en die nie-geleerdes.

Hoe dit ook al sy, ons weet dat na ’n tyd gaan daar ’n algemene hervorming sal wees, beide op geestelike en menslike terrein, volgens ons behoefte en verwagting van ander. Dit is gepas dat voor die sonsopkoms ’n deurbraak gemaak sal word, dinge sal duidelik raak of daar sal ’n goddelike lig verskyn in die hemel. Sodoende, in die tussentyd, sal ’n paar wat hul name gaan gee saamkom om die getal en waardigheid van ons Broederskap te laat toeneem en om ’n voorspoedige en ideale begin te maak vir ons FILOSOFIESE KANONS, soos voorgeskryf deur ons Broeder R.C. en sodoende deel te word saam met ons van al die skatte (wat nimmer tot niet kan gaan of vermors kan word nie) in alle nederigheid en liefde, om verligting te kry van die wêreld se arbeid en nie blind te wandel vir die kennis van die wonderlike werke van God nie.

Maar ook sodat elke Christen mag weet van watter Godsdiens en geloof ons is. Ons bely dat ons kennis het van Jesus Christus (net soos nou in die laaste dae en hoofsaaklik in Duitsland, baie duidelik en suiwer bely is en wat gereinig is en vrygeskeld is van all afwykende mense, godslasteraars en valse profete), in sekere en die genoemde lande onderhou is, verdedig is en aangemoedig is. Ook dat ons twee sakramente, soos ingestel deur die Vorme en Seremonies van die eerste herstigte kerk. Polities herken ons die Roomse gesag en Quartam Monachiam van ons Christelike hoof. Ons weet egter dat veranderings onafwendbaar is en ons dit ten volle sal deel met ander godsdienstige en geleerde mense. Nieteenstaande ons handskrif, wat in ons eie hande is, geen mens (behalwe God) kan dit bekend maak nie, ook kan geen onreine mens dit van ons roof nie. Ons sal egter in die geheim help om ’n goeie saak te ondersteun, soos dit God behaag of verhinder word. Ons God is nie blind soos die heidense Fortuna nie, maar is die kerke se versiering en die eer van die Tempel. Ons filosofie is ook nie ’n nuwe uitvinding nie, maar is soos wat Adam dit ontvang het na sy val en soos wat Moses en Salamo daarmee bekend was. Daar moet ook nie getwyfel word nie en ook moet ander opinies en interpretasie nie weerspreek word nie; maar ons moet sien dat die waarheid vreedsaam, bondig en altyd soos haarself is in alle dinge. Spesifiek in ooreenstemming met Jesus in omni parte van alle lidmate en soos wat hy die ware beeld van die Vader is, so is sy ook Sy Beeld. So sal dit nie gesê word nie. Dit is gevolglik ’n filosofie, maar ook in ooreenstemming met Teologie; waarvolgens Plato, Aristotle, Pythagoras en ander die merk getref het en waarin Enog, Abraham, Moses en Salamo uitgeblink het, asook waarmee die wonderlike boek die Bybel saamstem. Alles stem ooreen en maak ’n sirkel of bal waarvan die totaal van die onderdele ewe vêr van die middelpunt af is, meer hiervan sal bespreek word in Christelike konferensie (in den Boecke des Levens).

Maar nou rakende die huidige en hoofsaaklik ons eeu, die saak van die ongoddelike en vervloekte goudmakery, wat soveel die bohand gekry het en waarvolgens daar onder die glinstering daarvan, deur baie drosters en skelms aangewend is vir boewery en sodoende die krediet wat aan hulle gegee is misbruik het. Ja, die hedendaagse mense van diskresie is wel in staat tot die transformasie van metale tot die mees hoogste vorm en fastigium in filosofie. Dit is in geheel hulle fokus en behoefte, dat God vereer sal word deur hulle en geëerbiedig sal word en wat tot gevolg kan hê ’n groot stoor van goud, dit wat hulle hoop om deur onoordenkte gebede af te worstel van die alwetende God en die kenner van alle harte. Ons egter wil in die publiek getuig dat die ware filosowe van ’n ander denkrigting is, waar weinig waarde geheg word aan die maak van goud, want dit is slegs ’n paragon, aangesien hulle dinge het wat ’n duisend maal beter is. Ons sê tesame met ons geliefde Vader C.R.C., Phy, aureum nisi quantum aurum, want aan hom is die hele natuur bekend, hy verheug hom nie in die vermoë om goud te maak nie want selfs die duiwels moet gehoorsaam wees aan Christus. Maar hy is bly om die hemele oop te sien en te aanskou hoe die engele van God opstyg en neerdaal en sy naam neergeskryf in die boek van die lewe.

Ons getuig ook dat , onder die naam Chymia, is baie boeke en prente na vore gebring in Contumeliam gloriæ Dei, en soos wat ons hul name op elkeen se regte tyd sal noem. Ons sal aan die wat suiwer van hart is ‘n katalogus of register gee daarvan. Ons bid dat alle geleerde mense kennis sal neem van hierdie boeke, want die vyand rus nooit nie, maar saai sy sade totdat ‘n sterker een hulle ontwortel.

Dus, volgens die wil en betekenis van Broer C.R.C. sal ons, sy broeders, al die geleerdes in Europa vra, wat hierdie Fama en Confessio sal lees (uiteengesit in vyf tale), dat as dit hulle behaag, hulle met besinning ons aanbod sal oorweeg en om sodoende met noukeurigheid hul kundigheid sal ondersoek en om die huidige te beskou met toewyding en om hul interpretasie te openbaar, in communicato consilio, of singulatim op skrif. En alhoewel ons op hierdie stadium nie ons name of vergaderings bekend maak nie, sal elke persoon se mening wel definitief in ons hande te lande kom, ongeag die taal wat gebruik word. Geeneen, wat sy naam gee, sal faal om met ons kontak te maak nie, of mondelings of anders skriftelik. Dit sê ons van die waarheid, dat wieookal in erns en met sy hart toenadering soek by ons, sal bevoordeel word op materiële, liggaamlike en geestelike terrein. Wie egter kom met valse voorwendsels, of slegs rykdom begeer, sal nie in staat wees om ons op enige manier tot nadeel te strek nie maar sal oor hulself vernietiging en skade bring. So ook sal ons gebou, alhoewel een honderd duisend mense iets soortgelyk gesien het, onaantasbaar en versteek bly vir ’n bose wêreld.

Sub umbra alarum tuarum, Jehova